Ramaphosa spreek nasie Sondagaand toe

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: PresidencyZA/Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa sal Suid-Afrikaners na verwagting Sondag teen 20:00 toespreek oor die land se reaksie op die Covid-19-pandemie.

Dít nadat dit Saterdag bekend geword het dat die sogenaamde Delta-variant nou ook in Suid-Afrika kop uitgesteek het en tans die land se Covid-19-infeksies oorheers.

Phumla Williams, direkteur-generaal van die regering se kommunikasie-en-​​inligtingstelsel, sê die nasionale gesamentlike operasionele en intelligensiestruktuur (Natjoints) sal vanmiddag byeenkom om aanbevelings rakende die land se reaksie op die Delta-variant sowel as die toename in Covid-19-gevalle te maak.

Die nasionale koronavirusbevelsraad (NCCC) sal dan Sondag vergader gevolg deur ’n vergadering deur die presidensiële koördineringsraad (PCC). ’n Spesiale kabinetsvergadering sal gevolglik plaasvind voordat die president die land na verwagting Sondagaand sal toespreek.

Die moontlikheid bestaan dat strenger afsonderingsregulasies aangekondig kan word om die derde vlaag Covid-19-infeksies te stuit. Gauteng is tans aan die voorpunt van die Covid-19-pandemie in die land met ’n skerp toename in Covid-19-gevalle in elke streek van dié provinsie.

Maroela Media het vroeër vandag berig die Delta-variant is die aansteeklikste van al die bestaande variante. Dit sluit in die Beta-variant van die koronavirus wat vroeër op tuisbodem aangeteken is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Blomme ·

Dit is komměrwekkend. Is die landgrense dan oop vir al die lande.. Hoe het Delta hier beland uit Indië?

Botterblommetjie ·

Dit was nou n raak voorspelling… From immediate effect… Nou moet ons maar bid dat daar n verstandige geballanseerde besluit is…

casper ·

Nou gaat hy maar net weer “my felow saffricans” en “togedder we wills” ne !!!

Pietertjie ·

Iets laat my dink dat die Griekse alfabet te kort gaan wees… Ons moet solank gaan sit.

Karlahari ·

Watter nasie gaan hy toespreek?
Baie meer nasies hier as die 11 landstale.

Oros Soros ·

Wat kan ons verwag uit ondervinding en na Kersfees: Geen kerke of openbare byeenkomste, alle kroeë en drankwinkels gesluit. Verbod op die vervoer van drank. Strande sal seker ook weer gesluit word. Sluit van landsgrense met die uitsondering van paar grensposte vir die vervoer van noodsaaklike goedere en terugkeer van landsburgers. Vlak 4 dus, met strenger bepalings dalk vir Gauteng.

Anton ·

My fellow South Africans….we don’t really know what to do but we have a plan…I think I will appoint a commission and allow my fellow part members to steal…..wear your mask and wash your hands. Don’t forget to pay your taxes

Anel ·

Ag, hy moet maar praat. Wie stel in elke geval belang in die twak wat hy praat? Met al die kastige voirsorg wat getref is, moes niemand meer siek geword het nie. So, wat sê dit, gaan aan met jou lewe, of hulle 100 keer oer dag hande was en maskertjies dra of nie, niks verander nie. Om mense weer toe te sluit gaan geen verskil maak nie. Maar gaan aan en hou aan om mense paranoïes te maak en te hou.

Jaco ·

Weer een van sy family meetings. Ek wonder net, is ek ook family? In die verlede het dieselfde ramaphosa gesê onteiening sonder vergoeding en ook radikale ekonomiese transformasie is dringend noodsaaklik. Hy het ook meer as eenkeer gesê dat inperking wys hoe ongelyk SA is en dat wit mense se rol in die ekonomie moet stop. So ek skat na Sondagaand se family meeting moet klomp wit besighede weer sluit. As wit mense dan eintlik nie family is nie, waarom deporteer hy ons nie net na die lande waar ons voorouers vandaan kom nie?

Jannie van Niekerk ·

Geen hulp vir witenmsne ter wille vban “transformasie”…

Die Boerepompie ·

Hy sal weer n 1ure praad en niks se behalwe level 4

Snowball ·

Ons gaan hoor hoe suksesvol is die inentingsprogram; amper net so suksesvol soos die bekamping van korrupsie in die regering.

Persheks Adri ·

Skerp Snowball skerp! Ja hy bekamp korrupsie erg man ons sien dit mos! Dankie vir die lag

MakersMark ·

Ha ha soos voorspel hier kom ‘n mengsel van vlak drie en en vier. Dan gaan ons weer hoor hoe dit nie werk nie, hoe taxis met toe vensters ry, die wat kwaad is want hul maak minder geld, al die verskoninkies. Maar toe die vorige inperkmaatreëls streng gehou is het infeksies geval en toe vlak een bereik is toe gaan mense weer aan asof daar niks fout is nie…… So dit werk. Boodskap is hou op “kuier” en tree verantwoordelik op.

SjN ·

En die Tabak auntie wat reeds moes afgetree het, het mos die laaste se en dan raak dit wet.

Jan ·

Na gelang ons immuniteit deur angsskepping en isolasie afgetakel raak, sal elke nuwe variant “gevaarliker” wees.

christo ·

Dis onbegryplik dat mense wat nié lede van die ANC is nié gehoor gee aan Ramaphosa se versoek om by die reëls te hou, dit doen. Dit terwyl die ANC massas hulle nie daaraan steur nie.

Nie Verbaas ·

Nasionale gesamentlike operasionele en intelligensiestruktuur? Hoe bevoegd is hulle en uit wie bestaan dit of is dit net nog n gevolg van Dunning-Kruger effek?

Jannie van Niekerk ·

En “ter wille van transformasie” gaan Rampsoedphosa ons verder inperk sodat die “wit monopolie kapitaal;” kan “collapse”

Gert ·

Volgens statistieke het daar in 2019 180 mense per dag aan tuberkulose in SA gesterf. Niemand moes maskers dra of hande was nie. Ramaphosa het nie elke Sondag aand nuwe reels neergelê nie. Ons dra ons maskers en handhaaf ons eie lockdown. Kuier nie onnodig nie, ens.

MakersMark ·

Meeste tuberkulose infeksies is mense met verswakte immuun sisteme agv HIV. Gesonde mense kry nie sommer TB nie.

Jr ·

Blah blah blah preach to the “converted” 80% van ” sy mense” luister nie. So moeg om hom te hoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.