Die rondloperleeu wat die afgelope tien dae op vrye voet in die omgewing van Beaufort-Wes in die Wes-Kaap is, hou glo geen bedreiging vir inwoners in nie.
Nico van der Walt, bestuurder van die Karoo Nasionale Park, het gesê dié leeu is sowat 12 km noordoos van die Karoo Nasionale Park vanwaar hy ontsnap het, gewaar. Beaufort-Wes is aan die teenoorgestelde kant van die park geleë.
Van der Walt doen gevolglik ʼn beroep op die eienaars van plase aangrensend aan die noordoostelike deel van die park om op die uitkyk te wees vir enige spore.
Dit volg nadat die spoorsnyers die leeu se spoor oor die naweek op rotsagtige terrein verloor het.
Van der Walt het plaasinwoners van die omgewing versoek om nie die leeu te nader indien hulle die dier gewaar nie, maar om beamptes van die park of die polisie daarvan in kennis te stel.
Enige inligting rakende die leeu se bewegings kan by Van der Walt by 023 415 2828 of 082 801 2109 aangemeld word.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Nie n bedreiging nie? Een of ander tyd gaan hy kos soek en vir n leeu als wat loop is kos….
Rambo/Mala ……..bly jy net waar jy is….moenie eers kyk na Beaufort Wes se kant!!
Dis mos belaglik dis n leeu Hallo! Hy gaan enigiets vang wat beweeg as hy honger is. Miskien glo die man in die maan hulle.
Gaan groet die Burgermeester….
“RUB FOREST RUN!”