Ramaphosa ‘teleurgesteld’ in De Ruyter

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Siyabulela Duda/GCIS)

André de Ruyter het ʼn kans verspeel om korrupsie by Eskom aan die groot klok te hang en moes die land se wetstoepassingsowerhede met sy inligting in sy vertroue geneem het. Só sê pres. Cyril Ramaphosa ná ʼn week van hoogdrama oor die voormalige Eskom-hoof se opspraakwekkende bewerings dat minstens twee kabinetslede nou betrokke is by korrupsie binne Eskom.

In daaropvolgende media-onthullings die afgelope paar dae word daar spesifiek na vier misdaadkartelle by Eskom verwys, asook na die bedryf van ʼn sogenaamde moordbende – en dat minstens twee kabinetslede glo hierby betrokke is.

Ramaphosa het Dinsdag die president van Uganda, Yoweri Museveni, op ʼn staatsbesoek in Pretoria ontvang. Hy is by die geleentheid gepols oor De Ruyter, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, se bewerings en het sy “teleurstelling” te kenne gegee met De Ruyter se beweerde versuim om korrupsie aan te meld.

“In sy geval is dit ʼn verspilde kans en ek doen ʼn beroep op hom om na vore te kom en aan te meld wat hy ook al weet, sodat die ondersoekproses kan begin en almal beter ingelig kan wees.

“Deur dit nie te doen nie, is ons almal in ʼn wêreld van gerugte en hoorsê en begin ons met groot agterdog na mekaar kyk,” sê Ramaphosa.

“Enigiemand met sulke inligting moet na die instellings gaan wat dit hanteer; hulle het die ondersoekende gesag en mag – en glo my, hulle kan baie deeglik en baie indringend wees. Hulle kan na alles kyk.”

Anré de Ruyter, voormalige hoof van Eskom. (Argieffoto: Eskom)

Die president sê iemand op De Ruyter se vlak – dié van uitvoerende hoof – moes na enige van die instellings gegaan het omdat hulle “onafhanklik” is en moes daar sy inligting gedeel het.

“Daar sal geen vorm van inmenging, geen vorm van afleiding, versperring of slenters wees nie. [De Ruyter] moet enige ampsmisdrywe waarvan hy bewus is, aanmeld. Dit is die soort instelling wat hy moet vertrou, nes ek; ek het groot vertroue in hulle.”

De Ruyter het verlede week summier die trekpas gekry ná die onthullings tydens ʼn onderhoud met eNCA. Hy het in Desember verlede jaar bedank, maar sou nog tot die einde van Maart by die kragvoorsiener aanbly. Die Eskom-raad het sy kennistydperk ná die onderhoud egter met ʼn maand verkort en hy is dadelik op spesiale verlof geplaas.

Die polisie én die Valke ondersoek tientalle sake van misdaad by Eskom en na verneem word, het De Ruyter heelwat inligting hieroor reeds aan die polisie verskaf. Hy het ook sy kommer oor die beweerde betrokkenheid van invloedryke rolspelers met Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, gedeel.

Gordhan het die afgelope week gesê daar kan nie van hom verwag word om enige name te noem nie, omdat die inligting net bespiegeling is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

73 Kommentare

Michael ·

Hy het dit mos aangemeld jou ou skelm en julle het hom probeer vermoor deur die vergiftiging, Jy is teleurgesteld omdat jou misdadige organisasie deur iemand wat vir julle gewerk het blootgestel is.

Kokerboom ·

Wel gestel Manie. Die pateet van ‘n kader. Ons sal hom ook nie mis..inteendeel NIE een van die skepsels

Manie ·

Haal eers die balk uit jou eie oog Ramaphosa, jou maatjies beskerm jou baie mooi met die Phala Phala aangeleentheid. Moenie vir my sê dat niemand in jou kabinet daarvan geweet het nie. Het jou minister nie opmerkings gemaak soos “laat hulle bietjie eet nie”, en “dit was onafwendbaar dat dit die een of ander tyd sou uitkom nie”? Was dit nie hulle plig om dit onder jou aandag te bring nie of het julle die heeltyd daarvan geweet, maar mooi saamgespeel? Jy en jou kabinet is die laaste spul wat teleurgesteld kan voel, die hele land is teleurgesteld in julle korrupte bedrywighede en onvermoë om te kan regeer.

Yolandie ·

Blah blah blah rampara…….nee jong niemand luister meer vir jou nie. Julle is nou almal net skaam kwaad vir De Ruyter dat hy julle soos die rampokers/mafia laai lyk wat julle werklik is. Al die verontskuldiging nou luister niemand na nie. Die man het 3jaar probeer om reg daar te laat geskied sodat hy ‘n verskil in Eskom kon maak. Maar dis mos die ANC se persoonlike geldkas net soos ons handverdiende belasting geld…….en al die ander geld wat julle julle hande op kom lê. Ek hoop van harte dat daar heelwat oe nou oopgegaan het met De Ruyter se onderhoud en dat die wat nog dink die ANC gaan Eskom of ons land red nou ‘n ander deuntjie sing.

Emily ·

Wat???? Moes hy jou nou ingelig het, EN wat sou jy gedoen het. Toesmeer en skerm vir jou korrupte samesweerders.
Dit is deur julle korrupsie waar ons sit waar ons vandag sit.

Piet 6 ·

André de Ruyter het dit aan Pravin Gordan gerapporteer wat absoluut niks daaraan gedorn het nie. Hy het die aanslag op sy lewe aan die polisie geraporteer en ń saak gemaak. Hulle het absoluut niks daaraan gedoen nie. Nou word hy beskuldig dat hy dit nie gerapporteer het nie.

President Ramaphasa het die diefstal by Phala Phala aan die hoof van sy beskermings dienste ( polisie lid) gerapporteer, maar geen saak by die polisie oopgemaak nie.

Wat is die verskil?

Angelique ·

Ag dis okay, die res van SUID AFRIKA is teleurgesteld in Ramaphosa.. so..

Papsak ·

Hy het aan gemeld julle die skelms en Ramaphosa as ek jy sal ek my kop laat sak jy nie naam president waardig nie ja julle sal nou so se hy het sy werk gedoen julle het nie so bly liewers stil jy stel glad nie belang in die land SA se probleme

JohanR ·

Soe niemand is hoog teleurgesteld oor JOU! Wie sal ek glo – Cyril Ramaphosa of Andre de Ruyter. de Ruyter elke keur. @Voertsak Squirrel!

Papsak ·

Julle nou kwaad en ongelukkig want julle skelmheid het uit gekop daarom het julle almal so baie geld

Manda ·

O aarde… as hulle nie geskok is nie, is hulle teleurgesteld. Nou toe nou.

Stofdonkie ·

As ou cyril the squirrel reg was met sy opinie dat die instellings “onafhanklik” was sou hy en zuma nou bure gewees het in die tronk, tesame met meeste van sy kabinet en anc bestuur.

Eugene ·

Ag shame ramp-phosa. Jy het suid-afrika telleurgestel. Wat daarvan???? Daar moet meer Andre de Ruyters wees.

Juanita ·

Ag asb, hoe weet mens wie om te vertrou as almal korrup is????

Fluisterwind ·

Die wetstoepassingsowerhede word ook deur sindikate beheer! Wat ‘n joke.

Roek ·

Hy is teleurgesteld omdat De Ruyter nie sy perels voor swiene stroo1 nie ! Jammer Sir, ONS is baie trots op hom !!

domheks ·

CR, laat al jou wagte vir ANDRE DE RUYTER oppas. Want die cANCer beplan om hom uit te haal. Gelukkig het hy die 1ste aanslag oorleef! Dank die VADER daarvoor! Maar nou gooi jy en jou mini-sters gou klippe – haal eers die balk uit julle eie oe!
ANDRE DE RUYTER VIR PRESIDENT IN 2024!

Wendy ·

Jys nou n benoude kat wat benoude spronge maak ,ou leuenaar, ht nogal geloof ghad toe jy aan bewind gkom het maar jy het ons nog meer teleurgestel so los v mnr De Ruyter hyt julle korrupsie oopgevlek

TO ·

Jy praat van teleurgesteld, regtig weet jy wat die woord beteken. Jy en jou spul diewe is die laastes wat kan praat. Julle is disgusting n skande vir suid afrika

kragaap ·

As Ramaphosa net weet hoe teleugesteld SA in hom is sal hy eerder stilbly.

Nicky ·

Hy gee nie om nie solank sy sakke vol geld is kan jy maar vir hom se wat jy wil, hy steur hom nie daaraan nie

kragaap ·

Ongelukkig is jy reg en dis nie net vir hom wat dit so is nie maar die hele ANC gespuis.

Pietertjie ·

Siestog. Pleks dat hy teleurgesteld is oor Phala Phala. Of oor die swak prestasie van sy Kabinet. Of die misdaad onder sy stemvee.

Regtigegtig ·

Sy lewe is seker in gevaar dus hoekom hy maar besluit het om so te werk nie gaan en skelm land leiers kom tot in elkgeval weg met hul dade of sake word vir jare uitgerek….

Sobymykoolkop ·

Praat jy wat miljoene in jou banke wegsteek. So DOM is/ was de Ruyter darem nie. Dankie tog daarvoor

Phillip ·

Wat dom genoeg is om dit in n bank weggesteek en nie in doodnormale mens se denkwyse in n kluis tebere nie gedink hy is vrygespreek van huis roof

Roebs ·

ja en ons is teleurgesteld in jou President want in 30 jaar kan jy nie die land regeer nie onder jou is daar meer armoede, meer werkloosheid , plaasmoorde en alles val uitmekaar. Dalk moet jy eerder na die balk in jou eie oog kyk as die splinter wat die waarheid oopmaak.

Daleen ·

My skamele opinie as Mnr de Ruyter wel al die inligting aan die polisie gegee het was hy nou op dieselfde plek as Babita Deokaran – 6 voet onder die grond want ons almal weet die polisiemag is marionette in hulle verrotte “meesters” (ANC) se hande.

Elize ·

Ag parrapot, hy het dit aangemeld maar is dit onder die mat ingevee. Wat moet hy doen – vir julle prentjies teken of wat? Gaan soek jou comrades wat so lieg en bedrieg dat hulle vir jou kan sê om in die pot kookwater te gaan spring want breindood is julle almal. Andrè wou seker nie middagete koop vir die spul gemors nie dis hoekom niks gedoen is nie. Moet hy dit weer by ondergeskiktes aanmeld want die klomp met al die coke proppies op die skouers stel nie belang nie

Joseph ·

Julle is nou belaglik. Julle almal, jou hele kabinet weet wat aangaan by Eskom maar julle het niks gedoen nie, nou wil julle een persoon beskuldig want hy weet teveel en hy is bereid om te praat. Dit laat julle ongemaklik voel.

Marthinus Johannes ·

Hoe moet hy diegene wat hom daar aangestel het vertrou as hy geen “backup of support” van hulle kry as hy wel by hulle gaan kla nie, en terwyl CR se eie Kabinets lede hom sleg sê.

CHRISTINE ·

Arme Rampmaphosa dat hy nou teleurgesteld is in die een mens wat die waardheid oor die ANC praat. Die hele wereld is teleurgestel, en gewalg, deur hom en die ANC se modus operandi en gevolge. Idioot.

Piet parys ·

Wat se wetstoepassers is betroubaar . Wanneer iemand my probeer vergiftig en bewyse van korrupte polisie sal ek my nie naby n polisie stasie wil begewe nie .. Hy moet n tussenganger kry of skype . Tegnologie is wonderlik…o vergeet as daar krag is . So hoekom het jy nie pala pala se 4 milj dollar aangemeld nie . ….FILEMON….

Di ·

Nou hou Rampie hom onskuldig! Hulle almal is deeglik bewus van al die skelms wat hulle aangestel het om Eskom te “loot” Kan nie glo dat mens so SKYNHEILIG is en kan staan en maak of jy nie bewus was hiervan nie. Die Polisie is nog GROTER skelms en ANC boeties, mens kan NIKS aan hulle rapporteer nie dan word jyself a target om uitgehaal te word

Tokkel ·

Rampie, nou moet jy weet hoe die land in jou en jou regering teleurgesteld is. 40 jaar terug was ons een van die top lande wat energie gegee het en nou val ons land uitmekaar. Kan u my sê wat val nie uitmekaar, hospitale, polisie etc. en u bly net swyg. Ek hoop die mense hou kop met stemdag!

Catherina ·

Ons is dankbaar dat de Ruyter ons, die publiek, die waarheid vertel het. Regering vee alles onder die mat.

bolletjie blom ·

En toe Andre de Ruyter vir die polisie sê hy dink hy is met sianied vergiftig toe vra hulle vir hom of hy sinus het..

Suzette ·

Ek is teleurgesteld in jou ramaphosa – jy het nou veel te sê, maar nog GEEN woord oor die vergiftiging van Mnr de Ruyter nie. Hy het ook nie versuim om korrupsie aan te meld nie, maar ESKOM is so vrot dat die by wie hy dit aanmeld waarskynlik deel is van die hele korrupsie netwerk. En mnr ramaphosa wis van niks. Dink eerder jy is teleurgesteld dat die gifsessie nie die gewenste uitwerking gehad het nie.

Jaco ·

Praat praat praat. Almal praat net. Tog is GEEN name nog genoem nie en André de Ruyter is nou nog nie gedagvaar nie. Oor ‘n maand gaan die hele ding nog steeds net praat praat praat wees, SONDER die verdagte skuldiges se name en SONDER ‘n hofsaak teen De Ruyter. Uiteindelik sal daar van dié drama NIKS kom nie.

Johann ·

Covermaarlekker Sirril. Jy en jou kaders gaan hulle zirre sien met De Ruiter. Hys nie om te koop nie.

skurweberg ·

Hoe kan die president iemand met integriteit kritiseer en teleurgesteld wees in hom. Wat moet ons dan van hom sê?

Jannie van Niekerk ·

Mnr Ramaphosa , dit sou nie help om dit by die wetstoepassers aan te meld nie. Die skelms het dan tot ‘n Brigadier in plek by die mense wat kastig misdaad moet bekamp.

Sê maar net ·

Ek is teleurgesteld in joú, Rhamaposa. Jy faal as president!

Pinoccio ·

Indien jy alles weet, wat gaan jy doen? Absoluut niks! Biljoene was voorheen gespandeer om skuldiges uit te wys en hoeveel is aangekeer? Nie 1 nie, dink hulle het elkeen ’n goue handdruk gekry…

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Ou Prez, as jy maar weet hoe ontsettend ongelukkig en absoluut teleurgesteld ons in jou, jou kabinet en die hele ANC-spul is! Jy het nie ñ idee nie!

Nie Verbaas ·

Siestog Ramaphosa. Asof iemand omgee wat jy dink. Jy was daar toe Zuma en sy maters Eskom verkrag het. Jy was of vas aan die slaap of bewus wat aan die gebeur is sonder om n vinger te verroer. Nou wil jy slagoffer speel jou ruggraatlose jellievis. Die hele Suid Afrika is teleurgesteld in jou lafhartige optrede Ramaphosa.

Nie Verbaas ·

Ramaphosa, jy gryp na grashalmpies. Julle is ontbloot vir wat julle is.

Lillian ·

Ag jy grap seker. Hy het dit Gordhan gesê en dié het niks gedoen daaraan nie, inteendeel julle het hom probeer stilmaak. Ten minste het hy integriteit, wat nie jy of enige van jou “comrades” het nie.

Staal ·

Dit komende van iemand wat so pas bloedneus by die Grondwet Hof gekry het.

Eugene ·

Ramp-phosa. Jy weet nie die betekenis van die woord “telleurgestel”nie. Kyk in n’ spieel Dan sien jy die betekenis.

christo ·

Ramaphosa moet liewer teleurgesteld wees in homself, sy ministers en kaders. Korrupsie word onder die mat ingevee sonder om ‘n oog te knip.

Cobus ·

Sietog president rampokker, miljoene mense is teleurgesteld in jou en wat doen jy daaraan?
Dit is eintlik ‘n kompliment om te weet iemand soos president rampokker is teleur gestel in jou.

Johan Botha ·

Hoekom loop Zuma en Ace en die res nog los? Almal het saam geëet en nou kan hulle nie mekaar beskuldig nie. Hoe betroubaar is die regbank deesdae?

Susanna ·

Lekker lag ek nou.
“Daar sal geen vorm van inmenging, geen vorm van afleiding, versperring of slenters wees nie. [De Ruyter] moet enige ampsmisdrywe waarvan hy bewus is, aanmeld. Dit is die soort instelling wat hy moet vertrou, nes ek; ek het groot vertroue in hulle.”

Wildemien ·

Ag jimmel tog, kan ou grote asb net sharrap. Ons is nou al so moeg vir sy vals deuntjies.

Gerrie ·

Natuurlik sal jy teleurgesteld wees Cyril. Die waarheid maak seer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.