Regering vra Solidariteit se hulp met Eskom-krisis

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. (Foto: Solidariteit/Facebook)

Solidariteit het Dinsdag ʼn brief van Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, ontvang waarin hy Solidariteit vra om met vaardighede te help om die Eskom-krisis in die land te takel.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê die vakbond het name van honderde kundiges wat hand opgesteek het om te help.

“Ons sal help as Eskom en die regering werklik gereed is om hulp te ontvang,” het Hermann Dinsdag op sy Facebook-blad geskryf. Hy het ook ʼn gedeelte van die brief gepubliseer.

In dié brief bedank Gordhan Solidariteit vir sy aanbod in Mei om te help om broodnodige tegniese en ingenieursvaardighede te verskaf om Eskom met sy opwekkingsuitdagings te help.

“Die tipe ingenieurs- en tegniese vaardighede wat Eskom benodig is kragstasieingenieurs (meganies, elektries, kern, stelsel en onderhoud), senior ambagsmanne en aanlegoperateurs (steenkool- en kernaanlegte),” lui die brief.

Die brief van Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, aan dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

Die minister vra Solidariteit om, gegewe die dringendheid van die situasie, die lys van kundiges aan die regering te verskaf wat by Eskom ontplooi kan word.

Honderde sosialemediagebruikers het op Hermann se plasing gereageer.

“Goeie gebaar van die minister, gryp asseblief die geleentheid aan. Daardeur sal nog sulke geleenthede na vore kom. Wees die reddingsboei,” het Leon van Vuuren geskryf.

Anél van Rooyen Coomans het gevra of Solidariteit nie maar die land kan regeer nie.

“Hierdie is die beste nuus in ʼn lang tyd. Ek vertrou alles kan enduit klopdisselboom loop en dat daar lig aan die einde van die toneel is,” het Isabelle Rousseau gesê.

Tessa van der Walt sê “erkenning is die begin van genesing”.

Sommige gebruikers was egter skepties en het gesê dat duidelike diensooreenkomste aangegaan sal moet word om onregverdigheid te voorkom.

Ander het ook versoek dat kundiges aangestel word om die grootskaalse korrupsie in Eskom uit te roei.

Maroela Media het vroeër berig dat Solidariteit die afgelope twee weke oorval is deur versoeke van mense wat hulp benodig om hul aansoeke om permitte om krag op te wek by die Nasionale Energiereguleerder af te handel.

Solidariteit het vroeër aangekondig dat hy ʼn hulplyn beskikbaar stel om diegene wat wil aansoek doen om ʼn permit om krag op te wek en dit in die netwerk in te voer, te help.

Connie Mulder, hoof van Solidariteit se navorsingsinstituut, sê weens die magdom versoeke moes die organisasie bykomende hulpbronne toewys om al die navrae te help hanteer. Dit sluit in navrae van diegene wat reeds krag kan opwek, maar wag vir die toestaan van ʼn permit én diegene wat op die punt staan om krag aan die netwerk te kan lewer.

Mulder sê private opwekking is die oplossing vir die toekoms. Hy sê hoewel Eskom voorheen al aangedui het dat hy ten gunste daarvan is, pootjie die praktiese werklikheid van Eskom se omset, inkomste en skuldvlak hom egter.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Harley Davidson ·

Skrap alle diskriminasie gebaseer op velkleur/ras dan sal die hele Suid-Afrika ‘n beter plek word.

Kokerboom ·

Dis ‘n baie positiewe gebaar!!!Indien die Blankes en ander minderheidsgroepe nie 28 jaar uit die ekonomie uitgesluit was was die land al ver gevorderd !!!Alle groepe sou gebaat het! Wys jou politieke ideologieë is ‘n doodloopstraat MAAR hou die sosialiste onder oog!!!!

Heinrich ·

Ek het nie geweet vandag is die 1ste April nie! Dat iemand in die ANC ‘n Afrikaanse instansie om hulp moet vra is seker verskriklik vernederend vir hulle. Die ongeskrewe implikasies hier is ongehoord.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die DA enVF Plus het nie die hulpbronne van ‘ n multimiljard besigheid soos Solidariteit nie. Punt.

Witbaard ·

BAIE DANKIE aan Solidariteit……En waar kruip die DA weg. As opposisieparty kon hulle ook mos kundiges kry en met werkbare planne te voorskyn kom, maar nee, hulle wag tot alles platval, dan raas hulle kliphard en hardloop howe toe.

Lourens CFG ·

Hul sal nou skielik ook na vore kom asof dit húlle idee was.

piet ·

Waar’s die VF? Hulle hou hulle mos voor as die Afrikaners se “champions”. DA doen darem iets al is dit ook net howe toe gaan.

Republikein in die Wes Kaap ·

Politici is normaalweg nutteloos, net soos ‘n leë brandewyn bottel.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die DA enVF Plus het nie die hulpbronne van ‘ n multimiljard besigheid soos Solidariteit nie. Punt.

Strandloper ·

Hallllloooooo Solidariteit woeker met hul talente soos dit hoort!!!

Elméne ·

DA???????????? Vriend DIT is nou ‘n April fools grappie daardie – hahahaha

Papsak ·

Ja as die witte nie uit gestoot was nie sou alles glad verloop het hulle moet maar erken sonder wit kan hulle nie die pyp rook nie dankie Solariteit dat julle nou in spring nou sal daar iets van kom

philippus ·

Dit moes n bitter pil gewers het. Hoed af vir CR en Pravin wat trots gesluk het en regte ding gedoen het

Perdeby ·

Baie dankie aan Solidariteit, sjoe om vir ‘n wit organisasie vir hulp te vra moet gedoen wees. Sterkte Solidariteit!

Frans ·

Dit is inderdaad so dat as iemand besig is om te verdriink hy/sy hard skree om ‘n reddingdboei.Gelukkig vir Pravin Gordhan,is daar ‘n Solidariteit.

Di ·

Kom ons hou maar duim vas dat hulle wel ernstig is om hulp te aanvaar! Ek vertrou NIKS wat uit die ANC kaders se monde uitkom nie

Samuel ·

Diline, ek stem saam. Selfs die ANC se hulpgeroep is vals.

Pieter9 ·

‘n Situasie soos die verg dat daar met volwassenheid en oorleg opgetree word. Dit kan baie negatiewe gevolge he sou ons dit met vermaak en ‘ons weet beter as julle’ gesindheid hanteer word. Daar is baie meer op die spel. Deur dit professioneel te hanteer, die regte mense te kry om te gaan help sonder enige by-motiewe kan die gevolge groot geleenthede skep op al die ander gebied waar die regering ook sukkel. Sodoende sal almal eventueel bevoordeel word met beter ras-verhouding as byvoordeel.

Piet ·

Pieter jy is reg, maar ek is bevrees dat die samewerking/dwarsboming deur die kaders die poging beslis gaan kelder.

KatjieDeKat ·

Laat ons maar hoopvol wees dat dit nie gebeur nie. Ek neem jou egter geensins kwalik dat jy skepties is nie.

piet ·

Presies. Ek laat my ook nie vertel daar is nie kundige swart werknemers nie. Dis ‘n baie gevaarlike speletjie om te dink een ras is beter as die ander. As jy nie die regte wit mense aanstel nie gaan jy OOK met ‘n probleem sit.

KatjieDeKat ·

Natuurlik is daar kundige swart werknemers. Maar soos dit mos nou al by hierdie tyd duidelik behoort te wees, is hulle in die minderheid. Dan is daar nog ander kwessies bo en behalwe die werkers, wat veroorsaak dat Eskom huidiglik in n katastrofiese situasie is. Enige hulp op hierdie stadium is welkom, piet.

Blikke ·

25 jaar vir Eskom gewerk…. Dink nie ek wil teruggaan nie….

Republikein in die Wes Kaap ·

Goeie opsomming!! Die ou wat daar wil werk se kopskroewe is los.

Jacobus ·

Ek het ook vir Eskom gewerk. Dit gaan nie oor teruggaan nie, dit gaan om die land te probeer red van totale ondergang waaronder ek en jy en die hele nasie onder gaan ly. Ja ek het my naam gestuur.

Tersia ·

Suidlander – Die hele land is nie afhanklik van Denel nie.

KatjieDeKat ·

Dis jou vrye wil, so geen op of af duimpie nie. Maar as jy sou gaan, sou jy n groot guns doen vir jou Eie gesin, familie, kinders en kleinkinders.

Casper ·

1 Andre de Ruiter het die hulp wat ingenieurs aangebied het van die hand gewys.
2 Daai vent Mantashe sal alles
doen om dit te stop want sy beurse gaan dunner wor
3 Dit is op al op alle vlakke bewys dat hulle nie die mas kan opkom sonder die blankes se intellektuele vermoëns nie.
4 Ek hoop en bid dat hulle nie weer gaan sê dit moet swart kundiges wees nie want daar is nie.
5 Ek is oortuig daarvan dat Afriforum en besighede sal bydrae om toerusting en onderdele te koop om eenhede weer tot die netwerk te voeg dan is die aan an af speletjies verby.Dit is ‘n stap in die regte rigting.Nou gaan julle Mal-ema hoor maar beurtkrag moet stop volgens hom.Ek is seker hy kan nie eers ‘n gloeilamp vervang nie.

KatjieDeKat ·

Janee kyk Malema gaan seker n beroerte kry wanneer hy hierdie storie hoor!

MAGRIETHA ·

Al die kundiges wat moontlik gaan help om eskom reg te ruk gaan dit nie sonder struikelblokke doen nie dis vir seker da moet riglyne wees wat hul beskerm want dit gaan moeilik wees

Republikein in die Wes Kaap ·

Ek stel voor Solidariteit wend eerder hul hulpbronne aan om ondernemings te vestig wat hernubare energie opwek. Nuwe oplossings is nodig. Eskom is past tense. Kan nie meer gered word nie.

Nie Verbaas ·

Skokkend om te dink dat Eskom met 47000 werkers sit en nog steeds nie die vermoë het om hulle probleme op te los nie. Vertel baie van BEE. Hopelose spul.

domheks ·

Dankie Solidariteit – al een met ‘n oplossing in die land!
Mal-emmer sal seker weer sy toys gooi!

Jacobus ·

De Ruyter en Oberholser doen ten minste hulle bes. Om 20+ jare se verwaarlosing met al die politieke brieke en terrorisme uit van Eskom se eie werksmag wat hulle moet trotseer, gaan dit nie n maklike taak wees nie.
Wat het jy al gedoen om hierdie krisis wat hierdie hele land se ondergang kan beteken te help oplos?

Republikein in die Wes Kaap ·

Om “bes te doen” is onaanvaarbaar. Daar moet buite die boks gedink word om nuwe oplossings te vind vir die kragprobleme. Ons verval nou in die ANC retoriek om alewig ofdie verlede te blameer.

Sandra ·

“erkenning is die begin van genesing”. Ek stem hiermee 100% saam. Ek glo Solidariteit sal weet hoe om die situasie te hanteer wat vir almal voordelig sal wees op die einde van die dag.

annie ·

As hierdie geleenrheid verkeerd hanteer word gaan dit gou platval. Om met bravade publisiteit te soek is so goed soos om ‘n doodskis te bestel vir Afrikaners en erkenning as landsburgers met kwalifikasies en talente. Lae profiel is nodig en nie die voorblad nie. Lg skiet meestal als wat wit is af selfs uit eie geledere.

Laksman ·

En sodra die regte aanstellings kom, sal daar aan die ander kant seker weer begin brand

Herman L ·

Solidariteit was tot dusver vir die regering ‘n muishond. Nou is hulle skielik die ridder op die wit perd! Ek hoop hulle hou die bril op waardeur hulle nou na Solidariteit kyk. As hulle jare gelede Solidariteit se hulp aanvaar het, sou ons dalk nie meer beurtkrag gehad het nie. Kom ons hoop vir die beste!

Jr ·

Mense dit is goed en wel maar ek voorspel moelikheid en rassisme teen ons mense. Hulle gaan ons mense misbruik en ons moet gereed wees. Dit is hulle way

Willem Wikkelspies ·

Vir ons land se onthalwe is ek bly. Ek wonder nou net of die vinger in die toekoms na dié manne en vroue gewys gaan word vir enige toekomstige probleme wat ondervind word? Gee ons die regering nou ‘n uitkoms of verskoning vir die ’24 verkiesing?

Jy kan ‘n kommunis vertrou om ‘n kommunis te bly.
Deur jou vere te kleur maak nie van jou ‘n pou nie.

Chris ·

Kom ons neem aan die Staat is gewillig om die mense te aanvaar, sal dit nog 154 maande en 6 dae neem voordat hulle die terreine mag betree.
Wie gaan hulle vergoeding betaal en sal hulle stiptelik betaal word ,soos ooreengekom?
Vra namens n vriend.

Republikein in die Wes Kaap ·

Sover ek weet is hulle bereid om sonder vergoeding te werk.

Cecilia ·

Daai 100 gaan dalk help om Eskom reg te ruk en dan gaan die ANC se “kyk ons het load shedding op gelos” daar is altyd n hidden agenda

Republikein in die Wes Kaap ·

Eskom is grooooot. Medupi alleen lyk soos 6 Sandton Cities langs mekaar.

Jacobus ·

Wat daarvan as Eskom, byvoorbeeld Kusile òf Medupi aan Solidariteit gee om te bedryf, en Eskom koop die krag van hulle? Hulle mag dalk die lenings terugbetaal en wins wys, as Eskom hulle kan betaal. Sonder BBEE en Affirmative action kan enige kundige groep mense ‘n kragstasie suksesvol bestuur?

Karina ·

Hoog tyd dat die ANC erken hulle kan Eskom nie red nie en hulp soek! Mag Solidariteit se mense in vrede werk en nie bedreig word terwyl hulle op die perseel is nie. Dankie Solidariteit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.