Ramaphosa: ‘ANC nou sterker, vol vertroue vir nog ʼn oorwinning’

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa meen die ANC is nou sterker as ooit en hy is vol vertroue dat die regerende party weer ʼn oorwinning sal behaal tydens vanjaar se algemene verkiesing.

Diegene wat meen dat die ANC net uitgewis kan word, is onder ʼn wanindruk aangesien die party “ingebed is in die lewens en harte van ons mense”.

Ramaphosa het tydens sy toespraak op die ANC se 112de bestaansjaarviering gesê die party is die oudste bevrydingsbeweging in die wêreld en dit is die party wat vir die mense vryheid gebring en die land verander het.

Ander “Mickey Mouse- en Donald Duck-partye” kan kom en gaan soos hulle wil, maar sal nie dieselfde invloed as die ANC hê nie.

“Wanneer die ANC praat oor die vereniging van die mense van hierdie land, doen ons dit in die wete dat ons die organisasie is wat die beste geplaas is om die breedste deursnee van mense te verenig agter die saak om ʼn beter land te bou.

“Ons bestaan as die ANC om ons mense te dien en ons missie bly die verbetering van die lewe van die mense van Suid-Afrika.”

Ramaphosa meen die ANC is vol vertroue dat die party tydens vanjaar se verkiesing weer sal seëvier. “Die ANC is mal oor ʼn uitdaging. Ons slaag wanneer ons voor diversiteit te staan kom.”

Daar is steeds baie om te doen, maar volgens Ramaphosa het die ANC daarin geslaag om die mense van Suid-Afrika se lewe ten goede te verander.

Ramaphosa het soos in talle vorige toesprake verwys na al die ANC se “suksesse”, waaronder toegang tot lopende water en elektrisiteit, maatskaplike toelaes, ʼn hoër geletterdheidsyfer en swart ekonomiese bemagtiging.

Daar is volgens Ramaphosa meer tyd nodig om die invloed van kolonialisme en apartheid uit te wis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Pieter ·

Niks anders verwag van cANCer… Julle maak soos julle soos julle pappa se…
Julle is verdeel en die EFF ook. Julle baklei meer onder mekaar vir MAG as enige iets anders. Julle dink niks verder as julle neuse. Julle gee nie om vir julle land en mense. Julle wil staan vir wat reg is, maar elke keer wat julle staan vir iets, dan steek ons ons koppe weg in skaampte! Useless, incomputent hol rug ruiters is al wat julle is… Word wakker akkers.

Ore ·

Ai mnr, Lopende water uit trokke uit,elektrisiteit wat vir meer as 300 dae in 2023 af was, maatskaplike toelaes wat daarop dui dat daar nie werk is nie maar dit pas die ANC want dis hoe julle stemme koop. Geletterheidsyfer met ‘n slaagpersentasie van 30% en Swart Ekonomiese bemagtiging wat gedryf word deur wetgewing. Regtig mnr, jy noem dit sukses? Wat sê u van julle lieg en bedrieg van Zuma se verhaal? U was mos sy adjunk as ek reg onthou? En die Guptas? U lieg met ‘n skroom gesig oor hoe u die land wou red deur nie te praat nie. Liewe aarde, hou tog net op met dink dat ons burgers dom is

Republikein in die Wes Kaap ·

Korrek, die ANC is ingebed in die lewens en harte van die massas. Dis waarom hulle gedoem is tot armoede.

Prikkie ·

Die ANC is suksesvol ja, om meer finansies as ooit tevore soos mis voor die son te laat verdwyn ja!

Anel ·

O gonna, wat rook hy en van watter land praat hy? Defnitief nie die Suid Afrika waarin on vandag bly nie. En duidelik het hy nie ‘n idee wat die mense pp grondvlak van hom dink nie! Grootste skelmste organisasie wat nog ooit aan die stuur van ‘n land was!!!

Manie ·

Om te dink dis ons geld wat die ANC aan bewind hou. Dis ons geld wat vir al die toelaes (stem kopery) gebruik word, neem die toelaes weg en ek twyfel of die ANC 10% stemme sal ontvang.

Janine ·

“Ons bestaan as die ANC om ons mense te dien en ons missie bly die verbetering van die lewe van die mense van Suid-Afrika.” Werklik? Jy praat absolute twak, ramaphosa! Ek weet nie hoe jy en jou kaders snags slaap nie…. jul mense vergaan van honger! Swak!

mattk ·

Ai tog, wat se nonsens praat jy…. julle het die hele land se infrastruktuur van uitstekend tot pateties laat verval, julle betaal ongeveer agt verskillende toelae uit die minderheid se belasting geld aan die sogenaamde agtergeblewe meerderheid om stemme te koop en verskaf lopende water en elektrisiteit (wanneer dit beskikbaar is) aan nie-betalende massas….. en jy noem dit vooruitgang?

TRP ·

Jy moet ‘n baie spesifieke lae vlak stupid wees om die twak te glo!!

SwartBees ·

Daar is jy 100% reg as jy sê die anc het die land verander. Van 5 ster status na rommel status.

Kortbroek en plakkies ·

Ek stem saam met Ramaposa oor die laaste stelling gemaak, oor dat nog tyd nodig gaan wees om die impak van koloniasme en apartheid uit te wis. Die ANC doen ‘n goeie job hier, in 30 jaar van nou af met die ANC aan bewind kan almal weer in hul modderhutte leef sonder lopende water, elektrisiteit , geen opvoeding ens nie. Hou so aan, ons is terug op pad toe na die lewe voor beskawing……….

Marous ·

Omskep die land in ‘n hool en laat kriminele regeer . Dis hoe hulle aan bewind bly.

Oom Kaspaas ·

Hulle hoef nie stemme te koop nie, Hy glo hulle is sterker want hulle het nog ekstra aanstellings in die IEC gemaak vir die verkiesing. Na die verkiesing is daar weer 200 stemme waar net 20 mense gestem het en bokse stem briewe dryf in riviere en lê langs grondpaaie in die veld gegooi

SwartBees ·

Lopende water sukses?!?! Rerig, is dit jou idee van sukses om EEN lopende kraan te instaleer vir 500+ mense om te dien en dan is die kraan nog droog ook want erens is ‘n waterpyp probleem of beurtkrag wat die pomp nie kan laat pomp nie. En dis vir jou ‘n sukses?

Highlander ·

Ai. Hoe wens ek die rumours is waar oor hom. Maar mens kan net hoop. Dan ook. As hy uit is, gaan iemand erger as hy seker inkom. Want die resultate is al lankal deur SA se base in Europa bepaal. Presidente word gekies, nie verkies. En as hulle nie meer n doel het, word hul uit die weg geruim en vervang met meer gehoorsames.

SwartBees ·

Dit is n groot skaamte dat die massa wat vir julle stem ongelukkig gebrainwash word en met toe oë deur die lewe gaan. Daai dna strand van groei en voortbou is afwesig by die massa en hul verkies om eerder in armoede the bottom of the barrel te scrape as om n beter toekoms te kies vir homself. En dis ongelukkig die prentjie wat die wêreld daar buite sien – Bakhand Afrika.

TO ·

Die arrogansie. Al waarheen hulle sterk oppad is is die af draende pad

Wielspore ·

Môre Oompie, môre Tannie, waar is die ANC dan. Die ANC het gaan water haal, daar onder by die dam. Ja Oompie ja, daar onder by die dam.
Stem vir die ANC en wees verseker van geen toekoms.

Michael ·

Die ANC sal nooit ‘n verloor by die stembus aanvaar nie. Hulle gaan hierdie komende verkiesing gerieflik “wen”. Ek hoop werklik ek word heeltemal verkeerd bewys, maar die kanse is bitter skraal. Geen sg bevrydingsbeweging word by die stembus vervang nie

Johan ·

Wanneer ‘n nar in ‘n paleis in trek, word die nar nie ‘n koning nie….. die paleis word ‘n sirkus!

Waarheid ·

Die in beheer hou aan vertel aan die gepeupel en ook armes en ook nie denkendes dat die probleem lê by die mense wat werk en die stelsel probeer aan die gang hou.
Dit sal tot vervelins toe vertel word dat meer tyd nodig is om apartheid en kolonialisme uit te wis.

OW ·

Kan daar nie Internasionale toesighouding tydens die verkiesing wees nie?By die tel van stemme,gaan die probleme wees.Wie bepaal dat dit vry en regverdig gaan wees?
Solank die genoemde vrae nie eerlik beantwoord kan word nie,gaan ons sit met die President van apartheid.

trotsNAMSA ·

ANC hou sy eie mense arm, ongeletterd en nog baie meer. Politiek en elite +ryk is dieselfde.

Jaco ·

Hier is die oplossing vir “meer tyd nodig om van die gevolge van kolonialisme en apartheid ontslae te raak”:
Deporteer al SA se wit mense na Europa, Amerika, Kanada en Australië. Toenemende regstellende aksie en BEE beteken dat ons wit mense se belastinggeld in elk geval nie meer belangrik is nie.
Eks nou 56 jaar oud, maar eerlikwaar, eks bereid om met net die klere aan my lyf van vooraf in ‘n land te begin SONDER:
Beurtkrag
Swak vuil staatshospitale
Onbeheerbare misdaad
Swak of geen munisipale dienslewering
En en en
My lys is eintlik BAIE lank. Begin asseblief net met die deportasies. Dit sal hoogstens 3 jaar duur. Die ANC kan sommer by my kom raad vra oor hoe om dit te doen.

Dieter ·

So om kolonialisme te verwyde, dryf die regerende party die land ten gronde, maar die koloniale regimes moet financiers help om die kommunistiese regime en die sous trein te voer.?

Net-my-opinie ·

Blah Blah Blah, tjommel, tjommel, tjommel…..wat ‘n klomp snert kots en gorrel hierdie outjie nie! Hy praat tipies soos ‘n bang Jan, iemand wat nie die realiteit in die gesig kan staar nie en weet die skrif is aan die muur. Ons moet almal hard bid dat hierdie nar tot ‘n val kom asook sy oeroue terroriste organisasie. Julle tyd vir heers is verby meneer! (Kan nie wag om jou gesig te aanskou as julle op julle neuse kyk in vanjaar se verkiesing nie.)

Gert ·

Amper kry ek trane op my wange. So wat hy eintlik by ons probeer tuis maak is dat die “Struggle heros” bevry is, en die res van die land soos n hond is wat geskop word, sonder dat die hond mag terug byt, omdat daar tussen elke skop “jammer” gese word.

domheks ·

Zim sal seker reg staan as cANCer verloor! Want die mense kan nie kompetisie hanteer nie – moet altyd wen! Maar ons wag vir hulle.

Susan ·

Nee Takalani Sesame, daar is meer tyd nodig om die invloed van ANC korrupsie uit te wis.

Sê maar net ·

“Daar is steeds baie om te doen, maar volgens Ramaphosa het die ANC daarin geslaag om die mense van Suid-Afrika se lewe ten goede te verander.”

Ha.Ha.Ha.
Jy bou lugkastele, CR. En jou kaders verf hulle.

Danie ·

Binnelandse sake se stelsel was nie verniet n maand van lyn daar is met n groot pot gekook.Stemme by die miljoene.

Andre ·

…Cyril weet die A en C gaan wen, want die “reëlings” sal in plek wees.

Boatsie ·

Hy praat so dieselfde tipe taal, ek is oortuig hy is familie van ou Bob Mugabe. Dié het tot die dag van sy vrekte (40 jaar later) die skuld vir die gemors in sy land voor die deur vd Brtish Empire gelê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.