‘Rowers’ glo by JHB-afrit geskiet

Foto: Facebook via Emer-G-Med (Pty) Ltd

Foto: Facebook via Emer-G-Med (Pty) Ltd

Skote het Woensdagmiddag by die M1-Noord Grayston-afrit in Johannesburg geklap toe die polisie en vermeende rowers glo in ʼn skietgeveg betrokke geraak het.

Emer-G-Med ambulansdienste het gesê paramedici is omstreeks 14:30 na die toneel ontbied. Volgens die nooddienste was die verdagtes glo betrokke by ʼn gewapende huisroof en hulle het in die slagoffer se motor gevlug. Die polisie het die motor deur middel van ʼn opsporingstoestel gevind en agternagesit.

Volgens Emer-G-Med het die verdagtes op die polisiebeamptes losgebrand en die polisie het teruggeskiet. Een verdagte is ernstig gewond terwyl die ander twee minder ernstige beserings opgedoen het.

Die verdagtes is op die toneel gestabiliseer voordat hulle onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem is.

Kapt. Tsekiso Mofokeng, woordvoerder van die polisie, het ʼn skietvoorval by die Grayston-afrit bevestig, maar kon nie dadelik meer inligting bekendmaak nie. Maroela Media wag op verdere kommentaar van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.