Regering moet ‘SA eerste stel’ by Brics-beraad

Die Brics-lande se vlae. (Foto: Pixabay)

Die Brics-beraad is die ideale geleentheid vir Suid-Afrika om bande te bou met die Ooste, maar terselfdertyd mag dit nie bestaande verhoudings met die Weste versuur nie.

Só waarsku Busisiwe Mavuso, uitvoerende hoof van Business Leadership South Africa (BLSA), wat meen die regering moet nou, meer as ooit, “Suid-Afrika se belange eerste stel”.

“Hoewel die geleenthede in die Ooste duidelik is, is ons handelsverhoudinge met die Weste noodsaaklik vir ons ekonomiese welstand,” sê sy.

“Ongelukkig blyk dit nie duidelik te wees vir diegene wat ons [land] verteenwoordig nie.”

Volgens Mavuso was sy “uit die veld geslaan” toe sy verlede week na Nkosazana Dlamini-Zuma, minister in die presidensie verantwoordelik vir vroue, jeugdiges en mense met gestremdhede, se toespraak tydens die Brics- jeugberaad geluister het.

“Eerder as om te konsentreer op die geleenthede wat Suid-Afrika se verhouding met Brics bied, het haar toespraak gewentel om Brics wat gebruik kan word om ‘die ondergang van ʼn onregverdige imperialistiese wêreldorde’ te versnel,” sê sy.

“Die toespraak was swaar op retoriek wat Brics voorgestel het as ʼn mededingende pool teen die Weste, eerder as ʼn genootskap wat ontwerp is om die ontwikkeling en samewerking van sy lede te bevorder.”

Dlamini-Zuma het in dieselfde toespraak gekla oor diegene wat verkies dat Suid-Afrika grondstowwe eerder as vervaardigde goedere die wêreld instuur.

“Sy het nie ʼn oomblik geneem ​​om te oorweeg dat ons verhoudings met Indië en China oorweldigend gekenmerk word deur Suid-Afrika wat grondstowwe uitvoer en vervaardigde goedere invoer nie.

“Sy het ook geïgnoreer dat dit Europa en die Verenigde State is wat verreweg die meeste van ons vervaardigde goedere invoer, onder meer voertuie en masjinerie wat hier vervaardig word, die soort goedere wat nywerheidsbedrywighede aandryf en meer waarde tot ons ekonomie toevoeg.”

Mavuso sê Suid-Afrika moet die vervaardigingsbasis gebruik wat deur Westerse handel ondersteun word om “ons mededingendheid te verbeter sodat ons ʼn vastrapplek in Asiatiese markte vir ons vervaardigde goedere kan kry”.

“Reuseskade sal aan ons nywerheidsmark aangerig word as ons die handelsverhoudinge wat dit tans onderhou – sonder enige mededingende toegang tot nuwe handelsmarkte – in duie laat stort.

“Maar ons moet realisties wees oor ons benadering tot daardie geleenthede, veral met China, wat duidelik ʼn aptyt vir minerale hulpbronne het, maar hoogs mededingende vervaardigingsvermoë het waarmee SA moeilik sal kan meeding.

“China stel daarin belang om toegang tot ons grondstowwe te behou, maar ons fokus moet daarop wees om die geleentheid te skep vir die uitvoer van waardetoegevoegde goedere en dienste.”

Mavuso het ʼn beroep op die regering gedoen om Suid-Afrika se belange “strategies” by die beraad te verteenwoordig en die beraad te benader met “ʼn duidelike siening oor wat ons sal baat”.

“Ons moet Brics aanbied as ʼn geleentheid om die ekonomiese ontwikkeling van sy lidlande aan te dryf, wat die Weste en die res van Suid-Afrika se vennote positief sal ervaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Suzette ·

anc is nie in staat om belange van die land eerste te plaas nie – hulle kom altyd eerste…… oor en oor bewys.

HPJ ·

BRICS is die toekoms Die Weste met hulle verotte morele waardes se tyd is verby Die Weste is meer behep met LBTQ as wat hulle op vooruit gaan vestig Binne die volgense 10 jaar gaan die Weste irrelevant weesIn SA is dit net die DA ,sy bondgenore en die DA se getrou media wat nog aan die Weste klou

Gaitsigubib ·

Ek is geneig om met jou saam te stem, want die EU het reeds erg uitgerafel met Britanje wat wil “Brixit”. Spanje en Italie wat bankrot is en nou is Duitsland amptelik in n resessie. Ek praat nie eens van die immigrate probleme nie. In die VSA is 4844 banke waarvan meer as 2000 tegnies insolvent is. Mr Winde van die DA skaar hom mos by die weste, so ek kan nie sien waarom dit as onakuraat beskou sou word nie. Dalk wil die afmerkers ons na iets verwys waarvan ons nie bewus is nie…

Amelia ·

Die anc gee nie om nie want hul seker al klaar in ander lande behuising geld in die bank ens so dink net aan hul self en vergeet van die wat hier eendag gaan agter bly as hul niks in stand kan hou vir diee land nie hoekom sal hul enige iets anders goed doen

Marius ·

Die regering sal hulself eerste stel en dan die res. Dit is hoekom hulle in R380 mil se huise bly en siviele mense aanrand op die N1. Bewys my verkeerd ??

annie ·

Wie praat namens SA? Die wit Engelse het die Afrikaners beswadder sedert 1952+ en doen dit steeds. Die VSA, Europa en Brittanje het zero vir SA gedoen tot nou toe. Kruip by hulle? Ons lê in die gutter en hulle sal julle kom uithaal. Hoe pateties tog.

Papsak ·

Ja ek stem ANC sal nooit SAeerste stel nie hulle kom eerste so sal hulle alles laat weg vat uit SA uit

Reinald ·

Give her a Bells! Jammer sy kan nie met haar benadering ons land verteenwoordig nie!

Republikein in die Wes Kaap ·

BRICS is die toekoms, maar ek steun wie ook al ons vryheidstryd hieronder help bewerkstellig. Indien SA skeur oor BRICS moet dit maar gebeur.

JohanR ·

Kyk uit vir Poetin. Hy sal daar onder een van die tafels wegkruip, uitspring, gou gesels en dan sal die blou ligte hom Ysterplaat to jaag en land uit.

Jaco ·

Ek wil weer ‘n beroep op SA regering doen om Rusland te vra vir vergoeding vir al SA se stilswyende “steun” vir Rusland se oorlog teen die Oekraïne. Wat van goedkoper Russiese petrol en tegniese Russiese hulp om Eskom weer reg te kry?

Antoinette ·

Ek hoop hulle “strategies” plan misluk. Hulle wil “ʼn duidelike siening oor wat ons sal baat” op die tafel lê. Hulle plan is net om die ANC te baat. Ek bid die Here om die ander by die Beraad se oë oop te maak sodat die waarheid sal seevier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.