Regter Anton van Zyl het Khumbelani Rankentsi skuldig bevind op 12 aanklagte van verkragting, twee aanklagte van roof met verswarende omstandighede en twee aanklagte van aanranding.
Van Zyl het versoek dat ‘n proefbeampte ‘n voorstel moet maak oor die vonnis wat Rankentsi opgelê moet word. Candy Kander, die staatsaanklaer, het gevra dat ‘n professor in sielkunde ‘n onderhoud met Rankentsi moet doen.
Rankentsi is voor die verhoor deur ‘n sielkundige waargeneem en daar is bevind dat hy tussen reg en verkeerd kan onderskei en dat hy geskik is om verhoor te word.
Die misdade is tussen Februarie 2011 en Julie 2013 naby Rankentsi se huis in Pietermaritzburg gepleeg.
Kapt. Elmarie Myburg, ‘n profielsamesteller en forensiese sielkundige, het tydens die verhoor getuig dat Rankentsi se misdadige gedrag uniek is.
Meeste van Rankentsi se slagoffers het op voetpaaie of in die pad geloop voor hy hulle aan die arm of om die nek gegryp het en in die veld ingedwing het. Drie van Rankentsi se slagoffers was nie alleen gewees wanneer hy hulle aangeval het nie maar dit het hom nie afgeskrik nie.
Rankentsi het sy slagoffers beheer deur hulle met ‘n vuurwapen, mes of byl te dreig. Volgens van die slagoffers het Rankentsi meer as een wapen gehad. Hy het gedreig om hulle aan te rand indien hulle skree of nie hulle samewerking gegee het nie.
Rankentsi het na die verkragtings tyd saam met sy slagoffers deurgebring. Volgens Myburgh het hy dit gedoen om verder beheer oor hulle te kry.
Hy is nou 20. Verkragtings het tussen Feb 2011 en Junie 2013 plaasgevind. Maw, hy was tussen 16 en 17 reeds ‘n reeksverkragter…….. Pleks sit hulle hom net uit soos die dier wat hy duidelik is!