Ramaphosa: ‘Teentransformasie-magte wil ANC vernietig’

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: @MYANC/X)

Daar is sosiale en politieke magte wat hard werk om die “winste van vryheid” wat oor die afgelope drie dekades behaal is, te ondermyn.

Só het pres. Cyril Ramaphosa Saterdag tydens die ANC se 8 Januarie-verklaring in die Mbombela-stadion gesê.

“Die fundamentele vraag vir hierdie jaar, die 30ste herdenking van ons vryheid, is of Suid-Afrika se transformasie van ’n apartheid-, koloniale, patriargale en verdeelde verlede gestuit of omgekeer kan word, en of die demokratiese vernuwing, nasionale verjonging en sosio-ekonomiese transformasie-agenda nuwe stukrag sal kry.”

Die “teentransformasie-magte” kom volgens Ramaphosa in pakte byeen terwyl hulle terselfdertyd poog om die kragte vir verandering te fragmenteer deur splintergroepe en klein partye te stig wat die ANC sal bestry.

“Nog ’n teentransformasie-taktiek is om te verseker dat die ANC in interne worstelinge vasgevang word wat hom van binne sal verswak en vernietig. Hulle moedig rebelle-wegbreekgroeperings aktief aan om die steunbasis van die ANC te erodeer. Dikwels begin dit as faksiekonflikte binne die ANC, maar wanneer die beweging voortgaan met sy hernuwing, verander hulle in opposisiepartye wat net so gekant is teen die ANC as die regse teenstanders van transformasie.”

Die gedeelde doel van al hierdie magte is om die ANC te ontneem van die vermoë om staatsmag te gebruik om verandering te bewerkstellig, meen Ramaphosa.

Hy het ook van die geleentheid gebruik gemaak om na koalisieregerings te kap.

“Die frustrerende ervaring van wanfunksionele koalisieregerings het getoon dat hulle nie vir die mense werk nie, maar vir die politieke ooreenkomsmakers wat hul eie persoonlike belange wil bevorder. Dienslewering ly daaronder terwyl die ontwikkelingsagenda tot stilstand kom. Om hierdie bitter ervaring van chaos, onstabiliteit en wanfunksionaliteit op nasionale en provinsiale vlak te herhaal, sal ’n ramp wees wat ons land nie kan bekostig nie.”

Ramaphosa het soos met vorige toesprake klem gelê op die vordering wat die ANC volgens hom die afgelope 30 jaar gemaak het.

“Die demokratiese Suid-Afrika van vandag is baie anders as die geleefde ervarings van apartheid‑Suid-Afrika 30 jaar gelede.

“Die ANC het baie gedoen om armoede die stryd aan te sê. Oor die afgelope 30 jaar was ons benadering tweeledig: eerstens deur die maatskaplike loon, wat ’n reeks maatskaplike en ekonomiese intervensies behels, insluitend die uitbreiding van toegang tot basiese dienste van gehalte, en tweedens deur direkte oordragte aan huishoudings in die vorm van maatskaplike toelaes.

“Een van die direkste optredes deur ons regering was die voorsiening van ’n doeltreffende maatskaplike veiligheidsnet.” Ramaphosa het daarop gewys dat slegs 2,5 miljoen mense in 1999 maatskaplike toelaes ontvang het en dat dit intussen tot meer as meer as 18 miljoen mense gestyg het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Kortbroek en plakkies ·

Wel, die ANC regering het duidelik nie die afgelope 30 jaar vir die land gewerk nie, en soos gewoonlik moet ander die skuld kry vir die ANC se onvermoe…….

domheks ·

Lekker lag ek nou! Ewe skielik weet hy van “GEEN” dienslewering nou kry koalisies die skuld. Vee vou jou eie deur!

Hannes ·

Die ANC is besig om homself te vernietig, ek dink net Suid Afrika kan nie nog ‘n termyn onder ANC verwoesting oorleef nie.

Hedda ·

Hoe kan hierdie mense enigsins die land se benarde maatskaplike toestand, agv werkloosheid, as “prestasies” sien…??!! Toe die ANC aan bewind gekom het, was ons werkloosheid ± 7%. Kyk waar trek ons nou? Hoe gaan die land lyk na nog ‘n ANC-termyn? Is daar nog enigiets oor om verder te verwoes??

Grassie ·

“Teentransformasie-magte wil die land vernietig” seg hy. Nee CR, jy dwaal. Mense met gesonde verstand wil die ANC vernietig om die land te red. Julle het ‘n welvarende land met gesonde infrastruktuur pasella gekry maar het hom so opgeneuk dat hy nou ‘n derdewêreld piesangland is, op pad na ‘n afgrond. Die land kan nie nog ‘n termyn van ANC-regering bekostig nie want dan sit ons spreekwoordelik onomkeerbaar in sak en as.

WitBlits ·

Dit is mos altyd iemand anders se skuld Mr Ramaphosa… Jy, en die ANC weier net bloot om enige verantwoordelikheid te vat vir enige iets, en as dinge skeefloop, word daar dadelik verwys na Apartheid en die verlede… Skrik asb wakker, ons lewe in die hede en kyk vorentoe na die toekoms…. DIT is hoekom sekere partye sukses behaal, en sekere partye soos die ANC wat altyd terugkyk faal…

Gerhard ·

Hannes, ek stem 100% saam. SA sal beslis nie nog ‘n termyn maak onder cANCer nie!!! Hoe lank gaaan appertheid nog blammeer word vir alles? Jissie, bou ‘n bruggie en kom oor dit. Ons ervaar appartheid soos dit huidiglik in ons land gaan!!!

tierwyfie ·

Ja hulle het baie bereik.
Die hele land is in die afgrond bestuur.
Werkloosheid, beurtkrag, waterprobleme, instandhouding , daar is nie ‘n ding waar die ANC in beheer is wat nie ten gronde gegaan het nie, Alles wat gewerk het is tot niet. So ja hulle het baie reggekry.

tweeling ·

Sukkel jy om asem te haal Cyril, duidelik voel jy die tou al stywer span om jou nek, en spartel is die reaksie

Yolandie ·

“Een van die direkste optredes deur ons regering was die voorsiening van ’n doeltreffende maatskaplike veiligheidsnet.” Ramaphosa het daarop gewys dat slegs 2,5 miljoen mense in 1999 maatskaplike toelaes ontvang het en dat dit intussen tot meer as meer as 18 miljoen mense gestyg het.
Hoe op dees aarde kan jy spog oor die feit dat toelae gestyd het van 2/5 miljoen na 18 miljoen. Besef die mamparra dat die belastingbetalers van die land nie die pas kan volhou nie…….want tussen hulle geplunder van die staatkas (want dit kom hulle mos toe na die struggle) en die toelae wat almal kry vir by die huis bly en nog kinders maak wat ook op straat bly boer ons net agteruit. En ek stem saam met Hannes ons land kan nie nog ‘n termyn onder ANC bewind hanteer nie.

Fluisterwind ·

Dit gaan my verstand te bowe hoe jy kan roem op maatskaplike toelaes, maatskaplike lone en maatskaplike toelaes. DIT BEWYS JUIS DIE TEENDEEL – Die ANC se onvermoë om die land te regeer!

Boer ·

Hierdie jaar is dit die belangrikste stemming in Suid Afrika, ons moet almal oorreed om te stem, selfs die wat negatief is en nooit sal stem nie, dit is juis hulle wat moet stem, die kans om die ANC te verslaan kom net een keer.

Boer ·

Hierdie jaar is dit die belangrikste stemming in Suid Afrika, ons moet almal oorreed om te stem, selfs die wat negatief is en nooit sal stem nie, dit is juis hulle wat moet stem, die kans om die ANC te verslaan kom net een keer

Fibreglass ·

Is dit ‘n prestasie as meer mense toelae kry as wat daar mense is wat werk?

Edward ·

Ek kan nie Ramaphosa glo nie. Hy het dubbele standaarde. Hy vat Isreal hof toe maar drink saam met Putin vodka. ‘n Vry demokratiese SA maar hy diskrimineer teen blankes. Hulle het ń veiligheidstelsel daargestel maar hy sê niks van die onderwys, gesondheid en infrastruktuur wat hulle vernietig het nie. Hulle is die enigste mense wat onderdruk was. Wat van die mense moord van die Jode deur die Duitsers. Wat van die Palestyne wat steeds vrouens onderdruk? Ek wens hy wil so bekommerd wees oor SA se gemors as wat hy oor ander lande se gemors bekommerd is.

Republikein in die Wes Kaap ·

Jammer Boer, dis Afrika. Die stembus werk nie. Maak ander planne.

Bevorder geregtigheid - Vrydenker Vlakvark ·

Die 2024 wêreld geoploitiek bestaan uit twee pole: diegene wat rondloop met minderwaardigheidskomplekse, jaloesie, haat en nydigheid teenoor die Westerse lande wat op vele terreine presteer en voorspoed beleef. Raai in welke sfeer die ANC en EFF figureer?

Surfer ·

Die enigste winste is vir oom cyril en sy kamerade se sakke tot die burger oorlog (S teen S) hier uitbreek.

domheks ·

Siestog in 30 lange jare het cANCer alles vernietig. SAL, ESKOM, DENEL, PRASA, moet ek aangaan – dink die plek is te min. En dit alles is oorle oom Jan van Riebeeck en apartheid se skuld.

Ben ·

Tussen hakies lees dat ANC koop stemme.Dreig en vertel die massas dat ander partye die toelaes gaan weg vat.Hulle gaan weer regeer met koalisies wat hulle nou kamtig afskiet.

Ore ·

Die ANC se grootste vyandigheid kom van hulle eie mense af. MK het beslis die kat in die duiwehok gelaat en die ANC sal dit nie erken nie want hulle het dit nie sien kom nie. Wonder soms of die getal mense wat werkloos is deel van die ANC se strategie is om stemme te behou dmv toelaes. Rampposa gebruik dit nou weer as afskrikmiddel om sodoende steun te behou.

Elméne ·

In kort – ramanokio is die GRAP VAN DIE EEU tesame met sy CLOWN “kabinet”!!

Antoinette ·

En Zuma wil weer president word om “dinge reg te stel” omrede hy op die punt was om so te maak toe hy uitgeforseer is.
Mens noem dit dementia.

Prikkie ·

Verkeerd Mnr die President, ons ALMAL wat nie aan die ANC behoort nie wil dit vernietig!

Waarheid ·

Hey Cyril. Julle het darem bietjie werk geskep die naweek. Nelspruit / Witrivier is in rommel gedompel na julle partytjie afgelope naweek.
Transformeer eerder jou ondersteuners.

Pierre ·

Mr die president stygings in maatskaplike toelae is direk agv geen werk skepping nie.

Heinrich ·

Cyril is doodreg as hy sê ‘Teentransformasie-magte wil ANC vernietig’. Die ANC wil ons mooie land transformeer in ‘n sosialistiese welsynstaat, met die ANC ‘comrade’ klug beleide wat nêrens in die wêreld kon werk nie. So ja, ons skop teen julle breindooie pogings en wil graag die ANC en sy korrupte kaders vernietig.

Gert ·

Die ANC slaan jou met n stok en sit die stok in jou hand en vra hoekom het jy dit aan jouself gedoen. Hul will die baaitjie van plunder en vernietiging van mense se lewens vir hul opposisie party aantrek en terugstaan as die slagoffer. Die bittere hartseer is dat menigte uit desperasie vir die onvolhoubare R350 per maand, weer vir hulle sal stem.

Brombeer80 ·

n Jakkals verander van hare, maar nie van streke nie. CR kan praat soos hy wil, maar niks goeds het in elk geval gebeur vandat hy verkose was nie en in die 30 jaar van die cANCer in bewind is nie. Hy en die cANCer kan maar aanstaltes maak.

Papsak ·

Ja ander vernietig die anc nie dit is die anc regering en Ramaphosa wat ons 30 jaar lank vernietig het dat SA vandag so lyk hier us niks oor nie ons wat nie anc stem nie sal hulle vernietig !!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.