Ramaphosa sê dié monumente, standbeelde moet skuif

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: PresidencyZA/Twitter

Monumente en standbeelde wat Suid-Afrika se verdelende verlede verheerlik, moet geskuif en hervestig word.

Só het pres. Cyril Ramaphosa Donderdag gesê toe hy sy amptelike Erfenisdagtoespraak aanlyn aan Suid-Afrikaners gelewer het.

“Ons kom uit ’n geskiedenis van vooroordeel en uitsluiting, en sedert demokrasie het ons gewerk om die erfenislandskap van ons land te transformeer. Die benaming en hernoeming van dorpe en stede vorm deel hiervan, asook die oprigting van nuwe standbeelde en monumente.”

Volgens Ramaphosa is hy daarvan bewus dat die voorstel dat standbeelde en monumente geskuif en hervestig word tot omstredenheid gelei het en dat gesê word daar is ʼn poging om die land se geskiedenis uit te vee.

“Die bou van ’n werklik nierassige samelewing beteken om sensitief te wees vir die geleefde ervarings van al hierdie land se mense. Ons vra hiervoor geen verskoning nie, want ons doel is om ’n verenigde nasie te bou.

“Enige simbool, monument of aktiwiteit wat rassisme verheerlik, wat ons lelike verlede verteenwoordig, het geen plek in die demokratiese Suid-Afrika nie.”

Ramaphosa het ook van die geleentheid gebruik gemaak om te reageer op die onlangse Clicks-advertensie wat tot ʼn rasseherrie gelei het. Hy het gesê daar moet weggedoen word met praktyke wat teen vroue diskrimineer.

“’n Aanstootlike haaradvertensie wat onlangs gepubliseer is, wys dat ons nog ’n lang pad moet stap.”

Daar moet ook vasgeskop word teen pogings om die land se vroue te minag deur middel van kru vorms van verteenwoordiging in die media, in advertensies en in die algemene kultuur, het Ramaphosa gesê.

“Die apartheidsregering het ons kulture afgekraak en probeer om ons skaam te maak vir ons kulture, ons tradisies, ons tale en ons voorkoms. Dit is ontmoedigend om te sien dat in demokratiese Suid-Afrika steeds kru stereotipes is van swart vroue wat in die openbaar vertoon word.”

Volgens Ramaphosa kan Suid-Afrikaners hulself nie as heeltemal vry beskou solank as wat die land se vroue en kinders in vrees vir misdaad leef nie.

“Vir so lank as wat vroue geteister, mishandel, geslaan, verkrag en vermoor word, kan ons nie sê dat ons ’n beskaafde samelewing is nie. Die misbruik van vroue is nie ons tradisie nie, en dit is ook nie ons gebruik nie. Dit is nie en sal nooit ons erfenis wees nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

75 Kommentare

Wesie ·

Praat bietjie oor die moord op boere ook en los die standbeelde uit niemand worry oor waar dit staan nie

Nic ·

wesie jy reg as ons standbeelde moet weg dat moet anc se bomplanters en halsnoer moorde se beelde ook weg .ramaposa se ware kleure kom nou uit wie is nou eintlik n rasis want jy ignoreer die moorde op ons boere

Alta Alleman ·

Wat is volgende ? Verbanning van die Afrikaanse taal ?

Persheks Adri ·

Dan gaan hy moeilikheid hê ons boere gaan nie dit toe laat nie!

Lian ·

Gaan julle Afrikaans ook verban ? Wat van die toekoms ? Julle is so behep met die verlede dat julle vergeet ons het net NOU . Ons mense ly honger, daar is min werk . Korrupsie is uiters ernstig ; ‘n uiterste skande dat ‘n land deur sy leiers leeggesuig is

Sobymykoolkop ·

En WEEREENS is ALLES die witman se skuld. Bekommerd oor haar advertensie maar nie bekommerd oor klein kinders wat in townships verkrag en vermoor word nie. Wat jy is, is in jou gene, vir almal om te sien wie doen hierdie dade.

Rayman ·

“Die apartheidsregering het ons kulture afgekraak en probeer om ons skaam te maak vir ons kulture, ons tradisies, ons tale en ons voorkoms. Dit is ontmoedigend om te sien dat in demokratiese Suid-Afrika steeds kru stereotipes is van swart vroue wat in die openbaar vertoon word.”
Hoekom trek julle dan die westerse mense se klere aan hoekom loop julle nie kaal in die straat soos julle tradisies is nie

Persheks Adri ·

Nee Cyril ons geskiedenis hoort aan ons. Skuif asb jou nasie se beelde ook, want dit is ook deel van apartheid! Jy gooi so vinnig die wit kaart… Jy’s regtig ‘n teleurstelling!

#Tsek ANC tsek man!

Persheks Adri ·

Hy bring die lelik in my uit! Glo my ek sal hom in sy gesig sê wat ek dink van die klomp

Bernard ·

En wat van monumente en standbeelde wat Suid Afrika se verdelende HEDE verheerlik, dan geld dieselfde reëls mos daarvoor ook, of maak die opinie van nét die swartmense saak?????

Persheks Adri ·

Jy’s regtig ‘n teleurstelling!!!

#Tsek ANC tsek man!

Cherokee ·

Geen teleurstelling vir my nie Heks, bloot bewys van hoe reg ek was met die verkiesing toe soveel witmense (lees kommentators) die ramapoker opgehemel het, en ek gesê het hy is steeds net anc.

Pieter J ·

Stadig maar seker kom CR se ware kleure na vore. Ek wonder wat sě die wat hom so opgehemel het nou. Sy en ander ANC lede se houding en uitsprake voorspel net moeilikheid vir die blankes in SA.

Nic ·

johan j ja die lot rasiste wil ons blankes probeer vernietig met cr aan die voorpunt

Francois Le Cochon ·

Paul Kruger, Cecil John Rhodes en Barney Barnato het ons land grootskaal geplunder. Hoekom hulle verewig word verstaan ek nie.

Termiet ·

Wat ek vir jou wil vertel van ons geskiedenis is hier nie genoeg spasie nie. En wat ek vir jou wil se mag ek nie hier se nie.

Andre ·

Dit is deel van ons geskiedenis en dit is nie altyd maanskyn en rose nie. Dink Dingaan en Piet Retief….

Flip ·

Natuurlik sal hy hieroor aangaan. Dis om almal se aandag van sy korrupte amptenare af te trek!

Willem ·

Cyril sucks,cyril must fall,anc must fall,voetsek cyril,voetsek anc!!!!!!!

Adam Adriaan ·

Hierdie knaap het die klok se geluid gehoor, maar hy weet nie waar die bel wat die geluid maak vandaan kom nie. Self weet hy nie wat sy eie Venda erfnis is nie. Die witman ken die erfnis van alle bevolkings groepe beter as hulleself. Nou wil hy kom grootkop trek oor erfnis van die mense van die land en nog erger die van die witman hier aan die Suid punt van Afrika te kriminaliseer. Ek kan vir hom sê wanneer my stamvader aan die Kaap aangekom het. 1671. Met die stamregister/ geskiedenis en al. Hy het nog baie om te leer.

Jacobus ·

Probeer nie om ons kwaad te maak. Maar kruip gat by misdadige vriende en EFF. Stupid loop darem ‘n sterk stroom in ons mooi land. Siril en sy sikopante het alles verwoes, hoekom by geskiedenis stop.

Nic ·

ja party mense dink hulle is slim wil hulle nou nog verder miljoene rand mors met standbeelde

Kokerboom ·

Dis die laaste strooi. Ek is klaar met die president van “our people”. Gelukkig is hy NIE my president. Mens kan hom nie vertrou, hys ‘n jakkals, ruggraatloos en praat net na om sy korrupte party goed te laat lyk en stemme te werf. Ekt AL my respek vir hom verloor. Hy KAN NIE ‘n verskil maak en samebindend optree. Ons is op ons eie…ons kapitaal ook!!

Francois ·

Dis reg – begin by Mandela se beeld by die Uniegebou waaronder die Khoi-San uitkamp… Hy is meestal net n ANC gesinde se held

Strandloper ·

Geen volk op aarde kan bestaan as hy deur n ander beheer word nie. Dit was nog nooit die geval en sal ook nooit wees nie. Niks is in die ander se oë heilig of waardevol omdat dit nie sy eie is nie. Elke volk het die reg op eie beskik. Ons as minderheid moet daad by woord sit voor ons net nog n Afrika statestiek word.

Jaco ·

dit was die plan met Orania. volgende jaar is Orania 30 jaar oud, en daar bly skaars 2000 mense.

Africangrey ·

Nou ja toe, kom ons begin by Mandela se standbeekd, en Mandelarylaan en…… Goeie plan, teroriste mag nie verheerlik word nie.

Charles ·

Skuif ons mense se beelde na ń ander plek, hulle kyk tans uit op vernielde infrastruktuur en gehawede geboue…

Paulvj ·

Ramaphosa, jy is soos die spreekwoord lei, in die land van die blindes is die eenoog koning. Talle is blind vir jou gemors waarmee jy besig is en dan noem jy jouself n president. Jy praat uit 2 monde, jy wil n een nasie tot stand bring, maar jy verag die wittes en wil hulle stadig kook soos paddas. Jy wil niks goedspraat omtrent wittes en deur jou utlatings vandag is dit net n bewys dat jy die amp as president nie werd is nie. Jou uitlatings dryf volke in hierdie land uiteen ongeag watter nasie hier woon. Deur jou uitsprake jaag jy die haat tussen wit en swart aan, hoe dom is jy? Jy wil alles van die blanke se geskiedenis laat verwyder of verskuif, maar wat van die ossewawiel op jul ANC vlag. Julle was nie voortrekkers nie, maar dié wiel is op jul vlag. Is dit om jul te herrinner aan hoe die wittes se kinders se koppe teen dit verbrysel was in die vervloeë jare. Vee eers voor die vuil deure van jul ANC en dan, miskien dan, sal jy besef hoe om n land te bestuur.

Andrew ·

Hoe is n haar advertensie, wat ons nog nie weet wie gemaak het nie, eenigsins standbeelde se skuld? Marxiste met die goedkeuring van die knie buigende ouens soos Fak en Max. Maar ek het geweet die dag kom, volgende is dit Afrikaans wat uit alle openbare (dit sluit medel C in) skole verban gaan word. Dit sal in n klas soos Sotho aangebied word met wiskunde en die res in engels.

Michael ·

Ja jou ou rampokker, leef uit wat jy praat en trek aan volgens jou kultuur se voorkoms. Bly in ‘n huis volgens jou kultuur, ry met die voertuig volgens jou kultuur. Eet dan volgens jou kultuur. Werk volgens jou kultuur. Maar nee julle wil eintlik soos die Westerlinge lyk en leef. Jou hanskind Malema is meer Westers as wat hy ooit ‘n Afrikaan was, maar jy en hy praat net sleg van die witman terwyl julle innerlik smag om soos hy te wees.Wees eerlik vir ‘n slag.Kyk maar na jul vroue wereldwyd, hulle is self blykbaar skaam vir hul voorkoms want almal wil reguit hare he en hulle velle ligter. In talle Afrikalande smeer die vroue hul gesigte spierwit, waarom?

Joe Olivier ·

En dit is hoekom afsonderlike ontwikkeling so fantasties is dan kan mense met dieselfde kultuur en waardes tussen eie mense bly sonder om mekaar te irriteer. Die wat wil ontwikkel kan en die res kan stagneer in hul modderhutte.

Ivana ·

En die is nou nie vooroordeel en uitsluiting nie. Cyril gaan kyk in n verklarende woordeboek wat daai woorde beteken asook die betekenis van die woord rassisme. Julle praat n taal wat nie julle geboortetaal is nie en julle verstaan dit duidelik ook nie

NEO ·

Ek wonder nou hoe die kommunistiese ANC die Voortrekker monument en Unie gebou gaan skuif.

Dries ·

SENSITIEF se die man. Hy voel vere vir sensitief. Het die man n idee hoe seer maak hy en sy trawante ons seer deur al ons goed te verwyder en name verander en ons geskiedenis . Tenminste ontbloot hy homself as ons vyand. Hoop regtig mense se oē gaan oop en weet dat hy ons mees gedugste vyand van alle tye is

SomeOne ·

rmpie, as jy jou kop omdraai sien jy stof, dis hoe jy en jou trawante hardloop, ver, ver weg

Jacobus ·

Dat so ‘n klein handjievol mense so ‘n oormag laat sidder. Wonder waarom?

annie ·

Cyril glo skynbaar dat as hy die gans wat die goue eiers gelè het se nes verwyder die gans steeds sal aanhou lè… groot goues almal vir die ANC se mandjie.

Eugene ·

Se my net hoe is apartheid verantwoordelik vir julle hantering van vroue?

Johann ·

Jou abaolute arrogansie! So asof jy en jou ANC COMRADES onskuldig is en geen bloed op julle hande het nie? Asof die moordenaars wat julle as volkshelde verheerlik met straat name en standbeelde en dorpe net goed was in hulle aandeel in waar ons land homself bevind?

Nie in JOU kultuur om te moor en verwoes en afbreek nie?

SHAME ON YOU!!!!! RAS BEHEPTE MAGSVERGRYPER!!!!!!!

Wielspore ·

CR het ook nou die punt van no return bereik waar hy besef dat hy net soos die vorige ANC leiers die land nog verder in die grond bestuur het en dan word die rasse kaart gespeel as laaste strooi om sy gewildheid te probeer behou.
Sowat ‘n jaar terug het ek gedink CR is die een wat tot almal se redding in SA gekom het, jammer, you’re fired.

Riaan ·

As ons in ‘n debad moet ingaan rakende tradisie, sal my kommentaar nie geplaas word nie want dit is nie polities korrek nie. Maar ek daag enige swart persoon in die wereld uit, om aan my te kom verduidelik hoekom ALLES wat julle doen, en selfs die voorkoms wat julle nastreef gemik is op ‘n “Westerse lewenstyl”.

As julle tradisie so belangrik is vir julle soos wat julle wil voorgee, lewe dit dan uit. Gooi jou selfoon weg, ruil jou BMW in vir ‘n donkie kar, en besoek gerus jou naaste Sangoma in geval van ‘n mediese noodgeval.

Die kans dat my kommentaar geplaas gaan word is ZERO ! !

Jaco ·

net vreemd dat die rassistiese hare-advertensie afkomstig was vanaf ‘n besigheid waar die BEE en regstellende aksie alles perfek in plek is. So al het al die öur people” wat daar werk die advertensie geplaas, is dit wat hulle gedoen het nie rassisme nie, want swart mense kan mos nie rassisties wees nie. Rassisme is mos net n ding wat wit mense aan skuldig is.

Pieter ·

Mooi so cyril, hou aan om die oorsaak te wees dat ek elke dag al hoe minder vir my medemens omgee.

Hennie ·

Wat ‘n idioot! Waar is die polisiemag? O ja, be ig om omkoopgeld te tel! Hy het geen saak met SA se burgers nie… Lewe mos al te lekker! God slaap nie, Ramaplopsa… hy slaap nie!

Persheks Adri ·

Enigste nasie wat jy bou is vir our people ons pas nêrens in nie! Jy upset ons net, maar dis ook ok.

Haal sommer julle geskiedenis uit ons kinders se boeke uit dit walg my en dis alles behalwe interessant.

#Tsek ANC tsek en EFF en BLM

Sarel ·

1. Misbruik van vroue??? Wat van kinders? Terwyl daar met Clicks baklei was het Lindrrs gesterf en niemand het ‘n oog geknip nie.
2. Julle is besig met stemwerwing deur met uitlatings die
Aandag te herlei weg van korrupsie en diefstal van armes se kos

MakersMark ·

Ja nee kyk ek dink die anc is nou op die regte pad. Die dorpname en beelde is definetief die oorsaak van die korrupsie in elke staatsdepartement, die munisipale infrastruktuur wat ineenstort, die soe’s wat totaal bankrot is, beurtkrag, misdaadsyfers en veral misdaad teen vroue, die ekonomie wat verval en minder belasting genereer, staatskuld >70% GDP, slagting op paaie, werkloosheid van 40%, ens. As die dorpname almal verander is, en elke apartheidsbeeld is agter tralies, gaan sa ontpop in ‘n wêreldklas land en al die probleempies soos mis voor die son verdwyn.

Sarel ·

Julle verstaan nie. ANC Politiek en Stenwerwing op dy beste.
Maak die Boere kwaad dan vergeet almal vzn die diefstal dn kortupsie tydens Covid 19.
Cele het regte mense kwaad gemaak om azndag weg te lei van die sg. Minister van Lzndbou wat nog rekensjap vzn Miljoene Rande moet gee.

Sarel ·

Mens kon gevra het vir onafhanklike Internasionale ondersoek na Plaasmoorde, maar ek is bevrees daar bestaan nie so onafhanklike instelling nie. Die Weste sal nooit hulle fout met die ANC erken nie en Zimbanwe is bewys dat die wereld voel nkks.

Helen ·

CR se skaap klere is besig om af te val en die wolf klim uit. Wonder wanneer gaan ons n president kry wat nie ‘n tronkvoël was nie

Pieter ·

Goed waarheen gaan hulle die Voortrekker monument, vroue monument en die taal monument skuif en hoe……………Ramaphosa is net besig om verdere verdeeldheid te veroorsaak…….

Andre ·

Mnr R; al jou gepraat oor wat gedoen moet word om sogenaamd nierassige samelewing daar te stel sal nooit tot sy reg kom want as dit in Amerika nie werk nie, hoe gaan dit hier werk tensy die een groep heeltemal oordonder gaan word en verdwyn. Stel tuislande beskikbaar dan is die een uit die ander se hare

ES ·

Ek kan dit darem nie verstaan nie – die standbeelde is van mense wat hierdie land help bou het en wat helde was in ‘n oorlog teen die Britse ryk. Dit het absoluut niks te doen met “segregasie” nie.

Dit is alles net ‘n poging om stemme te wen met die verkiesing wat nader sluip. Enige iemand wat gedink het CR is vir al die mense in die land, moet die kleppe van hul ogies afhaal.

Hy is net vir homself en sy ANC. Hier is nie meer plek vir witmense in die land nie, en hy maak dit nou net nog meer duidelik.

Die boere het baklei in die Boere-oorlog sodat all mense in die land vry kon wees van kolonialisme.

Maar wat weet hy, want hulle het geen gekodeerde geskiedenis nie…

Andre ·

Ramaphosa jy moet geskyf word ou rampokker ons Boere sal weer hierdie land opbou

Dirk Mostert ·

“verenigde nasie”se voet! My Hugenoot-voorsate was kort na Jan van Riebeeck hier. Ek neem sterk aanstoot dat ons blankes, wat beskawing en ontwikkeling na Suid-Afrika gebring het, en voor Malemma-hulle hier was, se geskiedenis uitgevee word. Ramaphosa sing saam in die anti-wit koor.

Dries ·

Praat assseblief oor Zuma se monument. Is dit ook veronderstel om die land te verenig? Sy monument verheerlik korrupsie.

Jan ·

Ek wil met hom saamstem – op voorwaarde:
As straf vir die onreg wat hul aangedoen het, moet dit deur die wittes van die land verwyder word en as sulks mag net witmense toegelaat word om tenders in te dien vir die verwydering van hierdie “weersinwekkende” voorwerpe en objekte.
Tender markverwante pryse vir die werk behoort so ongeveer R 5mil tot R 10mil per item te beloop.
Is daar iemand wat die voorstel aan die “Dept of Arts & Culture” wil maak?

Hoekom ·

Dit is ‘n direkte oorlog verklaring teen ons as Afrikaners se erfenis. Ons lewe as vyande in ons eie land, tyd dat ons soos vyande reageer teen die aanval op ons en aksie neem.

Daar is ‘n boek geskryf deur Patric Tariq Mellet genaamd “The lie of 1652”, nie gebaseer op historiese feite nie maar die skrywer se eie onwysheid, hy het sy integriteit verkoop vir sente. Ek stel voor as ons as Afrikaners by so boek afkom, moet dit nie koop nie, om die boek te vat en aan die brand te steek en die video te deel op sosiale media. Ons geskiedenis sal nie ‘n leuen van gemaak word nie, dit sal nie vetrap word of weg gewens word nie…

Kosie ·

Alles om die aandag van julle skelm korrupsie af te kry, los ons standbeelde uit julle het nie vir dit betaal nie en daar waar dit staan was nie deur julle gebou nie dit is die wittes wat vir dit betaal het met ons eie geld, bou julle eie plekke en rig julle so genaamde helde se beelde daar op, in die middel van die see is baie plek vir julle beelde. O ja ek het vergeet daai brons is natuurlik baie geld werd en julle wil dit ook laat wegraak soos al die treinspore en krag kabels.

JohanR ·

Skyf dan ALLE standbeelde selfs die wat sedert 1990 opgegaan het. Vee dan Suid Afrikaanse geskiedenis totaal uit. Daar was nie ‘n Piet Retief nie, daar was nie ‘n Dingaan nie, daar was nie ‘n Shaka nie, daar was nie ‘n Jan van Riebeeck nie, nooit ‘n Bloedrivier, nooit ‘n Voortrekker trek nie. Ek is moeg om ook orals in Nelson Mandela se gesig vas te loop…..goodbye Nelson Mandela standbeelde!

Jack ·

“ die misbruik van vroue is nie ons tradisie nie……” maar word gepleeg deur diegene wat uit daardie tradisie kom. So wie se tradisie is dit dan of is dit weer geerf by die apartheids regering en dus die wit mense van die land. Ek dink dat ons in die president gegewe sy uitsprake n voorstander van Swart Apartheid het en dat ons as wit mense niks van hom en sy regering moet verwag behalwe onderdrukking van ons tradisies nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.