Die departement van onderwys het die regte van agt meisies, wat uit ʼn skool aan die Oos-Rand geskors is omdat hulle nie rompe wou dra nie, verdedig, het die Saturday Star berig.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "skors"
Kovsie-studente kan glo skade eis ná skorsing
Die twee studente wat vrygespreek is nadat hulle daarvan beskuldig is dat hulle ʼn medestudent op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat aangerand het, kan volgens ʼn regskenner, skade eis van die universiteit.
EFF gee speaker tot Maandag tyd
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) sê hy is bereid om Baleka Mbete, speaker van die parlement, tot Maandag te gee om te reageer op hul eis dat sy moet afsien van haar planne om die party se LP’s uit die parlement te skors.
Malema gee speaker tot Sondag tyd
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het Baleka Mbete, speaker van die parlement, gewaarsku om teen Sondagmiddag af te sien van haar planne om hom uit die parlement te skors.
EFF-LP’s dalk geskors oor ontwrigting in parlement
Baleka Mbete, speaker van die parlement, oorweeg dit om die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) se LP’s te skors nadat hulle verlede Donderdag chaos in die parlement veroorsaak het.
Tshwane-metro wil glo twee hoë’s skors
Die Tshwane-metroraad het aangedui dat hy sy hoof finansiële beampte en strategiese uitvoerende direkteur in die stadsbestuurder se kantoor wil skors, berig die Saturday Citizen.
Phiyega van dwarsboming van die gereg aangekla
Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, is van dwarsboming van die gereg aangekla omdat sy na bewering ʼn senior polisiebeampte in kennis gestel het oor ʼn ondersoek teen hom dat hy vermoedelik omkoopgeld van ʼn krimineel ontvang het.
Video: Laerskoolkind geskors toe hy potlood op maatjie rig
Christopher Marshall (7) van Virginia in Amerika is geskors nadat hy glo “geweerklanke” gemaak het toe hy ʼn potlood op ʼn maat gerig het.