Ramaphosa vertrou OVK, ondanks lek van inligting

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die bekendstelling van die ANC-verkiesingsmanifes by die Moses Mabhida-stadion in Durban (24 Februarie 2024). (Foto: @myanc/Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa het Saterdag gesê hy aanvaar die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se verduideliking dat ʼn “stelselfout” Vrydag tot die uitlek van die ANC en Umkhonto we Sizwe Party (MK) se parlementêre kandidaatslyste gelei het.

Die president het by ʼn ANC-verkiesingsveldtog in Ekurhuleni gesê ondersoeke is reeds onderweg om vas te stel hoe die lyste, waarop kandidate se name en identiteitsnommers verskyn, uitgelek is.

“Hulle [die OVK] het vir ons ʼn verduideliking gegee, en ons is tevrede daarmee. Die lys, wat op ʼn onwettige manier uitgereik is, is ʼn saak waarmee die OVK besig is. Hulle sal deur hul eie prosesse uitvind wie verantwoordelik is, hoe en hoekom dit gebeur het.”

Die Inligtingsreguleerder van Suid-Afrika het intussen ook bevestig dat hy twee kennisgewings van die OVK oor dié aangeleentheid ontvang het.

Die reguleerder sal dié kennisgewings nou in ooreenstemming met die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting no. 4 van 2013 (POPIA) ondersoek. Luidens ʼn verklaring deur die reguleerder het hy die OVK reeds in kennis gestel dat hul kennisgewings nie voldoende besonderhede oor die voorvalle bevat nie, en dus volledige inligting by die OVK versoek.

Die reguleerders soek onder meer die volgende van die OVK:

  • Bewyse dat die OVK ʼn kennisgewing van die sekuriteitskompromis met betrekking tot die ANC se kandidaatslys op sy webwerf gepubliseer het;
  • Dat die OVK die MK-party skriftelik in kennis gestel het van die uitlek van die party se lys;
  • Met betrekking tot beide partye moet die OVK voldoende inligting verskaf om beskermende maatreëls in te stel teen die potensiële gevolge van die voorval – veral wat datarisiko’s betref;
  • Besonderhede oor hoe die ongemagtigde persoon toegang tot die persoonlike inligting van die kandidate verkry het; en
  • Besonderhede oor die tegniese en organisatoriese maatreëls wat die OVK geïmplementeer het om die risiko te verminder dat die geaffekteerde persone se persoonlike inligting onwettig verkry en/of onregmatig verwerk word.

Die gevraagde inligting sal die reguleerder help om te bepaal of die OVK sy verpligtinge as verantwoordelike party ingevolge POPIA nagekom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

JohanR ·

Seker julle vertrou mekaar want die ANC en die OVK is kop in een mis! Se maar vir al die ander partye hou maar die skelm OVK dop.

Pierre ·

Miskien nog gelek deur die ANC om na die verkiesing te se sien ons kan nie die uitslag vertrou nie.

Marous ·

Daar is net een land in Afrika wat regverdige verkiesings hou en dit is Botswana. Die res is korrup .

Mariana ·

Hoe kan ons enigiets vertrou waaraan die ANC gekoppel kan word. Die OVK is ook nie te vertrou nie.

Shakespeare ·

ENIGIETS wat jy vertrou ou beesblaas bejeën ek met veragtelike agterdog.

Anel ·

En nou wil hulle ons laat glo dat die verkiesing regverdig gaan wees? Ons rook nie almal boom nie!!!!!

Griesel ·

Hoekom bekommer almal hulself so as die resultate klaar uitgemaak is? Lethuli Huis, 2e vloer, kamer 213, lesenaar se linker-boonste laai…

skurweberg ·

Hoop daar gaan nog ‘n paar koppe waai. Daar is te veel van hulle., wat besig is om onbeheerbaar te word.

Andre ·

Foreign-funded NGO renews announcement of IEC partnership with foreign tech giants tied to American state security

The Independent Electoral Commission of South Africa (IEC) has decided to welcome American state security into our electoral system.

The IEC has partnered with a disreputable NGO called Real411 with a history of inaccurate reporting, as well as several American tech giants, to help censor “disinformation”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.