Mickey Swanepoel het Donderdag aan Maroela Media gesê haar suster, Antoinette Nel (32) en Antoinette se dogter Micaela (15) is steeds soek. Hulle is Sondag om 14:55 vir die laaste keer by die [email protected] in Rooihuiskraal, Centurion gesien.
Antoinette het ʼn wit T-hemp met helder groen strepe en ʼn blou denimbroek aangehad. Micaela het ʼn T-hemp met swart en wit strepe, ʼn swart sweetpaktop en blou denimbroek aangehad. Antoinette is slank gebou, 1,73 m lank en het swart hare. Micaela het donkerbruin hare, blou oë en is 1,65 m lank.Swanepoel wou nie oor die moontlik rede vir die twee se verdwyning spekuleer nie, aangesien dit volgens haar moontlik die polisie se ondersoek kan beïnvloed. Sy het wel gesê dat die familie deur ʼn baie moeilike tyd gaan sedert Antoinette en Micaela se verdwyning.
Kapt. Agnes Huma, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat ʼn vermiste-persoon saak ondersoek word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Sal die winkelsentrum kameras nie moontlik kan help met die opsporing van hulle nie?
Sterkte aan die familie en vriende ek hoop & glo hulle sal givind word.
Mag die Here die twee mensies veilig hou. Amen!
Ag nee Maroela!.
“Ek vra dat God hulle moet veilig hou. Amen!”
en julle verwyder my kommentaar?
God weet als
Mag God hulle veilig hou. In U Heilige Naam alleen.
Amen!.
Verwyder nou net weer my kommentaar.
Dis afskuwelik wat besig is om in ons land te gebeur.
Tel die gevalle waarvan ons nou die afgelope 6 maande lees, waar mense verdwyn, beroof word, geskiet word, verkrag word, vermoor word.
Wonder hoeveel blankes is oor in die land – vra net…
Gebede vir beskerming is beslis nodig. Mag ons bewaar word soos in Ps 91.
Sterkte aan dié wat alreeds ernstig deurgeloop het. Sal baie meer voorbedag en ook paraat moet wees.