Regering trek drie ordebenoemings sonder rede terug         

Freek Robinson. (Foto: Verskaf)

Die veteraanjoernalis en TV-persoonlikheid Freek Robinson is een van drie mense wat Vrydag ʼn nasionale orde van pres. Cyril Ramaphosa sou ontvang – maar toe sonder enige verduideliking moes hoor dat sy benoeming teruggetrek is.

Mike Horne, avonturier en motiveringspreker, en Duma Ndlovu, rolprentmaker en vervaardiger, se benoemings is ook teruggetrek.

Robinson het Maandag aan Maroela Media gesê hy het die benoeming as ʼn baie groot eer beskou en was eintlik uit die veld geslaan toe hy sowat  ʼn week gelede deur iemand van die presidensie meegedeel is dat hy dié hoogste nasionale eerbewys sou ontvang.

Dit was immers sy persepsie dat hierdie toekenning net aan diegene gegee word wat deel was van die vryheidstryd.

“Ek het nogal gedink en vir my vrou gesê dit voel vir my na ʼn baie goeie manier waarop ek nou aan die einde van my loopbaan erkenning kan kry. Dit sou dit baie mooi afgerond het,” het hy gesê.

Robinson sou die orde van Ikhamanga in silwer vir sy bydrae tot joernalistiek ontvang het.

Hy het egter Sondag ʼn e-pos ontvang waarin gesê word dat Ramaphosa besluit het om sy benoeming terug te trek. Geen rede is verskaf nie en Robinson het ook nie terugvoer ontvang nadat hy vir ʼn verklaring oor die besluit gevra het nie.

Vincent Magwenya, Ramaphosa se woordvoerder, het by navraag aan Maroela Media gesê die “benoemings is weens besware en verdere hersiening teruggetrek”.

“Benoemings kan teruggetrek of uitgestel word. Die presidensie sal geen besonderhede omtrent die terugtrekkings bespreek nie.”

Robinson sê hy kan maar net raai waarom sy benoeming teruggetrek is, onder meer omdat hy tydens die apartheidsjare vir die SAUK gewerk het.

Hy meen hy was dalk nie deel van die vryheidstryd in die land nie, maar het op sy manier en met sy eie stryd probeer om ʼn beter samelewing in Suid-Afrika te help bou.

“Dit is jammer dat hierdie ding nou so uitgedraai het. Ek dink dit doen nou meer skade as wat hulle my eerder van die begin af nie oorweeg het nie. Ek het nie aansoek gedoen nie, dit [die benoeming] is aan my gegee, en toe sonder verduideliking teruggevat.”

Oor Horne het Robinson gesê hy “is ʼn fantastiese ou” wat dit sy missie in die lewe gemaak het om kinders van alle rasse met noodsaaklike vaardighede op te lei.

Hy vermoed Horne se benoeming is dalk teruggetrek omdat hy gedurende die apartheidsjare vir die weermag gewerk het.

Robinson sê ʼn mens sou verwag dat die regering ten minste redes vir hul besluit sou verskaf. Hy dink egter hulle is te verleë om te sê wat die werklike rede is. Dit lyk ook vir Robinson of daar mense buite die regering is wat insae oor hierdie toekennings lewer.

“Ek hoop nie dit sal lei tot verdere versuurde verhoudings tussen wit mense, Afrikaanse mense, die regering en ook swart mense nie,” het Robinson gesê.

Die nasionale ordes is die hoogste erkenning wat die land kan gee aan Suid-Afrikaners sowel as buitelanders wat ʼn merkwaardige bydrae tot die samelewing en demokrasie gelewer het.

Ander benoemdes wat Vrydag hierdie eerbewys sal ontvang is die Springbokkaptein Siya Kolisi,  Desiree Ellis, Banyana Banyana se afrigter, die Amerikaanse sangeres Tracey Chapman, die filantroop Cornelius Ruald Strydom en die aktivis, wyle Ethel de Keyser, vir haar bydrae tot die vryheidstryd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Roek ·

Ja Freek nou voel jy soos oom Jaap toe jy hom so probeer vermiel het met jou onderhoud ten gunste van die Natte!

Mariana ·

Jammer Freek, dis hoe hulle dit doen. Gee liewer vir uitlander die toekenning. Dis hoe hulle rol.

Henk ·

Is die witmense nog deel van hierdie land,of is ons nie welkom nie ?

Republikein in die Wes Kaap ·

Wittes besef nou stadigaan wat gaan aan.

TruthDealer ·

Ons is goed vir belasting betaal en “our people” te help wanneer hulle hulp nodig het en om werk te verskaf. Verder sien hulle ons as 4de klas landsburgers.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

….net jou belasting is vir hulle belangrik! Verder is die witman
“nowhere” in hierdie geknelde land.

Harley Davidson ·

Hierdie regime het geen eer of ordentlikheid nie.

Nicky ·

As hulle jou iets wil gee se eerder NEE DANKIE HOU DIT MAAR

Herman L ·

Witmense is natuurlik welkom in SA, want hulle betaal belasting en hulle kan verneder word wanneer dit die kaders pas. Die wiel draai al is dit baie stadig.

Blikkies ·

Ag nee wat, ek persoonlik dink nie so n tipe benoeming of eerbewys is vir sy spesifieke rede van enige belang nie. Kan hulle nou nie maar oor hulle amper 30 jaar kom nie.

Oosieoos ·

Vir my sal dit a oneer wees as die regering my vir iets benoem soek niks van hulle nie ek het my trots

melaney ·

Die gesegde “You scratch my back, I’ll scratch yours” werk nie soos jy gedink het nie Freek.

Kokerboom ·

Is dit nog ‘n eer om enige toekenning van die ANC regime te ontvang?!!

Hannes ·

Die ANC sal nooit my stem kry nie, maar ek hoop dat hierdie diskriminasie teen blankes hulle nog BAIE stemme sal kos in 2024.

Pietertjie ·

Freek, jy hét erkenning gekry, op ‘n tipiese ANC manier. Ek het dieselfde tipe erkenning gekry ná 41 jaar ononderbroke diens.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

….verhoudings lankal versuur! Laat hulle maar hulle toekennings druk waar die son nie skyn nie. Ek sou in elk geval niks van hierdie rassistiese en korrupte magshebbers wou ontvang nie. Ek sou te skaam kry om enigsins met hierdie regering op watter manier ookal, geassosieer te wil word.

Jr ·

Ja nee jou vryheids geveg eindig met n blaps nê. Met liefde van daai wat u “geveg” het. Ja nee swaer. Can of the best. Ag shame

Cherokee ·

Net soos met daai dogtertjie wat weggeraak het in Portugal. Van die ou het die media ook net een foto.

Papsak ·

Ten eerste kyk na jou vel kleur ten tweedens kyk of jy nog deel is van SA soos jy weet uitlanders sal dit eerder kry as jy so jammer ne

AH ·

Hoekom Tracy Chapman? Wat het sy met SA te doen? Freek jy weet mos hoekom dit terug getrek is. Jy hoef net in die spieël te kyk om te weet waaroor dit gaan….

Santjie van Soendal ·

Ek beskou geen toekenning vd ANC Aoartheidsregering óf Ramaphosa as n eer nie…..Hulle is in hulle grein verfoeilik en korrup.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.