Ramaphosa getuig binnekort voor Zondo

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die lewering van sy staatsrede. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa sal in April voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping verskyn om mondelinge getuienis te lewer.

Die presidensie het in ʼn verklaring bevestig dat Ramaphosa op 22 en 23 April asook op 28 en 29 April voor die kommissie sal verskyn. Ramaphosa het telkens in die openbaar verklaar dat hy bereid is om voor die kommissie te getuig.

Ramaphosa sal veral vrae moet beantwoord oor wat hy as adjunkpresident van die ANC en adjunkpresident van die land tydens die Zuma-bewind oor staatskaping geweet en nié geweet het nie.

Die ANC sal as regerende party ook voor die kommissie moet verskyn, om dieselfde redes.

Die burgerregteorganisasie AfriForum het Maandag ’n formele aansoek by die Zondo-kommissie oor staatskaping ingedien waarin hulle vra dat Ramaphosa gedagvaar word om voor die kommissie te verskyn.

AfriForum het spesifiek gevra dat Ramaphosa oor die ANC se kaderontplooiingsbeleid ondervra word en versoek ook dat dié organisasie die geleentheid gegun word om voorleggings in dié verband aan die kommissie te lewer en self ook die president te kruisondervra. Volgens AfriForum is die ANC se kaderontplooiingsbeleid waarskynlik die grootste bydraende faktor tot korrupsie en staatskaping.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johann ·

Getuig? Ramaposa? Die ANC? Ja shure…seker weer n AFRIKA weergawe van die waarheid. WASSI ONSI…EES HELLA GAWEEJS

MakersMark ·

Ek dink hy is veilig want in die 10 jaar wat hy Zuma se VP was het hy natuurlik geen idee gehad van die skelm streke wat om hom aangaan nie. Gelukkig vir hom.

Persheks Adri ·

Kom ons kyk of Cyril die balls het om te gaan klik die ware weergawe is wat ons soek, maar ek twyfel…

RS ·

Verskyn maar net en alles sal niksseggend wees. Alles net oe verblindery wees.

jzjz05 ·

Gaan hy praat of gaan die ses van die ANC huis hom sê wat om te praat

Casper ·

Hulle kan nie vir hom sê wat om te praat nie want hy weet nie wat se vrae gevra gaan word nie.

JM ·

Hoog tyd! Hy begin seker noual dink wat hy op moontlike vrae gaan antwoord. Suid-Afrika is ‘n siek land!

Dries ·

Ek mis dit vir geen geld nie. Ek wil daai sluwe skelm draaie sien wat hy gaan gooi. Afriforum vreet hom heel op

Pietertjie ·

Nee wat: Hy het niks gesien nie, niks gehoor nie. Dit was nie ANC beleid nie. En die lys van verskonings en ontkennings sal hulle die hele vier dae besig hou. Teen miljoene Rand belastingbetaler-geld.

koos10 ·

Hy die waarheid praat? Nee wat, as dit gebeur is hy sy joppie kwyt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.