Reusesoektog ná skietery ses eis

(Argieffoto: Kent Williamson)

Die Wes-Kaapse polisie het met ʼn grootskaalse soektog begin in verband met ʼn skietvoorval in Khayelitsha wat die lewe van ses mans geëis het.

Drie gewapende mans het glo Saterdag omstreeks 19:30 by ʼn plakkershut in die PJS- informele nedersetting ingestap en op die mense in die hut losgebrand, het brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, gesê.

Vyf mans is op die toneel dood verklaar terwyl nog twee mans ernstig beseer en na ʼn hospitaal gehaas is. Een van dié mans het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Die slagoffers, tussen 29 en 36 jaar oud, was almal van Khayelitsha.

Die polisie het intussen ʼn 72-uur-aksieplan in werking gestel ten einde alle hulpbronne in die stryd te werp om die moordenaars te vind.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om Stop Misdaad by 08600 10111 te nader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eiervrug ·

Is die Polisie nie veronderstel om wet en orde te handaaf nie?. In Suid Afrika werk hulle anders om. Wag eers tot iets skeef geloop het, dan spring hulle in… (om saak nommers te issue…)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.