Ramaphosa vergader met Eskom; beurtkrag afgeskaal

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het sy staatsbesoek aan Egipte kortgeknip sodat hy met Eskom kan vergader oor die land se kragkrisis.

Khusela Diko, Ramaphosa se woordvoerder, het gesê die president sal Woensdag met die bestuur en raad van Eskom vergader waartydens hy “ingelig sal word oor die planne om die elektrisiteitskrisis wat die grootste deel van die land raak, te versag en op te los”.

Ramaphosa sal die bedryfsentrum by Eskom se hoofkantoor by Megawatt Park in Johannesburg besoek, het Diko gesê.

Eskom het die afgelope week in ʼn ongekende stap aangekondig dat fase 6-beurtkrag ingestel word. Ramaphosa het Maandagaand gesê Suid-Afrikaners se woede oor beurtkrag is verstaanbaar.

Die presidensie het in ʼn verklaring gesê die voortdurende beurtkrag is vernietigend vir die land, berokken groot skade aan die ekonomie en ontwrig Suid-Afrikaanse burgers se lewens.

John Steenhuisen, DA-leier, het vroeër ʼn beroep op Ramaphosa gedoen om sy staatsbesoek kort te knip en Suid-Afrikaners in sy vertroue te neem en oop kaarte te speel oor wat regtig met die land se kragnetwerk aan die gang is.

“Dit is ongekend dat daar in ʼn maand soos Desember, wanneer aanvraag baie laag is, enigsins beurtkrag is. Dit wek agterdog en laat vrae ontstaan oor wat die president nié die land vertel nie.”

Steenhuisen het ook reeds aan die speaker van die parlement, Thandi Modise, geskryf en gevra dat parlementariërs teruggeroep word sodat die krisis bespreek kan word.

Eskom het intussen Dinsdagaand aangekondig dat beurtkrag van fase vier tot fase twee afgeskaal is. Volgens die kragvoorsiener sal fase twee‑beurtkrag tot 23:00 Woensdagaand toegepas word.

“Ons het goeie vordering gemaak na oorstromings by van ons kragstasies en baie van die kragstasies is weer in bedryf.”

Volgens Eskom bly die moontlikheid van beurtkrag vir die res van die week egter hoog.

“Die noodreaksie-beheersentrum gaan voort om die situasie te monitor en die fokus is daarop om onbeplande onderbrekings na minder as 9 500 MW te verminder om ons in staat te stel om beurtkrag te beperk en teen volgende week af te skaf.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

72 Kommentare

EO ·

Ai ou Cyril, jy moes laaaankal met Eskom vergader het. (AS jy ooit weet hoe om die krisis op te los)

jennefer ·

Waarom het ons hier op platteland dan al vanmore om 03:00 skedule 6, geen krag gehad?? Hoeveel ander ook nog?? Selfs al verklaar Eskom geen loadshedding is hy dalk besig daarmee.

Johan ·

Kan nie glo daar is blankes wat dink ramaphosa se opregte doel is om die land red nie. Hy maak net sy laaste sakke vol goud…

Andre ·

Gratis elektrisiteit aan die buurlande en sekere gebiede in SA, korrupsie, wanbestuur, kaders wie poste vul – dit is die aspekte wat CR moet aanspreek maar wat hy weier om te doen. Hy kan duisende kere met Eskom “vergader” dit gaan niks doen om die probleme op te los nie en dit gaan bly vererger soos ons aanhoudend sien.

Kandas ·

@ Andre… Ja, ons moet onder beurtkrag gebuk gaan, terwyl Eskom Zimbabwe, Lesotho, eSwatini, Namibie, Botswana, Mozambique en Zambie van krag voorsien!! Solank daar ‘n ou geldjie is wat hulle in die sak kan druk, het hulle nie ‘n saak met die ekonomie in SA wat tuimel, of die mense wat daaronder ly nie!!

Marelize ·

Enige bewyse vir jou stellings?

Botswana is besig om te speen van Eskom en sal binnekort glad nie meer van SA af krag kóóp nie. Hier waar ons self in Botswana is kry ons van Namibië af krag en ook daar maak BPC hom los.

HPV ·

Kandas, Suid Arika koop krag van Mosambiek, Cahora Bassa. Ek wonder net of hulle dit betyds betaal.

waarheid ·

Totale pateet!
Eskom koop sub standaard steenkool aan by BEEEEEEEE maatksappye en het dan olie nodig om dit te help brand.
Omdat Eskom nie vir die olie betaal het nie – kry hulle nie meer olie nie – Die bog oor nat steenkool is om net vir ons ‘n rat vooor die oe te draai.
Ramapaddapot gaan niks uitgerig kry nie – want nie een wereker by eskom is sy sout werd nie.
Dit it tot in die grond in vernietig.
Solidariteit sl nou moet begin inspring en ‘n SAL pull.

André André ·

Ek verneem hulle skuld ‘n astronomiese bedrag vir die olie.

Pottie ·

Ek stop my by drae vir solidariteit hulle is soos die ANC praat net en ons betaal vir wat gee my geld vir n kinder huis hulle kan dit beter aan wend

Anoniem ·

Stem saam, Solidariteit moet aansoek doen dat Eskom onder sakeredding geplaas word.

Deloris ·

A. Jy praat so waar ek het gister n band opname ontvang mbt die olie se voorsiening en wan betalings wens Ek kan dit vir jou stuur.

Lee ·

Ja Kandras en ek sien daai lande skuld Eskom R632 miljoen. Sny hulle eerder heeltemal.

Danie Grobler ·

Die groot gemors is evkom wat weier om te betaal vir olie wat gebruik word om die nikswerd steenkool daai ekstra woema te gee. My beskrywing van die wesens in sogenaamde beheer sal my lewenslank in die tronk laat beland.

Pottie ·

En ons blankes is pateties want ons wil en kannie standpunt in neem nie so dan moet ons nie kla nie

Neels ·

Ai mnr die Pres. net toe jy lekker by die egiptenare wou kuier kom die steen fabriek se oproep jy moet dadelik huis oe kom. Sien vir een keer het jy darem vir die DA geluister en toe jy grond vat skrik Eksdom so groot en laat vaar hulle fase 6 loadshedding . Wys jou net bly tuis en hou jou vinger op die bestuur van die land en alles sal reg loop

André André ·

Mnr Ramaphosa ek vertou jy sal na vandag se besoek besef die Eskom bus is sonder remme. Voorspoed, so tussen al die intriges, slaggate en hordes uitdagings wat lê en wag deur! Sedert fase 6-beurtkrag Maandag aangekondig is, sien ek, die verkope van kragopwekkers het die hoogte ingeskiet, hope mense oorweeg sonkrag. Dan lê en grom die ANC regering se NGV voor jou deur en dokters dreig om daaroor oorsee te vlug. Jig, nog mense wat nie gaan bly nie. Dis nog nie eens nuwe jaar nie, maar 2020 gaan ‘n riller wees, ‘n wipwarit wat skrik vir niks, beslis nie vir sissies nie. Maak solank die sitplekgordels vas.

Vra net ·

Goed en wel hy kom praat met hulle.gaan hy di steenkooltjies droog maak nou? Gan hy nou n afdakkie bou?of gan bespreek hy bonuse? Want as da enige proriteite was hier sou dit eerste uitgesorteer word.wat n grap.

James ·

Ek vermoed hulle gaan alles kamstig vir n maand of 2 alles reg he en sjoe prestasie bonusse!! Julle het beurtkrag gestop en dan Maart gaan ons maar terug na fase 20 toe

Sjoe ·

Vra net, Andre en James weet julle dan nie dat Eskom vir die afgelope 2 jaar GEEN Bonusse betal het nie en die Senior bestuurders al vir 2 jaar GEEN salaris verhogings ontvang het nie. Hou op om vals berigte uit te stuur. Probeer eerder die proses rondom die nat kole te verstaan voordat julle jul monde uitspoel, dit was gister op RSG duidelik uitgespel hoe die proses werk. Ek wens ons mense wil hulle eers self ophoogte bring met die feitelike gegewens voor hulle kommentaar probeer lewer. Julle bereik NIKS en maak net GEKKE vanjul self.

koos ·

ESKOM het erken dat daar vir 10 jaar geen onderhoud was nie. Geen masjien kan vir 10 jaar 24 uur per dag 7 dae per week (dit kom neer op 87 600 werksure) werk sonder onderhoud nie. My vraag is dit: Hoe dink ESKOM hulle kan:
1. Daarmee weg kom?
2. Dit weg steek?
3. Gedink daar sal geen gevolge wees nie?
Geen wonder die vorige hoof van ESKOM het na slegs ‘n paar maande “gevulg”.
Hulle dink dat almal in SA seker onosel is of wat? Ek is baie seker dat die regering moes geweet het. Ek sal baie daarvan hou as die waarheid ‘n slag wil uitkom!

Reg ·

Koos, jy is reg en vra die regte vrae. Die feite is dat die Regering en politieke manne in die bedryf van Eskom die afgelope 20 jaar ingemeng heten is daar dus nie behoorlike besigheidsbesluite geneem nie. Ongelukkig moet die paar “committed” werknemers nou as onbevoeg gemerk word en die gelag betaal terwyl hulle hul uiterste beste lewer, baie lang ure werk en nie daarvoor vergoed word nie, geen bonusse ontvang nie en dan nog die verbruiker se frustrasie en beledigings opvreet. Ek dink dit is eerder tyd dat die Afrikaner gaan huiswerk doen presies waaroor alles gaan en kyk waar daar positief tot die probleem bygedra kan word. Enige aap kan kritiek vanuiut sy leunstoel lewer want dan hoef hy niks te doen nie.

Henk ·

My pa het kragstasies gebou en ek het hom verskeie kere daar besoek. Dis die eerste keer in my 50 jarige bestaan dat ek hoor van n kragstasie wat oorstroom. Dalk moet Eskom begin om 1ste graad steenkool en nie steenkoolstof te gebruik nie, dan is die nat steenkool probleem ook opgelos. Sal interessant wees om te hoor wat was die topbestuur van Eksdom se prestasie bonusse vir 2019!

Andre ·

Ek lees pas in die Engelse media dat Zimbabwe nou met die Eskom krisis “24 uur beurtkrag” ingestel het. Eskom kan nie selfs nie meer die lekker gratis (maar waarvoor jy wie hier lees betaal) elektrisiteit aan al die buurlande en selfs Zambië lewer nie. CR moet sy maatjies van al daardie lande kry dat hul almal saam met Eskom vergader. Iemand hier bo het kommentaar gelewer dat CR se vergadering met Eskom seker net met die personeel se bonusse sal handel. Geneig om volkome daarmee saam te stem.

André André ·

Die krag het nou sopas by ons afgegaan, dis nou waaragtag nie meer ‘n grap nie. Daar is nie vasgestelde tye nie, die skedules word nie betyds bekendgemaak nie, so mens kan nie beplan nie. Dis mogge troffe elke dag!!!

Iemand doen iets!!!!!

Dries ·

Nee ANDRE nie iemand doen iets nie ONS moet nou wakker skrik ONS moet by die mense van HONG KONG gaan leer hoe staan mense saam teen n REGERING wat nie ORE het nie

Skedule ·

Daar is vaste skedules op die internet. Kry dit of op Eskom se web of by jou plaaslike munisipaliteit

André André ·

Skedule, nee Nelspruit s’n het eers beskikbaar geraak, na die krag weer aangekom het.

Stephan ·

Eskom lieg vir die publiek, Ramaphosa is kop-in-een-mus met Eskom, en Pravin Gordhan se politieke kop het nou finaal gedraai.
Die beurtkrag is niks ander as ‘n vertoning van politieke magsmisbruik nie. (Verbeel jou! Jou land is in ‘n ekonomiese chaos, en jy as president gaan buiteland (Egipte) toe? Waar lê Ramaphosa se lojaliteit???!!!

Jawellnofine ·

Siestog, die man lyk poegaai. Begin nou amper jammer voel vir hom.

Anti Da ·

Hahaha hy is min gepla. Net n show. Gaan koop maar ekstra kerse.

Maljan ·

Die Egiptenare het vir die padda man gelag en dis hoekom hy teruggekom het. As hulle skuld invorder van munisipaliteite wat nie betaal nie sal hulle eerste graad steenkool kan bekostig. Sny daardie plekke se kragtoevoer totdat hulle betaal het. Verwyder onwettige konneksies. Lewer die krag en diens aan mense wat wel betaal.

shark ·

wys ons net 1 staats beheerende afdeling wat suksesvol en winsgewend is, al wat die ANC kan doen is vergaderings hou en nonsens praat….of n kommissie van ondersoek instel

JT Setter ·

Ek sal my Egipte besoek kortknip vir n besoek aan Turkye , die suide van Frankryk en die kanariese eilande . Hulle kan my mos net skakel en vir my se wat ek moet se .

Bekluit ·

Maak sommer n punt daarvan om ook te sorg dat elkeen in die land sy krag koop of daarvoor betaal. Een kilowatt, een prys. Dis mos hoe demokrasie werk! Viva

DI ·

AG ASB!!! Ek is al so siek sen sat vir die verskonings. Hulle het GEEN IDEE hoe om iets in stand te hou of the bestuur nie en sal ook nooit nie.

CFS ·

@Rympie vir Ramaphosa,baie goed gesê,hulle moet dit vir die kinders in die skole leer.

Strandloper ·

Ek weet wats fout! Ons het dit nog net nie ontdek nie! Die regeering is in state of hibernation wat leewens lank duur.Dit moet hul survival mode wees teen westerse invloede. Dit is die eenigste logiese gevolgtreking.

Tanya ·

Hier is ons “Afrikaners” se probleem, ons oordeel en oordeel en oordeel. Kyk hoe word daar “dood” gespreek oor ons president terwyl ons veronderstel is om lewe te spreek en te bid en bid en bid vir hierdie man wat ons land moet lei.
1 Petrus 2:13-15 Omdat die Here dit wil, moet julle julle onderwerp aan elke menslike owerheid, of dit nou die keiser as hoogste gesag is of die goewerneurs as sy gevolmagtigdes. Dit is die wil van God dat julle deur goed te doen, ‘n einde sal maak aan die kwaad wat mense sonder begrip uit onkunde praat. Vers 17: Julle moet alle mense respekteer en julle medegelowiges liefhê. Vrees God. Eer die keiser.

Werner ·

Tanya die Bybel praat van leiers wat van jou volk is hoor nie enige Jan rap en sy maat nie CR is nie van my volk nie

Cauin ·

Jy bedoel Deuternomium 17 , 14 maar daar is baie wat ons nie doen nie en wat ons doen wat ons nie moet nie . Maar n begin

SjN ·

Wil hul nie tot die besef kom dat hul nie in staat is om die werk te doen nie.

Faan ·

Se maar net- is hierdie verwikkelinge nie dalk om die aandag van die grondonteieningskwessie af te trek nie.

John ·

Klimaatsverandering is deesdae die modewoord vir alles wat verkeerd is. Die oplossing is die ou towerwoord, Sè-saam-è, en die reus vlieg terug uit Egipte, om die grotdeur te laat opskuif. En daar glinster die skatte (skoon gereèn). Skep Eskom skep. SAL kom laai. Bring die paar trokke wat nog nie uitgebrand is nie… Sus waar is nog leè damme, Ou Sassa, jy kan doen met ‘n blink steen aan no 4, ons leerders.. 5G en Gucci….gryp, Ander SOE’s staan nader… moenie skaam wees nie. Kersfees kom… kry groter kouse… Daar is nog baaaie skatte agter in die grot se klip… -deur. 2020 die jaar van die groot G.

Anton ·

Die manne kan nie verstaan hoe om ‘n probleem te identifiseer en op te los nie. Daarvoor is hulle denkvermoë beperk.

Werner ·

Nou hoe gaan n vergadering help om beurtkrag te verminder nog nooit gehoor n mens praat iets reg nie

Pim ·

Hy probeer ten minste. Die vorige president sou nog 2 weke langer weg gegaan het en al sy vrouens en kinders ook gevat het.

skurweberg ·

Die enigste wyse waarop die woede oor die beurtkrag van die burgery (belastingbetalers) afgekoel sal word, is die vervolging en straf van die wat verantwoordelik was vir die toestand waarin ESKOM nou is. Die feit dat die president dit verstaan beteken net mooi niks en is lee woorde. Begin iets konstruktief doen Mnr die President. Belastingbetaler.

OPGEPAK!! ·

Gister 11 ure sonder krag!! Alarm battery..opgepak; Mikrogolf oond moertoe; Elektroniese keh battery opgepak!! Wens ek kon bekostig om ook op te pak!! Die land van ons sal nooit weer herstel na al die bedrog en stelery nie! nET MOOI HERINNERINGE VAN WAT WAS!

Ed ·

Sit as die krag af dis net ons by SAA se belasting geld wat hulle mors,,

gatgogga ·

Ou Cyril is die laaste persoon wat lewe in enige instansie kan inblaas.
En wat betref oop kaarte speel – dit beteken die volle waarheid vertel – ek wonder of Cyril die regte ou is.

Asvaal ·

Iets of iemand moet Eskom hof toe neem. As alle skulde ingevorder word toe Soweto s’n sal hullerima steenkool kan bekostig, elektrisiteit met ten minste 50% sny en nog helse goeie profyt maak. Maar niemand doen dit nie. Nie eers ou gerrie nie.

Eddie ·

Oortuig net oorlede Mantashe dat enige person , sonder lisensie , 15kva krag kan opwek en ESCOM is dan redelik oorbodig !

Strandloper ·

Gebruik “Eskomsepush” app…. dubbel sinnig maar dit werk!

JR Leiden ·

Kyk nou net soveel statiese elektrisiteit . Von Kleist sou beindruk wees met hom .

De Villiers ·

As ek my nie misgis nie, het Ramaphosa net na sy aanstelling as president ook dringend met Eskom vergader nadat beurtkrag skielik ingestel was tot fase 4-beurtkrag. Hy was baie ‘ontsteld’ daaroor en die landsburgers gerus probeer stel en daarna aan almal die versekering gegee dat dinge nou uitgesort is en so iets nie sommer weer die land te beurt sal val nie. En toe ……? Dieselfde ou deuntjie as al sy voorgangers – maak leë beloftes. Ramaphosa is ń vleier, nie ń leier nie. Die hele ANC is so, en skaamteloos daaroor.

Stof ·

Eish! Ek sien hoofsaaklik net doodspraak hierbo. Waar is die lewesprekers?
Eerstehandse ondervinding het geleer dat die tong krag het en as genoeg lewe spreek, Vader Sy hand oopmaak.
En dan op sekulêre noot. As die respondente so dood spreek, lees rolspelers in die bedryf dit ook, en die sadistiese broers onder hulle, geniet dit so dat hulle dalk die ou probleempie langer laat hou omdat hulle sien, hulle kry dit reg om mense te iruteer. As hulle hoop en lewespraak sien, gaan hulle senitiewe sadiatiese sieletjies dit nie kan hanteer nie, en het hulle nie meer die motivering om hulle taktiek te gebruik nie. As hulle sien dat hulle onkruid-saad op harde grond val, gaan hulle opgee en met hete kole op die hoof gelaat word.
Wie speek saam lewe?
Sela.

Johanna ·

Hoeveel ure was die president al sonder krag? In die donker gesit? Kos weggooi wat onbruikbaar raak in yskas en vrieskas. Hoeveel elektriese toebehore het hy al verloor en vervang?

Pottie ·

Tyd dat ons hulle dagvaar vir ons skade al vat dit tien jaar

Thinus Erasmus ·

Om geldige klagtes oor ernstige foute te opper is nie negatief of dood spreek nie. Om jou goedgelowigheid op ander af te dwing sonder dat jy dit met sukses verhale motiveer is, en bly naïef. Julle moet soos die Israeliete nog leer dat hul verlosser hul nie van aardse juk verlos nie, so elkeen en sy naaste moet nogsteeds
self sy aardse lot veg of verdra. Verandering en verbetering kan net plaasvind as jy die hardkoppigge ploeteraars kan op hul knieë dwing en met ‘n skop onder die jack kan regkry of wegkry!

Dis die rede ·

waarom mense daardie spesifieke verbode (k) woord gebruik.

Petrus ·

Om wat te loop maak in Egipte? Die probleme is hier, en Mnr jy kan dit nie oplos nie – die goed is nóóit onderhou nié!

marous ·

Hy moes dalk saam met Tutankamen in die sarkoflaag geklim het . Dis ligter daar binne as hier .

Eddie ·

Dit vat nie ‘n baie inteligente persoon om tussen die lyne te lees dat hierdie hele Escom oefening gaan om druk vir die tariefverhoging waarvoor hulle vra nie !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.