R2 miljard om SA soldate in DRK te ontplooi

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto)

Altesaam 2 900 Suid-Afrikaanse soldate word ʼn jaar lank in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) ontplooi teen ʼn koste van R2 miljard.

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag bekend gemaak die soldate is ontplooi as deel van Suid-Afrika se nakoming van sy internasionale verpligtinge teenoor die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) en dié se stryd teen onwettige gewapende groepe in die ooste van die DRK.

Die soldate is verlede jaar op 15 Desember ontplooi en bly in die DRK  tot 15 Desember vanjaar. Volgens Ramaphosa sal die R2 miljard wat hieraan bestee gaan word nie die voorsiening vir die weermag se gereelde instandhouding en noodherstelwerk beïnvloed nie.

“Die verpligting om troepe by te dra tot die SAOG-sending in die DRK word deur alle SAOG-lidlande gedra,” het hy gesê.

Daar is vroeër berig dat Suid-Afrika in Desember al stil-stil troepe in die DRK ontplooi het, maar dat Ramaphosa nie die parlement oor die ontplooiing ingelig het nie en dat daar nie duidelikheid was oor wie daarvoor gaan betaal nie.

Die SAOG-mag se ontplooiing in die DRK kom nadat die Verenigde Nasies (VN) se Monusco-mag hom aan dié land sal begin onttrek op versoek van die regering en pres. Felix Tshisekedi, wat verlede maand tydens ʼn chaotiese verkiesing herkies is. VN-magte is reeds byna 25 jaar lank in die DRK, maar word daarvan beskuldig dat hulle daarin misluk om burgerlikes teen gewapende magte te beskerm.

Die VN-Veiligheidsraad het intussen gesê hy is bekommerd oor “eskalerende geweld” in die ooste van die DRK. Die raad het die offensief wat vroeër vandeesmaand deur M23-rebelle naby die stad Goma geloods is, veroordeel.

Geweld begin toeneem tussen die M23, een van die sterkste gewapende groepe wat in die land se geteisterde ooste rondbeweeg, en die Kongolese weermag.

Die DRK, die VN en Westerse lande sê Rwanda ondersteun die rebelle in ʼn poging om groot minerale hulpbronne te beheer, ʼn bewering wat deur Rwanda ontken word.

Die M23 het beheer oor groot dele van die Noord-Kivu-provinsie geneem sedert die groep laat in 2021 weer aktief geraak het. Die mees onlangse geweld het duisende burgerlikes gedwing om uit die dorp Sake te vlug, op pad na Goma, hoofstad van die Noord-Kivu-provinsie.

Talle mense is reeds in die aanvalle en geweld dood, hoewel ʼn amptelike dodetal nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Barry ·

R2 miljard maar sy eie mense gaan slaap honger, ons grense is n gemors en die boere wat kos voorsien word vermoor. SA sal nie langer met cANCer kan oorleef nie.

Fran ·

Hoe kan jy 2900 troepe ontplooi in ‘n vreemde land terwyl jou eie land brand?

Sanet ·

Ai, jy kan nie eers jou eie mense beskerm nie!!!! Sus jy maar jou gewete, Ramaphosa!!!! Niemand ondersteun jou besluite behalwe jou kaders wat die staatskaste leegdra nie!!!

Delia ·

Hulpbronne. Daars die waarheid. Ons soldate moet ons ryk sakemanne en politici, wit EN swart se sakebelange in daai minerale gaan beskerm. Groot geld betrokke.

Kokerboom ·

Weereens het CR gelieg en outokraties opgetree. Besef die mense nie skaarsheid van geld?
Vrede in DRK sal NOOIT gebeur. Wil SA nou die VSA van Afrika word? Die bedrag kon groot gate in SA infrastruktuur verval help toestop het. Vraag bly: Is SA weermag nog relevant?

Anel ·

Daar is nie eers geld om sy eie burgers te beskerm nie, in sy eie land, maar daar is miljarde om ander lande te help. Daar is nou net mooi geen logika hieraan nie. Soos niks meer hier logies is nie!!!

Shakespeare ·

Net nog ‘n leuen jou armsalige kreatuur. Ons weet ons het al laaankal nie meer ‘n weermag nie. Dis net ‘n R2 miljard meevaller vir jou en jou korrupte kaders.

Bevorder geregtigheid - Vrydenker Vlakvark ·

En welke lande is die poppemeesters van die “onwettige gewapende magte in die ooste van die DRK”? En waarom is daardie onwettige gewapende magte in die ooste van die DRK? Is die DRK ‘n ware demokrasie of weer maar net ‘n regerende elite soos die ANC wat hulself verryk ten koste van die bevolking?

SjN ·

R2 miljard en van jou stemmers ly honger, anc voel niks vir hul mense op voetsoolvlak.

domheks ·

@Delia – jy is heeltemal reg. Die diamant myne moet opgepas word op ons onkoste – arme belasting betalers hoes maar net.

Renier ·

en Siril se eie mense is te dom om te sien wat hy en die kaders doen.

trotsNAMSA ·

SA het ‘n Weermag en is daar op Afrika veilig te hou. SA ontvang geld vir hul militêre bydraes in Afrika. Die rykes van Afrika en oorsee sorg dat SA bewapen word. Ander lande /rykes sorg vir hul belange in Afrika .
Waarom stuur SA nie van die bendelede ook saam nie ? Dan weer, wie kyk na ‘berugte” politiek en ryk mense se belange in SA ? Die een hand was die ander hand. Dit gebeur vir eeue al.

electricmango ·

Asof ons enigsins n verskil gaan maak, al wat gaan gebeur is die misdaad syfer gaan klim….

Kortbroek en plakkies ·

Teen R5,4 miljoen per dag moet die kaders seker iets hieruit kry.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die ooste van die DRK behoort af te stig. Dis tydmors om die land bymekaar te hou.

Christian J M ·

Daar is nie geld vir dokters nie maar Miljarde om in ander lande te gaan vakansie hou !!!!!!!!!!!!

Tokkel ·

Jammer as ek verkeerd is, maar is dit nie waar daar baie myne in besit van die ene mense in SA is nie??? help bietjie met die antw indien ek verkeerd is..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.