Reeksmoordenaar swaar gestraf

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: James Timothy Peters/Pixabay)

Die hooggeregshof in Pretoria het ’n veroordeelde reeksmoordenaar tot ses keer lewenslange tronkstraf en ’n bykomende 192 jaar gevonnis.

Dít volg nadat Wellington Kachidza (28), ’n Zimbabwiese burger, aan 34 verskillende aanklagte skuldig bevind is.

Volgens Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het Kachidza skuldig gepleit op ses aanklagte van moord, drie aanklagte van verkragting, agt aanklagte van ontvoering, agt van afpersing, agt van roof met verswarende omstandighede én dat hy onwettig in die land is.

Die misdade waaraan hy tussen Januarie 2018 en Desember 2019 skuldig bevind is, het in en om Pretoria plaasgevind.

“Hy het dieselfde metode gebruik om mans as slagoffers te lok, onder meer deur hul hulp te vra om ’n voertuig te bestuur.

“Hy sou hulle dan ontvoer en ’n losprys by hul gesinne eis. Nadat hulle hom betaal het, het hy sy slagoffers egter vermoor.”

Kachidza se slagoffers het weens kopbeserings gesterf.

Hy het ook vroueslagoffers gelok deur aan hulle werksgeleenthede te bied. Hy sou hulle dan na ’n veld of bos neem, hulle verkrag, beroof en agterlaat.

Hy is op 15 Januarie 2020 in hegtenis geneem en is later deur DNS-bewyse met die verkragtingsaanklagte verbind.

Hy is sedert sy inhegtenisneming in aanhouding.

Aanklaer adv. Pieter Coetzer het in die hof aangevoer dat Kachidza deur hebsug gemotiveer is om sy oortredings te pleeg.

Daar is ook namens die staat aangevoer dat Kachidza sy slagoffers wreed vermoor het en dat sy optrede ’n ernstige uitwerking op die lewe van die verkragtingslagoffers asook die familielede van die oorledenes gehad het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Niklaas ·

Uiters gevaarlike knaap hierdie. Wonder net hoe lank sal hy uiteindelik agter tralies wees?

Waarnemer ·

En 3mnde later speel speel hy g holf saam met zoempie en schabir en hulle ewe siek en korrupte vriende

Di ·

Daar is nog BAIE van SY soort onwettig in die land, dis hoekom die misdaad so toeneem

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.