Ramaphosa herroep ministeriële handboek

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Siyabulela Duda/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het wysigings teruggetrek wat hy in April stil-stil aan die ministeriële handboek aangebring het.

Maroela Media het vroeër berig die DA het onthul dat ministers en adjunkministers volgens die nuwe bepalings toegelaat word om ʼn onbeperkte bedrag van die belastingbetaler se geld aan te wend om vir hul water-en-ligte rekenings by hul amptelike wonings te betaal. Bykomende ruimte is ook geskep vir die indiensneming van ANC-personeellede in ministeriële kantore – wat belastingbetalers minstens R87 miljoen meer per jaar sou kos.

Die DA het verlede week aangedui hy gaan ʼn klagte by die Openbare Beskermer (OB) indien sodat daar heeltemal met die ministeriële handboek weggedoen kan word. Die party het Maandag ook ʼn ultimatum aan die president gegee oor sy “misbruik” van die ministeriële handboek: skrap die handboek of die DA sou die samelewing mobiliseer om by Bryntirion-landgoed te betoog – waar die ampswoning van die president en talle ministershuise geleë is.

Leon Schreiber, die DA se woordvoerder oor staatsdiens en administrasie, sê die president het toegegee tot die DA se eise en die handboek teruggetrek.

“Die DA gaan egter voort met ons poging om die handboekstelsel heeltemal te hervorm. Tans bied dit diktatormagte aan die president om belastingbetalers te dwing om vir voordele te betaal, sonder dat die parlement of die publiek in kennis gestel word. Dit beteken dat Ramaphosa by magte is om enige oomblik weer die voordele in te stel wat hy pas teruggetrek het – sonder parlementêre oorsig.”

Schreiber sê dit is absoluut onaanvaarbaar en is ʼn bedreiging vir die grondwetlike demokrasie. “Ons gaan dus voort met die klag wat ons by die Openbare Beskermer aanhangig gemaak het.”

Die DA meen die parlement moet deur ʼn oop, deursigtige en deelnemende proses besluite neem oor enige beperkte voordele. “Ons hoop dat die OB met ons sal saamstem hieroor.”

Schreiber benadruk as dit nie vir die DA was nie, sou Ramaphosa en die ANC met dié wysigings weggekom het sonder dat enigiemand daarvan sou geweet het. “Vandag se oorwinning is onweerlegbare bewys dat dit slegs die DA is wat die ongekende skade kan herstel wat ANC-korrupsie aangerig het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Jacobus ·

Dankie DA julle doen goeie werk. Dit kan ook gesien word waar die DA al vir jare bestuur, soos bv die Weskaap dit sluit die Suidkaap in.

Pieter9 ·

Hoe teleurstellend! Hy is toe al die tyd net soos die ander.. agteraf, skelm net nog ‘n kader.

PieterJ ·

En jy het dit nie vanaf sy 1st dag as president vermoed nie?

Christo ·

Dit is een ding om te se dit is herroep en ‘n ander of dit werklik gedoen word.
Die DA moet wakker skrik en bietjie gaan kyk wat Afriforum al gedoen het om die skade te herstel wat die ANC aangerig het.

Cherokee ·

Bestaan die VF+ nog?…. vra iemand wat vir die VF stem.
Helen Suzman en Frederik Van Zijl Slabbert se Progresiewe Party (PFP wat oorspronklik vir swart oorheersing gestem het) is nou besig om die land te red!

Casper ·

“‘n “Onbeperkte” bedrag geld van die belastingbetalers se geld vir hulle water en ligte.Dit opsig self is kommerwekkend.Openbare werke betaal mos die huur en munisipale rekeninge.Dit baan die weg oop vir meer korrupsie.Ons steier alreeds onder belaglike hoë belastingen nou moet ons die kaders ook nog subsidieer.Ek as pensionaris moes in Mei uitvind ek het twee inkomste en moes R 1800 per maand meer belasting betaal sonder dat die SAID my tweede inkomste kon uitwys.Dit is reggestel maar ek het nie daai geld teruggekry nie.So het hulle miljoene rand gevat van pensionarisse.Ek het my hele lewe lank belasting betaal en nou moet ek nog steeds belasting betaal wat vir my belaglik is.

Delia ·

Ek ook. Omdat ek die helfde van my oorlede man se pensioen kry en myne, betaal ek nou 44% vanbdit aan belasting. Maar niu weet ek hoekom, alles vir die ministers en EK IS WOEDEND

Casper ·

Dit is terloops ook nie net die DA wat baklei teen ongeregtighede van die ANC nie maar Afriforum en aaSolidariteit ook.Die Vryheidfront plus doen oon baie vir blankes in die land.

PieterJ ·

En net so paar weke later gaan die Handboek seker maar net weer verander word, of hulle gaan hul nie eens daaraan stuur nie. Ek glo regtig GEEN woord wat anc sê nie.

Di ·

Grootste Skelm wat die res van die ANC skelms in Parlement beheer. SIES kry hy nie skaam om so uitgevang te word nie. GEEN respek meer oor vir die skelm, hy moet gaan!!

Herman L ·

Die blote feit dat Ramaphosa meer byvoordele vir homself en sy kaders gegee het, verduidelik hoe min hy vir die mense van Suid-Afrika omgee. Hy het dit slegs herroep omdat hy uitgevang is.

Antie Sarie ·

HY het nooit omgegee nie. Want hy is nie op n SA payroll nie

Delia ·

Dankie DA, maar wanneer sal die partye ook besef dat hulle ander ook nodig het. Solidariteit, Afriforum en ander kleiner partye doen ook baie vir die land.

Kobus ·

Goed ,hy het dit teruggetrek. Wat my bekommer is die feit dat hy dit in die eerste plek gedoen het. Stil, berekend en agteraf. Sy land bloei, hulle skreeu aanmekaar “poor people” maar hy verryk homself en sy kaders. En dan die argumente om dit verdedig. Dink ministers ons is dom? Kom verkiesingstyd word een huis oorhandig, T-hemde en kospakkies en alles is vergete. Kry hy en sy kaders nie skaam as hulle stemme gaan werf en sien in watter haglike omstandighede mense bly nie?

wiesalweet ·

Kobus, ek dink nie hulle weet wat die woord “skaam” beteken nie. Solank hulle hulself net nog verder kan verryk – hul voel vere vir ons hier op “grondvlak” – en dan praat ek nie eers van hul eie mense nie. Skandelik!!

My siening ·

Die terug roep van boek beteken niks agteraf betaal die kaders net eenvoudig nie en die boek is in die laai by Cyrel. ANC is net skelm en maak net soos hul wil. Selfs Cyrel praat Zuma taktiek goed, leierloos SA!

Antie Sarie ·

Dit beteken so min soos dischem wat hul gewraakte briefie terug trek.

CHRISTINE ·

Ek kan dit nie glo nie. Hy doen dit sonder om ‘n oog te knip. Grootste krimineel van almal. Mosie van wantroue moet NOU ingestel word. 2024 is te laat.

Danie ·

Na al die jare van soustrein voordele ? Ek wonder en sal eers glo as dit swart op wit bevestig word.Wat van al die arm mense wat op n skrale pensioen moet leef maar vir dekades word die vetgesmeerdes ingestop.

Prikkie ·

Voete van KLEI.

Hulle is almal daar in die parlement net vir hulself, vir niemand anders nie.

SjN ·

Almal klomp soustrein ryers wat mekaar beskerm, selfverryking en voel zero vir mense op voetsoolvlak. Hoop hul oe gaan oop by die stembus.

Jakes ·

Ek hoop van harte dat die agbare president in Desember uitgestem word. Hy is n ANC Kader en sy gedrag bevestig dit. Sy opvolger sal nes hy wees want hulle is almal dieselfde.

JohanR ·

Trek die hele ministeriële handboek terug. Moeg vir ‘n paar wat soos koning en koningin leef, tewyl die gepeupel moet aansikkel dag na dag.

Giela ·

Wat ek nie kan verstaan nie dat die man so ongevoelig teenoor sy eie mense is nie. kry die ministers nie genoeg om hulle eie water en ligte te betaal nie terwyl hul eie mense bedel vir n stukkie brood. SIES.

Yvonne ·

Ek is geleer as jy nie eers met klein goedtjies vertrou kan word nie wat van groot goed….sy karakter kom duidelik deur…tragies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.