Regering verleng ramptoestand

Foto: SAPD/Facebook

Die regering het Donderdag tydens ʼn spesiale kabinetsvergadering besluit om die nasionale ramptoestand met een maand te verleng tot 15 Julie.

Woordvoerder Jackson Mthembu het gesê Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering, het die versoek ingedien en die kabinet het dit goedgekeur.

ʼn Nasionale ramptoestand kan, volgens wet, vir ʼn periode van drie maande afgekondig word en vir nog ʼn maand hernu word indien nodig. Pres. Cyril Ramaphosa het op 18 Maart ʼn nasionale ramptoestand afgekondig in reaksie op die Covid-19-pandemie.

Maroela Media het vroeër berig ʼn besluit is ook tydens die kabinetsvergadering geneem om te appelleer teen ʼn uitspraak in die Pretoriase hooggeregshof dat die afsonderingsregulasies “ongeldig en onwettig” is.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Burgermeester ·

Die regering het nog tyd nodig om die staatskoffers te plunder onder die dekmantel van Covid-19.

Fedup ·

headscarf us playing with fire.
Be very carefull, you might think you have the upperhand. Surprises can be shocking.

JohanR ·

Die word haat is soe ‘n sterk word, en soe ‘n verkeerde word, maar dit pas nou President Nkosazana Dlamini-Zuma soos ‘n handskoen. Kry sy alles wat sy voor vra? Wens Cyril Ramaphosa wil soe bietjie wind in sy broek kry? Die meer hofsake wat die lot verloor, die meer harde gat en beneuk sal hulle raak. Lankal nie meer oor Covid-19 nie, maar ‘n magspel, en ‘n ydel speelitjie.

msp ·

Die grondwet het sy alie gesien. Ek luister glad nie meer na ramaposa se toesprake nie want president dlamini zuma / cele verander alles wat ramaposa gesê het. Ek weet regtig nie meer wat wetting of onwettig is nie. Sal maar hoop dat Afriform/DA/ VF Plus, en Solidariteit ons op hoogte sal hou. Ek glo nie ek was al ooit so verward in my lewe nie. Ek weet nie eers watter vuurwapens onwettig is nie. Om die waarheid te sê weet ek vir die eerstekeer in my lewe as ń Suid Afrikaanse burger niks.

Frank ·

Apartheid gaan nou hopelik nie meer die skuld kry vir alles nie, maar Covid.

Jacobus ·

Gister gesê. Meer tyd om die laaste geldjies by te kom. En die ou mensies moet deur die nag in rye slaap om pensieon te kry. Krummels wat die kabaal uitstrooi vir minderes. Ek sidder.

Frikkels ·

Kommunisme in sy suiwerste vorm! Die burgers sit hulle teë, en moet gestraf word. Ons het meer moeilikheid as wat ons besef. Tyd dat die regte mense leiding vat en die land op sy kop draai.

PieterP ·

Hulle verstaan nie howe nie, hulle verstaan net dat mense ongelukkig is as goed brand. Ongelukkig is dit die waarheid

Johanncb ·

Hierdie is ‘n terugslag op alle vlakke van die lewe en samelewing!

Charmain ·

Wat is die impak van die verlenging op die hofbevel dat die lockdown regulasies binne 14 dae hersien moet word?

Johanncb ·

Dit beteken Grendelgreep mag vir twee weke voortgaan soos dit staan voordat die hofbevel ongeldig verklaar kan word. Die nuwe datum van 15 Julie is dus heel wettig!

Botterblommetjie ·

….dit wat die regering nou doen…. hulle sal ons wys (die impak)…. as ons die kant toe skuif skop hulle ons pion… as ons daardie kant toe skuif skop hulle hom nog verder….

Boortor ·

Mense asb!! Hierdie inperking gaan nog maande duur. Die narre het nog baie werk voor hulle finale plan afgehandel is. Raak maar gewoond aan dit. Ons laat hulle begaan so ons moenie kla nie. En ja ons kan wel iets daaraan doen. Wit, swart,geel en pienk, as ons net wil saamwerk. Maar dit sal nie gebeur nie.

Sarel ·

Watter Rwgering het ‘n Minister wT vir die Staatshoof opdrag gee

Alleen Wolf ·

Dit gaan nog lank aanhou as ons nie ernstig begin optree om hulle uit die kussings te lig nie

marius ·

Die president het gepraat en toe val almal voor haar neer .

Alleen Wolf ·

Hulle gaan die ramptoestand uitrek tot in lengte van dae en hulle die ANC se doel bereik het.

ZeldA ·

Moes sy nie al op ouderdomspensioen gewees het nie?… vra maar net

Michael ·

Ek stem saam as die mnd om is op 15 julie dan wag hul net n week dan gaan hul weer van vooraf begin want daar is nie n wet wat dit vebied nie en nie eens n hof kan hul stuit want hul oortree nie.

MakersMark ·

Die feit dat die cANCer aan bewind is, is ‘n nasionale ramp in elk geval so verleng die ramptoestand solank die cANCer aan bewind is. Covid se verwoesting is niks in vergeleke met wat hul reggekry het in 26 jr nie.

Johan ·

Heelaas,niks is rêrig ‘reggekry’ nie,nie in 26 jaar nie,nie in ń 100 jaar nie.

Alida ·

Ek sien elders van al die motorongelukke en talle mense sterf en dit te wyte aan drank!!!. Sigarette maak jou nie dronk nie kopdoek. Kry dit in jou toegedraaide kop.

Johan ·

Alkohol,nikotien en al die ander psigo en mindset uppers en downers dwelms,is SA se primêre krisis,behalwe nou die bedrog en diefstal wat ons bankrot maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.