Reddingswerkers beroof ná hul man oor misdaad waarsku  

Leeukop in Kaapstad. (Foto: Maroela Media)

Drie vrywillige reddingswerkers van Soek-en-redding Suid-Afrika (Sarza) se Kaapse streek is deur ʼn gewapende man beroof nadat hulle ʼn reddingsoperasie op Leeukop uitgevoer het.

Die reddingswerkers het Sondag saam met die Wildernis-soek-en-reddingspan gereageer op ʼn voorval op Leeukop en gehelp om ʼn beseerde stapper by te staan.

Nadat die reddingsoperasie voltooi is, het die vrywilligers omstreeks 20:20 teen die berg af na die parkeerterrein gestap toe hulle ʼn man teëgekom het. Hulle het hom gewaarsku oor die onlangse vlaag misdaadverwante voorvalle in die gebied.

Volgens Sarza het die man hulle bedank vir die inligting en dat hulle reddingswerkers is voordat hy ʼn vuurwapen uitgepluk en hulle beroof het van persoonlike items, insluitend hul rugsakke, selfone en slimhorlosies.

Sarza het gesê hy is diep geskok oor die voorval wat volgens hom die eerste van sy soort is. Hy het die voorval ten sterkste veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Louis ·

Gee die reddingwerkers ook vuurwapens. Dis tyd dat die rowery stopgesit word op leeukop. Met my gaan die boewe hul vasloop. Of sal ek se in n vuurwapen loop vasloop.

Bolandse Nooi ·

Louis, dit is nou te sê jy nie sélf, in jou eie vuurwapen vasloop, wat dalk sekondes voor die insident, van jou geroof is nie.

Kokerboom ·

Misdaad het ‘n betalende professie in SA geword! Sonder enige kwalifikasies!!

Johann ·

Welkom in RamaNOCIO se trotse punt van Afrika waar niks en niemand veilig is nie. Hool van geweld en moord en verwoesting en lieg en bedrieg. Kader Koningkryk

Bolandse Nooi ·

As dit nie so hartseer was nie, kon ek dalk daaroor lag. Die reddingswerkers waarsku hul aanvaller en die misdadiger oor veiligheidsinsidente in die area … en val dan daardie einste aanvaller en misdadiger ten prooi! “ONLY IN SA”!!!!!!!!!!

Tokkel ·

Dit is nou presies wat hierdie straatslapers en bosslapers doen. Geen mens is meer veilig om rond te beweeg nie, Hierdie mense moet van die strate verwyder word en terug gestuur word waar hulle ookal van kom. Die plakkers is die moeilikheid makers in die land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.