Regering se dispuut oor sitrusuitvoere verwelkom

(Foto: Susbany, Pixabay)

Die DA het die regering se dispuut oor die nuwe regulasies oor die kouebehandeling wat sitrusuitvoere uit Suid-Afrika bedreig, verwelkom.

Die Europese Unie (EU) se staande komitee vir plante, diereprodukte, voedsel en voer (Scopaff) het in Junie besluit om kouebehandeling vir lemoene wat na die streek uitgevoer word, af te dwing. Dit is glo in ʼn poging om vals kodlingmot hok te slaan.

“Hierdie besluit kan ingrypende gevolge vir die bedryf inhou en indien dit onbetwis gelaat word, kan dit tot die verlies van talle werksgeleenthede en inkomste lei,” sê Mat Cuthbert, die DA se woordvoerder oor handel, nywerheid en mededinging.

Die regering het verlede week aangekondig dat hy ʼn dispuut by die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) verklaar en het gevra vir verdere konsultasie oor die regulasies. Dit nadat rolspelers in die bedryf die regering al geruime tyd vra om in te gryp voor die uitwerking van die regulasies onomkeerbaar is.

Hoewel Suid-Afrika al jare lank ʼn wedersydse voordelige handelsverhouding met die EU geniet, is sitrusuitvoere voortdurend ʼn twispunt. Die plaaslike bedryf voer aan dat die kouebehandeling wat ingevolge die nuwe regulasies voorgeskryf word, teenstrydig is met wetenskaplike bewyse.

Desnieteenstaande bly die streek Suid-Afrika se grootste handelsvennoot.

“Hoewel hierdie kwessie nie in sy geheel gepak is sedert dit die eerste keer sowat tien jaar gelede opgeduik het nie, is ons nietemin beïndruk met die vinnige stappe wat teen die nuwe regulasies gedoen is,” sê Cuthbert.

“Ons sal die WHO se prosesse noukeurig dophou en sien uit na ʼn objektiewe en wetenskaplik geronde uitkoms wat regverdig in werking gestel sal word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

VaalDonkie ·

Laat hulle maar skeerbuik kry. Ons sal ons sitrus aan BRICS en die res van die wereld verkoop. (ek praat sommer net. Ek boer nie).

Jacqueline ·

Julle het groot gelyk. Ek ben Nederlandse en hoor by die “Europese Unie”. Ek skaam my diep vir al die belachelyke reeels die versneld doorgevoerd word, waarvan heel die wereld de dupe is. Ekskuus vir my slecht Suid Afrikaans skrywe ek hoop jy kan my begryp.

VaalDonkie ·

Ek verstaan jou goed. Dis altyd lekker om met my suster-taal te kommunikeer!

Ek ondersteun julle boere. Ons is baie dieselfde, al is ons al 200 jaar hier in Suid-Afrika.

Albertus ·

Ons sit hierdie in die hand van Almagtige God, sort U hulle uit, in Jesus naam vra ons dit.

Johann101 ·

Die besluit is ‘n aanval op ons boerderyberyf… en om ons boere op hul knieë te dwing…
So sal daar meer aanslae op ons boere wees…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.