Regsopsies oor ‘rassistiese toerismefonds’ ondersoek

(Argieffoto)

AfriForum en Solidariteit het hul regspanne opdrag gegee om regsopsies te ondersoek nadat pres. Cyril Ramaphosa en Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van toerisme, die Toerisme-ekwiteitsfonds (TEF) bekend gestel het as ’n instelling wat finansiering aan toerismeondernemings in swart besit verskaf. Slegs ondernemings wat minstens 51% swart eienaarskap het, kwalifiseer vir lenings of toelae van dié fonds.

Die fonds van sowat R1,2 miljard het ten doel om skuldfinansiering te bied, om toelae beskikbaar te stel om aandele te bekom en om nuwe projekontwikkeling in die toerismebedryf vir swart entrepreneurs te vergemaklik.

“Die Covid-19-krisis het die regering se ware kleure en rasgedrewe doelstellings ontbloot,” sê Monique Taute, hoof van Veldtogte by AfriForum. “Die president het dit duidelik gemaak dat hulle dié fonds wil gebruik om die toerismebedryf te transformeer. Die regering het egter ’n verantwoordelikheid teenoor álle burgers in die land. Dit is ’n skande dat die regering nou reddingsboeie wil gebruik om die mense op die wal te help, terwyl duisende ander besig is om te verdrink.”

Taute meen dit is immoreel om geld aan te wend om nuwe ondernemings en projekte te befonds terwyl bestaande ondernemings in die bedryf dringend hulp benodig weens die ekonomiese krisis wat onder meer veroorsaak is deur die regering se streng Covid-19-regulasies wat op die toerismebedryf toegepas word.

Morné Malan, kommunikasiehoof by Solidariteit, voeg by dit is slegs ’n gewetenlose regering wat ’n bedryf ongekende skade berokken deur irrasionele inperkings af te dwing en dan te weier om sekere van die mense in dié bedryf daarvoor te vergoed. “Die regering het in effek toerismeondernemings in wit besit nek omgedraai deur feitlik almal te verbied om sake te mag doen, maar dan slegs aan sommiges hulp te verleen om kop bo water te hou. Dit is veragtelik dat die regering die nood van mense in die bedryf as geleentheid gebruik om hul transformasieagenda te dryf. In hul denkraamwerk kan ’n mens selfs die ondergang van ondernemings in wit besit vier, bloot omdat dit tot versnelde herverdeling lei. Ons kan dit eenvoudig nie toelaat nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Persheks Adri

Klomp rassiste in ons gesigte pffft en bitter onregverdig teenoor! So net ons blankes se belasting geld is goed genoeg vir die klomp gggmmmfff praat nou van red ‘n nasie wat nie eers bestaande besighede wil help nie! Ons sal self!!!

Pieter

Hoekom altyd hof toe hardloop ons blankes kan mos nou sien hoe werk die siek ANC. Ons blankes se belasting geld is goed genoeg daar mee het hulle nie n probleem nie. Mense praat gaan ons niks help nie die hof is n grap hulle gaan ons ook nie help nie. Ons blankes moet nou saam staan en ons belasting geld weer hou. Wat gaan die siek ANC doen ons almal in die tronk gooi dit wil ek sien. Jy kannie met n terroris of kommunis onderhandel nie dit kan en sal nooit werk nie. Ons blankes is op ons… Lees meer »

Rooikoos

Idiotiese anc

Pieter J

Hierdie is net nog ń bewys dat die regering covid-19 misbruik om sy transformasie beleid op ons af te dwing. Dit gebeur nie net by toerisme nie maar by alle ander tipe besighede op verskillende maniere.

Petrus

Hy worry glad nie want hy besit genoeg besighede en bly in ‘n huis wat so groot is waar hy kan gaan wegkruip is daar moeilikheid kom. Die laaste 5 Maande het hier in Vaaldriehoek huise opgeskiet deur swart privilege in alle areas en ek glo nie een huis is onder 15 Miljoen per huis nie. Net in my area het ek getel 22 huise, so in die Ekonomie waar kry hulle die geld.