Rosestad rou oor musiekjuffrou se dood

Neilen van Breda, Retha van der Merwe, Universitas, Bloemfontein, Moord

Neilen van Breda en Retha van der Merwe is albei dood aangetref in ‘n huis in Universitas, Bloemfontein. (Foto: Neilen van Breda/Facebook)

Huldeblyke het Donderdag ingestroom vir ʼn musiekonderwyseres en sakevrou van Bloemfontein na sy saam met haar verloofde dood in hul woning aangetref is.

Retha van der Merwe (61) was onder meer betrokke by die Laerskool Universitas (Tjokkies).

Haar liggaam is Dinsdagaand saam met die van haar verloofde, Neilen van Breda (63), in ʼn huis in Universitas gevind.

Dit was nadat die polisie om ongeveer 21:30 ʼn oproep ontvang het van skote by die huis.

By hul aankoms het die polisie deur die venster van die woning gekyk en Van Breda se liggaam gesien. Hy het glo op ʼn bed gelê met ʼn vuurwapen wat hy in sy regterhand vasgehou het. Hy het ook glo ʼn wond naby sy regteroor gehad.

Die polisie het hierna die huis deursoek en Van der Merwe se liggaam in die kombuis gevind. Sy het ʼn skietwond aan haar kop gehad en nog twee aan haar lyf.

Neilen van Breda, Retha van der Merwe, Universitas, Bloemfontein, Moord

Neilen en Retha. (Foto: Neilen van Breda/Facebook).

“So ’n groot skok en so onwerklik. ʼn Dierbare pragtige juffrou wat diep spore in ons twee dogtertjies se lewe getrap het. Met passie het sy hul liefde vir kitaar gekweek. Haar sagte manier van lekker leer is die grootste verlies. Gister se spesiale verjaardag-sing vir Leamay sal ons altyd in ons harte bêre. Dankie liefste juffrou Retha,” het Kobus en Marelize Bosch op Facebook geskryf.

Die Laerskool Universitas het ook in ʼn huldeblyk aan Van der Merwe hulde gebring en gesê haar “mooie kitaarklanke sal vir altyd in ons Tjokkie-harte bly weerklink”.

Buiten haar musieklesse by die skool, was Van der Merwe ook ʼn bekende sakevrou in die stad. Van Breda het onlangs van Gauteng na die Vrystaat verhuis. Volgens sy Facebookblad het hy voorheen onder meer met bye geboer.

Anneline Geldenhuys het aan Van Breda se familie geskryf: “Innige simpatie Johan om van die skokkende nuus te hoor. Bid dat net Jesus jul sal vertroos”.

Johan, Van Breda se seun, wou Donderdag by navraag nie met die media praat nie.

Van der Merwe se twee dogters, Jolina Kritzinger Fourie en Emmari van der Merwe, het ook nie dadelik op navrae gereageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Skappie ·

Sterkte aan almal wat hulle geken het. Mag onse Liewe Heer julle almal deur hierdie moeilike tyd wat voorle dra.

Jannie ·

Kan nie verstaan hoekom diegene wat van hulself ontslae wil raak altyd ander wil saamneem nie. Lafaard!

Karoo ·

Soveel vrae wat volg met verwyte…. inige simpatie vir almal se verlies. Hulle fotos lyk soos die van 2 verliefdes, gevorder in hul jare… wil voorko. dat iewers iets skeef geloop het. Dis voorwaar ‘n jamerte.

Nettie ·

Ai, die arme families aan beide kante. Sterkte. Mag God jul styf vashou.

latie ·

help my reg as ek verstaan so daar nie inbreker nie of hoe of hy haar geskiet en homself geskiet so ver ek weet moenie dink ek dink sleg nee dit gebeur snaakse se dinge wat mense dink ?

Onnie ·

Dit is hoekom elke Jan Rap en sy maat nie sommer ‘n vuurwapen moet besit nie. Eenvoudige bakkeiery loop nou sommer uit op moord. ‘n Vuurwapen maak dit te maklik vir een party om sy wil op ‘n ander af te dwing. As hy nie ‘n vuurwapen in die huis gehad het nie, sou hy haar seker net bietjie rondgestamp het, en dan het almal nog geleef. Mense, veral mans, is ekstra windmakerig as hulle ‘n vuurwapen het. As net een party gewapen is, is dit mos nie ‘n “fair fight” nie. Lafaard!

Yolandie ·

Dit klink vir my dat die man die skieter was…….Retha het dit seker nie sien kom nie. So na hy haar vermoor het, het hy homself om die lewe gebring. Baie hartseer om van die 2 mense se dood te hoor. Dink aan almal wat hulle lief het wat nou met soveel hartseer en vrae sit. Mag die Hemelse Vader julle vertroos……want die antwoorde is nou saam met Neilen graf toe.

Chris ·

Ons sal vir altyd Retha se vriendelikheid en behulpsaamheid en sprankel onthou.Ons bid Sy vertroosting af op jul as familie Chris en Christa Fick.

Delia ·

Die vuurwapen is nie die probleem. Elke man het 2 wapens, sy hande….

Sê maar net ·

Ai dis so tragies. So baie vrae…
Baie sterkte aan al die familie en vriende. Mag God julle vashou en vertroos.

Miskruier ·

Onnie, daar is ander wapens ook. Ek n boervrou het juis n vuurwapen nodig.

Cherokee ·

Latie, rakende jou versoek om reg gehelp te word, leer eers om te skryf, eer jy vir die openbare oog skryf.

Joan ·

Ai, dis so ‘n tragiese storie. Maar . . . om almal van hul vuurwapens te ontneem is gek! Dit was seker ook nie die eerste onderonsie tussen hulle nie. Sy en haar naasbestaandes moes lankal al die gevaar sien kom het. Toe moes daar hulp gesoek word, en hy van sy wapen ontneem geword het. Maar ek as alleen vrou, moet myself kan verdeidg teen ‘n aanvaller met ‘n wapen wat hy onwettig besit. Neem al ons mense se wapens, en al die onwettige besitters skiet ons almal dood!

Manne, vroue, mense, asseblief, as jy jouself wil vermoor, spaar ander wat nie vermoor wil wees nie. Moenie ‘n LAFAARD wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.