Rea Vaya-busbestuurders staak

Foto: @RashadMia187 op Twitter.

Foto: @RashadMia187 op Twitter.

Busbestuurders van Piotrans, wat die Rea Vaya-busdiens in Johannesburg bedryf, staak Dinsdag vir ʼn tweede agtereenvolgende dag.

Dumisani Mntambo, algemene bestuurder van Piotrans, het gesê die bestuurders het hul busse verlaat sonder om ʼn verduideliking te verskaf. “Daar is geen kommunikasie van die bestuurders of van hul vakbond nie,” het hy gesê. “Piotrans sal volgens die maatskappy se beleid met die nodige stappe begin, en tot verder kennisgewing gaan daar nie busdienste beskikbaar wees nie.”

Benny Makgoga, Rea Vaya se woordvoerder, het gesê hy hoop kwessies tussen Piotrans en die busbestuurders sal gou opgelos word. “Ons hoop dat ʼn ooreenkoms vinnig bereik gaan word, maar daar is geen waarborg nie,” het Makgoga gesê.

Pendelaars is versoek om alternatiewe vervoerreëlings te tref.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anton ·

En dan wil die regering hê ek moet van publieke vervoer gebruik maak………………….nee dankie

ladybug ·

Dis nou al die hoeveelste keer, fire die lot en kry mense wat wil werk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.