Repokoers: Nóg ʼn groot verhoging

Argieffoto ter illustrasie van die eiendomsmark. (Foto: Unsplash)

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het besluit om die repokoers met 75 basispunte tot 6,25% per jaar te verhoog. Dit bring die prima rentekoers op 9,75% te staan.

Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, het Donderdagmiddag gesê drie lede van die monetêrebeleidskomitee was ten gunste van die gekose verhoging van 75 basispunte.

Twee komiteelede wou egter ’n verhoging van 100 basispunte sien.

Kganyago sê die jongste – en sesde agtereenvolgende – verhoging tree reeds Vrydag in werking en bring die repokoers terug op die vlak van voor die Covid-19-pandemie te staan.

Die reserwebank se aankondig is ongetwyfeld slegte nuus vir huiseienaars. Samuel Seeff, voorsitter van die Seeff-eiendomsgroep, sê egter dit was te wagte.

“Ons sou graag net ʼn verhoging van 50 basispunte wou sien, maar die verhoging van 75 basispunte is nie ʼn verrassing nie. ‘n Verhoging van 100 basispunte sou onder die huidige omstandighede te veel en te hoog gewees het.”

Seeff sê die Suid-Afrikaanse ekonomie en eiendomsmark benodig nou stabiliteit.

“Die Reserwebank moet nou aandui wanneer die verhogingsiklus gaan eindig en wanneer ons kan verwag dat koerse weer gaan begin daal. Die ekonomie het ʼn hupstoot nodig en ʼn gunstige rentekoers is noodsaaklik hiervoor.

“Rentekoerse moet so lank as moontlik so laag as moontlik gehou word.”

Só verhoog verbandterugbetalings nou:

  • R750,000 – ekstra R366 (terugbetalingtoename van R6,748 tot R7,114)
  • R900,000 – ekstra R439 (terugbetalingtoename van R8,098 tot R8,537)
  • R1,000,000 – ekstra R488 (terugbetalingtoename vanaf R8,997 tot R9,485)
  • R1,500,000 – ekstra R732 (terugbetalingstoename van R13,496 tot R14,228)
  • R2,000,000 – ekstra R975 (terugbetalingstoename vanaf R17,995 tot R18,970)
  • R2,500,000 – ekstra R1,220 (terugbetalingstoename van R22,493 tot R23,713)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Pannies ·

Laer rentekoerse gaan nie hierdie ekonomie n hupstoot gee nie.
Dit gaan net pensionarisse verarm en die landsburgers verder ontmoedig om te spaar.
Die ekonomie bestaan nie net uit die eiendomsmark nie.

Koos ·

Dit is ongelukkig nie so eenvoudig nie. Maatskapye het baie skuld aangegaan met die rente koers en hoe dink jy gaan dit terug betaal word? Deur prys verhoogings, so die exstra paar rand wat jy dink jy kry op jou spaar geldjie word net so weer op geeet.

VaalDonkie ·

Weet jy hoe inflasie werk? Ouma gaan R100 meer kry, maar sy gaan R110 meer vir haar goedjies moet betaal.

Trotse Boervrou ·

Hierdie “Regering” moet tot ‘n val gebring word. Hopelik met die volgende verkiesing…

Koen ·

En wie dink jy gaan deel word met Julius as adjunk president? Sal jou help. Begin met “E” en eindig met “F”. Saam met die ANC. Sal jy dan ook so bokspring van blydskap?

annie ·

Brittanje se koers is ±2,5% en ons trek oor die 5%. Dis nie grappies nie. Lesetja blink in sy nuwe fancy suit en lewer telkens ‘n irriterende hoogdrawende rede vir die nasie daar ver onder. Ons sal sien volgende jaar dieselfde tyd dieselfde plek… Wat sou die salaris wees vir sy in-die-botter-geval-joppie. ‘n Mens versluip glo maklik in lekker diep botter…

Veldskoen ·

As die inflasie gebruiker gedrewe was, maak dit sin om die koers te verhoog. Maar die inflasie tans word toegeskryf aan eksterne faktore. Buitengewone hoë karpryse is agv mikroskyf tekorte, diesel agv oorlog, voedsel agv duur diesel en en en. Dalk is ek net dom, maar die strategie voel of dit hand aan hand met loop agenda 2030.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis eintlik ‘n geheim. ‘n Groot klip gaan die aarde tref in 2030. Daarna is dit die einde van die mensdom.

VaalDonkie ·

Agenda 2030 kan jy sommer direk op die VN se webtuiste gaan bekyk. Dit gaan alles oor “groen” wees en nie vleis eet nie, en nie motors besit nie. Gaan kyk op die VN se webtuiste.

Harley Davidson ·

Die mense kom nie in opstand nie so hulle aanvaar dit en die gevolg sal wees nog verhogings en nog todat die mense dit nie meer kan bekostig nie en honger begin ly .

Erik ·

Ek besef al die redes waarom daar gekla word oor staatsdiensverhogings. Ek is ‘n staatsdiens onderwys wie se salaris vir 2 jaar glad nie opgegaan het nie. My huis kos my nou amper R2 000 meer per maand. Hoe gaan ons dit maak? Om nie eers te praat van al die ander verhogings nie.

Voilet ·

Hul kan nie dink nie regtig..se net ja ja ja op alles om op te gaan..maar genade hul rol in salarise

Voilet ·

Mense ly honger , bedel op straat en verarm en hul staar hul blind teen dit, “wil” dit nie glo of sien nie…..vir hul is dit net nog meer geld in hul sak

Zoey ·

Ons weet nie meer hoe om te oorleef nie. Tussen polisse, medies en huispaaiement het ons uitgawes gestyg met amper R5000 – waar kry ‘n mens daardie geld. En boonop gebruik ons meer petrol met die verdomde loadshedding. ‘n 20 minute uur rit werk toe het nou verander na ‘n uur +. En ons het twee jaar laas verhoging gekry. Ek het vriende wat in die afgelope 3 jaar geen verhoging gekry het nie. Ons kan nie meer nie.

VaalDonkie ·

Mense het vir my gese in 2021 ek moet ‘n groter huis soek want die rentekoerse is mos lekker laag. Toe seg ek ek wil eerder die goedkoopste huis koop waarin ons almal sal pas want ek wil eerder ‘n klomp geld einde van elke maan oorhou as om ‘n helse huis te moet besit en nie eens geld vir vleis he nie.

So bly ek het daai blink idee gehad wants ons uitgawes is ook al met R5000 op sedert ons die huis in November gekoop het.

BellaFe ·

Die pot met die paddas word stadig maar seker al warmer….

Kobus ·

@Veldskoen. Ek stem 100% saam. ‘n Groot effek is die 800% verhoging in skeepsvrag wat ‘n enorme toename in alles gaan veroorsaak. Die rand is ook nie so swak soos almal sê nie, die Dollar is net baie sterker. Inflasie het die nuwe wagwoord geword, maar die omstandighede moet in ag geneem word. Dit behoort aanpasbaar te wees. Dus dink ek hulle jaag die verkeerde haas hier. Ons kan ook nie met ander lande vergelyk word nie bv werkloosheid in UK vs SA, klimaat ens. Lesse te leer uit ander lande behoort sinvol te wees, nie noodsaaklik om hulle te volg nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.