Passasiers wat tussen Suid-Afrika en ebola-geteisterde lande in Wes-Afrika wil reis, moet toestemming van die departement van gesondheid versoek, het die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) gesê.
Lees meerAlles vir Vrydag 29 Augustus 2014
Reeksverkragter skuldig bevind
‘n 20-jarige man is Vrydag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg op 12 aanklagte van verkragting skuldig bevind.
Malema gee speaker tot Sondag tyd
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het Baleka Mbete, speaker van die parlement, gewaarsku om teen Sondagmiddag af te sien van haar planne om hom uit die parlement te skors.
Matriekleerlinge skop glo hoenders dood by skool
Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het Hoërskool Mondeor in Johannesburg besoek na berigte dat vyf matriekleerlinge twee hoenders by die skool doodgeskop het.
Foto’s: Vier ‘stropers’ vas; wapen onder voertuig gevind
Vier mans wat glo op pad was om renosters in die Krugerwildtuin te gaan stroop, is in hegtenis geneem nadat ʼn jaggeweer in ʼn plastieksak onder hul voertuig opgespoor is.
Daling in petrolprys aangekondig
Die prys van petrol sal volgende week met 67c per liter daal, het die departement van energie Vrydag aangekondig.
Sneeu oor groot dele van SA
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê sneeu het Vrydag in talle dele van die land voorgekom.
Limpopo-plaasaanval: Vrou met panga aangeval
Sophia Botha (63) word in ʼn hospitaal in Polokwane behandel nadat sy Donderdagaand op ʼn plaas in die Vivo-gebied in Limpopo deur ʼn man met ʼn panga aangeval en beroof is.
Ebola-virus muteer vinnig
Die ebola-virus wat in Wes-Afrika woed en as die ergste uitbreking ooit beskryf word, muteer vinnig en verhoog die noodsaaklikheid om dit vinnig te beperk, aldus nuwe navorsing wat pas in die vaktydskrif, Science, verskyn het.
Wie praat namens die Afrikaanssprekendes?
Na ʼn moeilike politieke vergadering waarin een helfte van die saal hom toegejuig het en die ander helfte hom probeer doodskreeu het, het ʼn politikus sy vergadering soos volg afgesluit: “Aan julle wat my ondersteun, ry veilig huis toe. Aan julle wat van my verskil, wie is ek om te sê hoe julle moet bestuur?”
Klein-Kariba weer oop ná vloedskade
Die ATKV Klein-Kariba-vakansieoord in Bela-Bela, Limpopo, is ná ses maande en miljoene rande se opknappings- en herstelwerk weer gereed om sy deure vir besoekers oop te maak. Die oord moes in Maart sluit nadat twee vloede kort na mekaar die oord getref het. Twee bejaardes is ook tydens die vloede dood.
Woord: twisappel
Waarom noem ons dit ‘n “twisappel” as daar ‘n geskilpunt is? Lees vandag se Taaltoffie om uit te vind van die klomp vroue wat glo oor ‘n appel gestry het.
Daryl Impey vrygespreek op dwelmaanklag
Die Suid-Afrikaanse fietsryheld Daryl Impey is vrygespreek op ʼn aanklag dat hy ʼn verbode middel gebruik het.
Raadslid in hof oor moord op tienerseun
ʼn Raadslid van die Madibeng-munisipaliteit in Noordwes het Donderdag saam met haar seun en nog ʼn verdagte in die Ga-Rankuwa-landdroshof verskyn in verband met die moord op ʼn tienerseun.
Video: AfriForum stel videoveldtog vir moedertaalonderrig bekend
Die burgerregte-organisasie AfriForum het ‘n videoveldtog vir die bevordering van moedertaalonderrig van stapel gestuur.
Jongman vas oor verkragting van Knysna-pensioenaris
ʼn 24-jarige man verskyn Vrydag in die Knysna-landdroshof nadat hy glo vroeër die week ʼn 68-jarige vrou van dié kusdorpie beroof, ontvoer en verkrag het.
Ramaphosa en Boere-Afrikaner Volksraad vergader oor selfbeskikking
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Donderdag met verteenwoordigers van die Boere-Afrikaner Volksraad by die Uniegebou in Pretoria vergader.
Nuwe vrystellings: 29 Augustus 2014
Hier is ‘n aantal nuwe vrystellings wat onlangs tot sekere radiostasis se speel- of trefferslyste toegevoeg is en in aanmerking kom vir Maroela Media se…
Redakteursbrief: “Hy sit my siel in my lyf in trig”
Net sodra jy dink jy kan nie meer nie, dan kan jy nog so ‘n bietjie. Susan Lombaard praat jou bietjie moed in. Al ooit gewonder hoe lyk dit in Maroela se Pretoria-kantoor? Loer gerus na die paar foto’s onderaan die brief.
FM Stereo- Steve Hofmeyr
Dit is vandag Steve Hofmeyr se 50ste verjaardag; hier is sy trefferliedjie FM Stereo.