Regering weer gekeer om geld vir Kuba te gee

(Foto: Yamil LAGE/AFP)

Die Pretoriase hooggeregshof het Dinsdagoggend die regering se aansoek om verlof tot appèl teen ’n interdik wat hom verbied om R50 miljoen aan Kuba te skenk, van die hand gewys.

Die burgerregteorganisasie AfriForum het regter Brenda Neukircher se oorspronklike uitspraak verdedig en die aansoek teengestaan op grond daarvan dat die dringende interdik op ’n tydelike grondslag toegestaan is hangende die uitslag van die latere hersieningsaansoek.

“Ons is bly dat die hof die interdik bekragtig het, aangesien dit eenvoudig onaanvaarbaar, irrasioneel en onwettig is vir die regering om geld te verkwis wat gebruik kan word om die magdom probleme in hierdie land op te los,” sê Reiner Duvenage, AfriForum se veldtogbeampte vir strategie en inhoud.

“Tog blyk die regering so desperaat om die broodnodige geld aan Kuba te skenk dat hy ook aansoeke om verlof tot appèl by die Hoogste Hof van Appèl en die Konstitusionele Hof ingedien het.”

Die aansoeke moet nog aangehoor word.

Duvenage sê vandag se uitspraak versterk egter AfriForum se optimisme dat die interdik ook in die hoër howe bekragtig sal word en dat die organisasie sal slaag met sy hersieningsaansoek om die skenking om te keer.

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het vroeër onderneem om miljoene aan Kuba te skenk in ’n poging om die voedseltekort in dié land te help verlig. Dié aankondiging is egter wyd gekritiseer, gegewe die stygende werkloosheidsyfer en armoede in Suid-Afrika.

AfriForum het die skenking as “irrasioneel en onwettig” beskou en hom toe tot die hof gewend om die skenking te verhoed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Swerwer ·

Blyk dat die ANC/EFF kader nog steeds nie besef dat ons land bankrot is nie. Met
R50 miljoen kan daar baie verrig word in ons stukkende bankrot land.

KaRoOkWaGgA ·

Is dit nie dalk ‘n skuld delging i.p.v. ‘n skenking wat die diktators moet terugbetaal aan Kuba nie? Ek is baie dankbaar dat die hof die appel van die hand gewys het. Dis nou regtig tyd dat die ANC skip finaal sink. Dis tyd dat die land op so ‘n manier regeer word dat daar nie plek vir korrupsie, plundery staatskaping en watter ander stokperdjies die drakoniese regering tans uitoefen, is nie.

Dup ·

Die ANC kaders en meelopers lewe in weelde terwyl miljoene werklose mense in SA onder die broodlyn moet oorleef.So word geld links en regs verkwis asof SA geen ekonomiese krisis beleef nie!

domheks ·

Daar is seker kader-kindertjies wat moet kos kry daar! Het mos lank daar deurgebring en kon babas maak.

Witbaard ·

Geen skenking nie, dis “payback”. Waarom dan so angstig om te betaal as hulle weet hulle eie mense vergaan.

Waarnemer ·

50 miljoen rand jan verseker dat ons land se dokters in die land bly dan hoef ons nie Kubaanse dokters in te voer nie.

Misky ·

Darem lekker om geld so rond te gooi as jy nie daarvoor gewerk het nie. Asof daai geld hulle brand ast’ware.

Kobus ·

Afriforum moet ook sommer die regering aanvat oor die kamstige Kubaanse ingenieurs en dokters wat hier werk. Dit terwyl hoeveel RSA burgers werkloos is.

gatgogga ·

Hoekom trek grootbek Malema nie ook hieroor te velde nie?

Manie ·

My tone krul van lekkerkry, hulle kry op hulle peetjie om elke hoek en draai.

Jannie van Niekerk ·

Aangesien die ANC so desperaat is om vir Kuba geld te gee het ek ‘n voorstel: Alle ANC, EFF, SAKP, en GOOD parlementslede sowel as alle politieke amspdraers van hierdie partye moet afstand doen van hulle jaarlikse salarsisse, byvoordle, bonusse en pensioene en dan daardie geld gebruik vir die Kuba skenking in plaas van belastingeld.

henndrik ·

Ek hoop nie die belastingbetalers moet die kostes dra vir hierdie verhore nie – die aansoekers en die persone wat hulle adviseer om dit te doen moet persoonlik aanspreeklik gehou word vir die koste

Anel ·

Ek dink op hierdie stadium kan Kwaszulu Natal nogal doen met daardie geld, of ons hospitale, of skole of ons paaie. Of daar kan meer dokters opgelei word, of verpleegsters of wat ook al. Hier is ook mense wat in hongersnood verkeer. Ek het nie ‘n saak met die kubaanse kommuniste nie. Wat van ons eie burgers?

JohanR ·

Wat IS DIT met die ANC en Kuba? Sou daai R50 miljoen by Kuba uitgekom het of was dit maar net ‘n “smokescreen” en R50 miljoen sou onder die kaders verspry word?

Lillian ·

As die anc wil geld skenk aan Kuba, laat dit uit hul eie sakke kom nie ons belastinggeld wat beter aangewend kan word nie.

T ·

Wat van eerder daai skenkingsgeld mee n fonds skep vir ons Top presteer Wit kinders wat nie Universiteits toelating gekry het agv kleur nie !
Ons Lei dan eerder ons eie Dr’s op ipv ingevoerde kaders !
Mooi so AfriForum, julle bring die Hoop weer Terug !

Karen ·

Ons eie land is ñ ramp, om nie eers van Natal te praat nie

annie ·

Kuba weet dalk te baaaie. En geld hou bekke toe. Wat is ‘n miljoen tussen vriende. Samel in tussen al die gereelde dringende besoekers aldaar en los die nasie se kluis uit.

Wondermaarnet ·

Teen die tyd wat die kaders besef daar gaan nooit goedkeuring wees om die R50 miljoen te skenk nie, is R100 miljoen se geld gemors op regskostes.

christo ·

Ja, swaer. Indien ou Castro liewer die geld wat hy so gemors het in Angola om die ‘Boere’ te stuit, in sy eie land se landbou belê het, was hulle nie nou so vrekhonger nie ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.