Regering wil nuwe kernkragsentrale bou

Dr. Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit (Foto: Ntswe Mokoen/GCIS)

Die Suid-Afrikaanse regering beplan om 2 500 MW in nuwe kernkrag by die kragnetwerk te voeg.

Volgens Zizamele Mbambo, die ministerie van energie se adjunk-direkteur-generaal van kernkrag, is “verskeie verskaffers” reeds om voorstelle genader.

Die beplande kernkrag is nie ʼn korttermynoplossing nie, aangesien die eerste van die nuwe eenhede waarskynlik eers teen 2032 of 2033 in werking sal tree, het Mbambo Dinsdag op ʼn mediakonferensie verduidelik.

Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit, het die bykomende 2 500 MW in kernkrag vanoggend as ʼn “belangrike mylpaal” bestempel.

Die minister het, met verwysing na die gewraakte beurtkragstelsel, verduidelik dat die bykomende kernkrag deel vorm van die regering se stappe om “die eksistensiële uitdaging wat die land in die gesig staar, te beëindig”.

“Ons is opgewonde oor die vooruitsigte en ons is vol vertroue oor ons vermoë om te verseker dat ons binne ʼn redelike tydperk in staat is om voorkeurbieërs [aan te kondig],” het Ramokgopa gesê.

Die Koeberg-kernkragsentrale in die Wes-Kaap is tans die enigste kernkragsentrale op die vasteland en kan onder die beste omstandighede sowat 1 860 MW lewer. Die kernkragsentrale wek egter vanaf vandeesweek weer net die helfte van sy algehele vermoë op.

Koeberg se eenheid 2 is Maandag afgeskakel om sy stoomontwikkelaars te vervang.

Die afskakeling van eenheid 2 van Koeberg beteken dat 980 MW vanaf Maandag nie beskikbaar sal wees nie.

Maroela Media het vroeër berig die vervanging van die stoomontwikkelaars is nodig vir die verlenging van Koeberg se leeftyd met nog 20 jaar. Die huidige bedryfslisensie vir die aanleg verval in Julie volgende jaar.

Eenheid 1, wat in Desember verlede jaar afgeskakel is om die stoomontwikkelaars te vervang, sou weer in Junie aangeskakel word. Dit is uiteindelik eers op 18 November gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

JohanR ·

Hoopelik in 2024 of die laaste in 2029 het die land nie meer die ANC nie! Sal dit nou nie lekker wees nie!

Duck ·

Ja, Eskom, wat jul wil doen en wat jul gaan doen, is twee verskillende dinge. “good luck”
en krismis kom ook…en, en, en…

annie ·

Die kernkragdroom sal ongelukkig aanhoudend gate brand in die staat se beursie. Verwag die voltooiing eers ná 2050.

koos10 ·

Nou kyk, vir konstante kragvoorsiening, is ek opgewonde, maar dan tref realiteit. Kusile en Medupi lewer nog nie eers vol kapasiteit nie, en is verkeerd ontwerp. Kan ons werklik die regering met kernkrag vertrou?

Rupert Ashford ·

Hoogtyd, dit is tans die enigste werkbare alternatief vir Steenkool en Gas as die twee bronne dan nou nie meer wenslik is nie.

Waarnemer ·

Met geld wat ou cyril waar gaan bedel? En 2032 sal beslis 20 jaar later eers waar word.

Ore ·

@Duck, stem saam…..goeie engelse terme is ” Lip service” Hierdie knaap het ‘n broek vol planne maar ons sal maar moet sien. Vreemd dat hy nou alles kan vermag maar de Ruyter het nooit soveel ondersteuning gekry nie.

Nicky ·

Ek stem minnie muis, as die verkiesing verby is, is die kragopwekking ook verby

Wondermaarnet ·

Met wie se geld? Dit sal oor 40 jaar nog nie klaar wees nie soos Kusile en Mdupi. Kos die belastingbetalers net geld.

OW ·

Hulle leef in ‘n droom wêreld.Toe hy nog burgemeester van Pretoria was,hier by 2012,13 het hy die volgende gesê,”ln 2055 Pretoria will be a live and viable city” maar praat niks van die tussentyd nie.Dream on.

Republikein in die Wes Kaap ·

Om die kragstasie in die Wes-Kaap te bou is geldmors. Sodra ons onafhanklik word maak ons die ding toe. Dan sit SA belastingbetalers met die skuld. Daai boodskap moet aan die Russe oorgedra word.

Jannie ·

Ok, nou saam hierdie verkiesings-vryery wil ek nou my T-shirt en kospakkie hê!!

Lian ·

Klink eerder na die dooie idee van Zuma destyds. As huulle nieen Medupi en Khusile aan die gang kon kry en hou nie, hoe gaan hulle dit met ‘n kernkragsentrale doen ? Gaan did Russe dit bou en ons weet hul kernkragsentrales is nie volgens die standaard van die Internasionale Atoomkrag Raad nie

Di ·

Wat ‘n grap! Die ANC het in 30 jaar nog NOOIT iets gebou nie, net afgebreek. DIT gaan NOOIT gebeur nie

Rindie ·

Dis n baie goeie idee…let wel idee.Is Khusile en Mdupi nie voorbeelde van hulle idees nie.Kragstasies is verkeerd ontwerp…die kostes het vedubbel…die tydperk tot voltooing …nog nie bereik nie.Hulle het nie n idee van wat hulle wil aanpak nie.Goeie idee…maar hulle kan hulle eie idees nie ten volle uitvoer nie.

annie ·

Die kragminister wil iets groots nalaat wanneer hy eendag afstap van sy Sondagpreke. Soos vir die minister van covidnuus is dit besonderse dae wanneer grootse planne aangekondig word. Cyril het seker in sy doel geslaag tydens die Copberaad om fondse te in vir die gevaarlikse van alle kragopwekking ver weg van die noorde. Ons het genoeg steenkool vir die ganske wêreld maar ons gaan die dice maar elke dag rol en Sondae na die minister se goeienuus-preke luister… tot…

Lee T ·

Die PBMR-projek om die korrelbedkernkragaanleg by Koeberg te vestig was heeltemal op spoed aan die beginjare van die 21ste eeu, maar is afgeskiet. Ek was twee jaar lank by die projek werksaam en dit kon groot verligting gebring het. Too late, too little.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.