Reuse-ontploffing by raffinadery in Durban

(Foto: Twitter)

’n Reuse-ontploffing is Vrydagoggend by die Engen-raffinadery in die suide van Durban aangemeld.

Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, sê ’n groot rookwolk kon vanoggend bo die raffinadery in Taraweg in Wentworth gesien word.

Die ontploffing wat net ná 07:00 plaasgevind het, kon glo so ver as die Durbanse middestad gevoel word. Daar word vermoed dat ’n tenkwa ontplof het.

Volgens Garrith Jamieson, Rescue Care-woordvoerder, is sewe mense vir ligte tot matige beserings op die toneel behandel voordat hulle na hospitale in die stad vervoer is vir verdere mediese behandeling. McKenzie het gesê mense is vir rookinaseming behandel.

’n Brand het ook vanoggend by ’n woonstelblok naby die raffinadery uitgebreek. Dit was nie onmiddellik bekend of dit met die ontploffing verband hou nie. Niemand is in dié brand beseer nie en die vlamme is geblus.

Die nooddienste is in dié stadium nog op die toneel by die raffinadery.

(Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Misky ·

Ek bly omtrent 5km weg van die raffinadery en het gedink dis n aarbewing. Alles het geskud en bewe en was n hengse slag gewees!!!! Dankbaar sover dat daar nie lewens verloor is nie

Cherokee ·

Soos die kraai vlieg, woon ek sowat 7km van Wentworth, en het nie die slag gehoor nie.
Daarvan ingelig minute na dit gebeur het, en het miskien wel die slag gehoor maar nie daaraan gesteur nie.

Werner ·

In 1984 het MK n kleef myn aan n petrol lorrie gesit om die petrol deppo by Ermelo op te blaas.Sienende al die MK bedrywighede deesdae in Durban is dit dalk n moontlikheid

Hennie J ·

Stem saam. Kyk ook met ander oe na die vragmotor aanvalle en die PRASA aanvalle

Willempie ·

Ek gaan ‘n klip in die bos gooi………instandhoudingswerk nie gedoen nie of afgeskeep !!!!

Cherokee ·

Toe ek vanmôre om 8uur vra whether it is sabotaged, die antwoord was ‘No, lack of skilled people’.

JohanR ·

Ek en Jan(Jan van Riebeeck) het vanmore oor ontbyt gesels, toe se hy hy is seker die sal weer sy skuld wees. Hy se sy skouers en gemoed is baie swaar, want soe baie dinge in 26 jaar is al op sy skouers gele!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.