Rentekoers weer verhoog

Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank (Foto; Thobile Mathonsi/African News Agency/ANA)

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se monetêre beleidskomitee het die repokoers met nog 25 basispunte verhoog tot 4% per jaar. Dit sal vanaf Vrydag geld.

Dit volg nadat die rentekoers in November vir die eerste keer in drie jaar, ook met 25 basispunte, verhoog is. Dit beteken dat Suid-Afrikaners nou meer sal moet opdok om hul skuld te delg, maar ook meer uit hul beleggings sal kry.

Vier van die vyf komiteelede was ten gunste van nog ʼn verhoging. Dié besluit is gedeeltelik gegrond op stelselmatige en voortdurende ekonomiese groei in die komende jaar.

“Wêreldwye ekonomiese groei word versterk deur die vinnige koers wat mense teen Covid-19 ingeënt word. Suid-Afrika se ekonomie het ook in 2021 vinnig herstel van die pandemie, maar sal waarskynlik in die komende jaar stadiger groei en vatbaar wees vir verskeie risiko’s,” het die komitee Donderdag in ʼn verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Yolandie ·

Dit gaan al reeds so moeilik met Covid……kos pryse, petrol pryse en nou rentekoerse. Laai net nog op die SA’ners wat reeds kners op hulle tande om kop bo water te hou.

Kobus ·

Dink ook maar aan afgetredenes wat moet leef van hul rente. Verlaagde koerse is vir hulle slegte nuus.

Shakespeare ·

Daar kom ‘n “market crash” wat die hele wêreld in sy fondamente gaan skud. Al die tekens is reeds aanwesig.

VaalDonkie ·

Daar is niks wat die inenting NIE kan doen nie. Dit bring tot jou “lost lover” terug en sit R500 000 in jou bankrekening.

Marius ·

Baie mense wat duur huise en motors aangeskaf gaan die knyp voel.

Dirk Mostert ·

Dit was ‘n fout om in Maart 2020 rentekoerse so drasties af te bring. Dit het pensionarisse geknou.

Misky ·

Wat het die inenting met wereldwye ekonomiese groei te doen?

Reynier ·

Daar word gepyl dat wêreld ekonomie met 600% gaan groei, dieselfde mense wat die plying doen voorspel Suid-Afrika is op die drumpel van ineenstorting.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.