Regering ‘moet oop kaarte speel’ oor Russiese vragskip in Simonstad

Die Russiese vragskip verlaat Simonstad se hawe. (Foto: Verskaf)

Die regering moet verduidelik waarom ʼn Russiese vragskip, wat glo aan sanksies onderhewig is, by Simonstad vasgemeer is.

Die vaartuig het Dinsdag by die vlootbasis aangekom en die DA het in ʼn brief aan die minister van verdediging antwoorde geëis. ‘n Bron het aan Maroela Media gesê die skip het vroeg Vrydagoggend die hawe stil-stil en sonder begeleiding verlaat. Hy is glo uitgesleep deur twee van die vloot se sleepbote.

Kobus Marais, DA-LP en partywoordvoerder oor verdediging, sê dit lyk asof die vaartuig se outomatiese identifikasiestelsel, wat die skip se posisie en ander inligting verskaf, afgeskakel is.

“Die vaartuig moes net soos ander kommersiële vaartuie by die Tafelbaai-hawe vasgemeer het. In plaas daarvan is dit egter toegelaat om by die Simonstad-hawe vas te meer, wat ʼn nasionale sleutelpunt is.

“Bewyse dui daarop dat daar oor die afgelope twee nagte ongewone aktiwiteit in die hawe was met hyskrane wat vrag van die kommersiële vaartuig op vragmotors afgelaai het.”

Marais het min. Thandi Modise en die vloot versoek om oop kaarte te speel oor waarom die vaartuig toegelaat is om by Simonstad vas te meer. “Wat steek die minister weg en hoekom is dit in geheimhouding gehul?”

Die vaartuig, Lady R, is glo van Kameroen na Tanzanië onderweg.

Die departement van verdediging en die vloot het nie reageer op versoeke vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

80 Kommentare

Antie Sarie ·

Hulle moet ook oop kaarte speel oor al die lugverkeer deesdae. Veral oor Centurion? Veral in die nag. Maar dit gaan nooit gebeur nie?

miche ·

Jy is doodreg, Antie Sarie. Ek wonder ook al lankal oor die middernagtelike gewoel van lugverkeer by Waterkloof lughawe. Dit klink soos swaar, groot vliegtuie. Hul gaan seker sê dis…opleiding van personeel, of so iets.

Antie Sarie ·

En dit is nie asof hul daar land of daarvandaan opstyg nie. Is daar dalk iewers n versteekte lughawe wat ons nie van weet nie? Hmmmmmmm

JohanR ·

Antie Sarie is die $$$$$$$$$$$$$ wat daar in die nag land.

KB ·

Hoe kan hierdie regering “oop kaarte” speel?
Hulle lieg só, dat hulle hulself glo.

Michael ·

Eerder Putin as Biden-Rusland nie die probleem die VSA, WEF en WGO is die groot gevaar vir die wereld

Nettie ·

Mense, lees Daniel in die Bybel. Dis al 4 diere wat opstaan uit die see. Hulle het almal ‘n rol om te speel, nie een s’n is goed nie. Dit wat oorbly na die eerste 3, word deur die 4de platgetrap. Dus, die eerste 3 gaan ook net vernietig!

Koen ·

Ramaflop, Bidenplop, Putin en wie nog Hehehehehehe. Nettie hier nie.

Antie Sarie ·

Erger as wat jy dink. Ons word net besig gehou met politiek en loadshedding ens

Waarom ·

Weereens grootskaalse bedrog. Wat die cANCer party mee besig is.

Kweperlat ·

Hoe op dees aarde kan mens enige patriotisme behou wanneer jou regering voortdurend op domastrante wyse en moedswillig die verkeerde bedmaats kies!!

Old no7 ·

Miskien gaan hulle hom gebruik om die 20 buffels te karwei….

Phillip ·

Dan het daai Russiese seiljag ook vasgemeer want as daai skip dit kon doen het die seiljag ook vas gemeer aan ons kus

Prinses Bella ·

Die ANC en hulle “bloedbroer-comrades” is konstant aan die konkel. Dan is daar nog die hand om die blaas verhouding met China ook. Ons moet maar erken, bitter teen ons sin, ons word omhul deur n wolk van kommunistiese aktiwiteite. Moenie verbaas wees as Noord-Korea die ANC se volgende beste tjommie word nie. Ek sal my kop op n blok plaas daar is wapen smokkelary aan die gang. Dit kan die enigste rede wees waarom n russiese skip vraghouers aflaai in geheimhouding. Ons goose is cooked tensy die volgende verkiesing n skoonmaak proses is.

Jaco ·

Onthou net, Rusland is sedert 1991 NIE meer kommunisties nie.

Samuel ·

Hoe gaan ons dit regkry om met die volgende verkiesing die regering skoon te maak? Ons andersdenkendes is té verdeeld.

Jaco ·

Uiters vreemd dat die ANC so min of meer vir Rusland steun. Rusland wil basies die etnies-Russiese dele van die Oekraïne beset en beskerming teen sogenaamde slegte behandeling vanaf die Oekraïne.
Draai dié situasie nou om en pas dit op SA toe: ‘n ander land val SA aan om ‘n einde te maak aan die onderdrukking van wit mense en kleurlinge in die Wes-Kaap.
Die ANC is vol dubbele standaarde: blykbaar is Rusland se “beskerming” van Russe in die Oekraïne reg. Blykbaar is die skep van ‘n Palestynse staat reg. Blykbaar is die outonomie wat China (nogal groot pel van die ANC) aan Hong Kong en Macao gee ook reg. Net wit mense/nie-ANC-mense in die Wes-Kaap wat vra vir outonomie/selfregering is egter verkeerd, rassisties en “vol apartheid”.

Andre ·

Rusland is besig om die orde te probeer bring na die westerse verval wat daar geskep is.

Samuel ·

Alles wat die SA-regering aanpak is in duisternis gehul. Hulle is ‘n spul kulkunstenaars.

Manie ·

Die ANC regering en oop kaarte speel hoort nie in dieselfde sin nie. Volgens die berig word goedere afgelaai, nie opgelaai nie. Kry ‘n nuuskierige verslaggewer om die vragmotors se beweging dop te hou en kyk of hulle die basis verlaat en waarheen hulle ry.

Lourens CFG ·

Daar was op en afgelaai.
Alles was met gewapende eskort begelei.
Iemand wat foto’s geneem het, was deur Simonstad se strate deur hulle gejaag (het weg gekom darem)

miche ·

Manie, hul moet liefs Waterkloof Lughawe ook fyn dophou. Baie aktiwiteit daar, veral snags tussen 12 en 3 soggens…

Suzette ·

Hierdie regering is heeltyd besig met onderduimshede – dit ten koste van wetsgehoorsame burgers in hierdie land.

Owlie ·

Groot vraag is wat is vsn die skip af grlaai, waarheen is dit geneem, waarom, wie is almal verantwoordelik en betrokke by net nog n stukkie korrupsie????????
Wat word hier beplan?????????

Vernon ·

Rusland is hulle “struggle” boeties. Hulle skuld hulle.

piet ·

Berg van ‘n molshoop. Ek het gelees dat die skip ‘n “distress call” uitgestuur het in welke geval die skip gehelp moet word volgens internasionale protokol. Die vlootbasis gaan in elk geval vandag ‘n verklaring uitreik.

Frank ·

Distress call en goedere van skip op vragmotors laai rym nie mooi nie

piet ·

Vrag moet dalk verwyder word omdat die skip water inneem (vandaar die distress call)?

Di ·

“distress call” net ‘n verskoning om kamstige rede te verskaf hoekom hulle toeglaat is. Die skelms wat die land regeer ken elke trick in die boek as dit kom by skelmstreke. Kyk maar wat het met die Guptas se landingstorie gebeur – STAATSKAPING

Gert ·

In daardie geval sal niemand weer met Suid Afrika moet besigheid doen nie!

Leana ·

Ek dink regtig daar is erger dinge in die land wat aandag nodig het as om te “worry” oor ‘n Russiese skip in een van ons hawens.

Piet parys ·

So waar is ons ondersoekende joernaliste . Wonder waar is die ??? Goedjies???? Wat afgelaai is heen en wat is dit . N Paar milj Roebels en n groot rusbank dalk of AK 47 s . DONKER WERK IS KONKEL WERK .

Henk ·

Die DA maak hulself irrelevant as hulle so oor alles kla. Onthou BRICS bestaan nog.

Jaco ·

As SA en Rusland dan sulke dik vriende is, dan kan Rusland mos goedkoop diesel en petrol na SA toe uitvoer. Rusland het kernkrag en kernwapens al vir dekades. Rusland kan maklik Koeberg kernkragstasie regmaak. Vreemd dat Cyril nie in Rusland gaan hulp vra het nie, maar by die Verenigde Koninkryk.

Andre ·

Hy soek dalk geld, nie hulp nie. En diesel van hulle sorg vir goeie winste.

Duck ·

Los die mense uit, dis diesel vir Eskom wat hul aflaai om loadshedding te verlig. Ons het dit nodig

Jaco ·

Wanneer gaan dié nonsens kommentare dat Rusland kommunisties is nou endkry? Kommunisme het einde 1991 tot ‘n einde gekom in Rusland. Toe het die kommunistiese Sowjetunie, waarvan Rusland die grootste deelstaat was, ook ontbind. Die Russiese Kommunistiese Party is ‘n opposisie party in die Russiese parlement. Dit regeer nie Rusland nie. Putin was in die KGB in die 1980’s en hy was wel toe kommunisties, maar hy het ook verander. Hy het selfs later by die Russies Ortodokse Kerk aangesluit – VER verwyder van die ateïsme wat die kommuniste verkondig. Rusland het vandag ‘n vrye kapitalistiese ekonomie wat selfs miljoenêrs oplewer. Kan maroelamedia.co.za asseblief ietsplaas oor Rusland wat nie meer kommunisties is nie?

Anonymouse ·

Rusland is ‘n Totalitêre Regering. Verkiesing daar is net vir “show”

Treurwilger ·

Werklik oningeligte kommentare a.g.v. foutiewe eensydige bronne.
M. a .w. die honderde internasionale firmas, kettingwinkels ens. wat inderhaas onttrek het toe oorlog uitbreek, het almal in ‘n kommunistiese land florerende sake bedryf.

Nettie ·

Hulle het iets afgelaai? In die middel van die nag?
Dit is HOOGS kommerwekkend.

Gideon ·

Laat my dink……………………The Great Escape…………

JohanR ·

As dit 1939 was sou hierdie ANC regering Adolf Hitler laat land het in Simonstad!

Antie Sarie ·

Nee hulle sou nie. Hulle was dan deel van die vervolgdes.

Danie ·

Ek weet nou hoekom dra party mense donker brille.Dit is dat mense wat na jou soek jou nie herken nie.Tweedens dat jy nie kan sien wat in die land aangaan nie.Dan glo ek jy is ook maar net soos die kaders wat oogklappe dra sien en hoor net wat jy wil kommunis.

Hennie ·

Die hele spul ANC gepeupel is korrup! Vrot tot op die been!

Frank John ·

Hoekom oop kaarte speel, dit is oop, ons is mos bondgenote????!!!!

Papsak ·

HIERDIE REGERING LIEG SO VIR HULLE SELF HOEKOM SAL HULLE SE WAT DAAI SKIP HIER SOEK BLA BLA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.