Reën, donderweer op pad

(Foto: Anja van der Merwe, Maroela Media)

Inwoners van die sentrale en oostelike dele van die land kan ʼn nat week verwag met reën- en donderbuie wat tot Sondag voorspel word.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het vir Maandag ʼn oranje vlak 5-waarskuwing vir hewige donderbuie vir die Hoëveld van Mpumalanga uitgereik.

ʼn Geel vlak 2-waarskuwing vir hewige donderbuie is ook uitgereik vir Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, die oostelike dele van die Vrystaat en Noordwes, sowel as die sentrale en noordelike dele van KwaZulu-Natal.

Die weerdiens waarsku dat die swaar reën tot oorstromings van paaie, nedersettings, laagliggende gebiede en brûe kan lei.

Volgens die weerdiens is daar in hierdie gebiede ook die moontlikheid van hael en sterk wind wat voertuie en ander eiendom kan beskadig.

Volgens Lehlohonolo Thobela, ʼn weervoorspeller van die weerdiens, geld dieselfde weerwaarskuwings vir Dinsdag.

“Swaar reën sal na verwagting tot Sondag in groot dele van Gauteng, Mpumalanga, Limpopo, die Vrystaat, Noordwes en KwaZulu-Natal uitsak, met donderbuie en sterk wind wat daarmee gepaard kan gaan,” het Thobela gesê.

Die weerdiens het ook gewaarsku teen die moontlikheid van wegholveldbrande in die noordoostelike dele van die Noord-Kaap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Leana ·

…en donderstorms word ook hierdie week voorspel vir die parlement…

Antie Sarie ·

Dit reen en hael sonder wolke, Hmmmmm, Is dit net waar ek bly? Gisteraand was daar n weerlig skouspel sonder en enkele geluid of druppel

Perdeby ·

Dis nie oppad nie dit is al klaar by ons van gisteraand af al.

Mariana ·

Nee wat daardie reën mis ons elke keer. Ons het dit brood nodig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.