Rybewysmasjien: ‘Kragonderbrekings’ kry dié keer die skuld

Fikile Mbalula, minister van vervoer (Foto: Twitter)

Die masjien wat Suid-Afrikaanse motoriste se rybewyskaarte vervaardig, het vir die tweede keer in minder as ʼn jaar opgepak.

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het Woensdag laatmiddag op Twitter aangekondig dat die masjien egter nou weer werk en 24 uur per dag rybewyse druk om die agterstand uit te wis. “Die masjien het uitdagings weens kragonderbrekings ervaar,” voer Mbalula aan.

MyBroadband het vroeër die week berig dat die masjien sowat twee weke lank buite werking was.

Lisa Mangcu, waarnemende voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor vervoer, het Woensdag sy kommer uitgespreek oor die voortdurende onklaarraking van die rybewysmasjien.

Hy het gesê die masjien wat onklaar raak, veroorsaak onnodige paniek onder Suid-Afrikaners en dit moet dringend aandag geniet.

“Die masjien is oud, maar dit behoort nie ʼn verskoning te wees nie,” het Mangcu gesê.

Die rybewysmasjien, die enigste een wat rybewyse in Suid-Afrika druk, het in November verlede jaar ook opgepak waarna dit na Duitsland gestuur is om reg te maak. Dit was vir langer as twee maande buite werking voor rybewyse weer gedruk kon word.

(Foto: Maroela Media)

Mbalula het in Januarie vanjaar gesê dat hy met hierdie “ou masjien” wil wegdoen en binnekort ʼn nuwe masjien (of masjiene) by die eerste kabinetsvergadering gaan voorlê.

“Die ou masjien kom van Duitsland. Geen ander land gebruik nog daai masjien nie. Dis hoekom ons ʼn nuwe kaart met ʼn nuwe masjien gaan vervaardig.

“Ons is ver gevorderd [met die nuwe proses], maar ons was aan die slaap met die ou masjien,” het Mbalula destyds gesê.

Mbalula het verlede maand aangekondig dat sy departement wil wegdoen met die rybewyskaart wat Suid-Afrikaners al langer as twee dekades ken en dit vervang met ʼn splinternuwe kaart.

Dié proses sal oor ʼn bietjie meer as ʼn jaar – van 1 November 2023 tot 31 Maart 2024 – van stapel gestuur word voordat die huidige rybewyskaart, asook die toerusting wat gebruik word om dit te vervaardig op 1 April 2024 in onbruik sal raak, het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Danie ·

Die dood is ook n verskoning.Jammer om van julle gemors te hoor.Als wat hulle aanraak verander in gemors.

Antie Sarie ·

Vraag. Waarom neem dit tot agt weke om n rybewys te druk van swak kwaliteit drukwerk en swak laminering. En n ID kaart van kwaliteit word binne minder as n week voorsien?

Wondermaarnet ·

Bla-bla-bla. Alles kry die skuld behalwe die onbevoegde kaders wat nie die werk KAN doen nie.

whatever ·

Ek kan dink aan ‘n hele paar ander dinge waarmee hul ‘aan die slaap is’ LoL

Roek ·

Dit is en bly maar net ‘n groot kopseer wat nooit einde gaan kry nie, !!
Hoeveel kos dit die belasting betaler ??

Friedrich ·

Dit sal mos baie goedkoper weer om:
a) Mense in SA op te lei om die masjien te diens en herstel

OF

b) Tegnici uit Duitsland af SA toe te nring om die masjien te herstel

Ek ruik (al weer) n rot.

Vriendelike Frikkie ·

Of Kubane kry om dit te kom regmaak ala SANW se voertuie.

Jakkie ·

Pinocchio se boetie oor jok diè ene………………….

MakersMark ·

“She is not working..”
“But why, what happened” ?
“Eish I don’t know….”

Standaard antwoord in SA, of dit ‘n stoomketel en turbine is by Eskom of ‘n kramdrukker gebreek sal hy word …….

Delia ·

My goeie hemel. Vra net n universiteit se ingenieurstudente om so n masjien te ontwerp en bou ons eie masjien.

Pietertjie ·

Het hulle nog nooit van ‘n “UPS” en kragopwekker gehoor nie? Dis dieselfde goed wat by sy gesubsidieerde wonings geïnstalleer is. Ek wonder wat die volgende verskoning gaan wees…

Vettiemaragartos ·

Regtig?????? My lisensie kaart, wat ek self betaal het is geldig tot 2025 so julle kan maar hierdie keer vir my wag! Lyk ek vir julle soos Harry Oppenheimer se dogter?

Francois ·

Maak net die rybewys deel van die ID kaart. Bespaar kostes op so n wyse – of is dit te moeilik om reg te kry? O, maar dan kan hulle nie geld maak deur te elke 5 jaar te hernu nie

Blikkantien ·

Presies! Sê ek ook. In die ou dae was dit in mens se ID boekie gedruk en klaar. Geen hernuwings nodig nie.

Ian ·

Maak soos n goeie boks afrigter en gooi die handoek in. Genoeg is genoeg. Die publiek se iq is baie hoer as wat gedink word.

SjN ·

Frikkie, dit bewys net die gebrek aan bevoegdheid en integriteit wat ontbreek.

marius ·

Kan hierdie spul niks anders doen as patetiese verskonings uitdink vir hul onbeholpendheid nie ?

Sarel ·

Daar moet weg gedoen word met huidige 5 jr stelsel.
Ek suen egter nie dat enige Opposissie Party hulle daarvoor beywer nie.

David ·

‘n Masjien wat rybewyse lamineer…seker ‘n gewone lamineer masjien wat 10 Miljoen kos

Anel ·

Verkonings, verskonings, verkonings. Kyk seker hoeveel iemand kan maak uit die voorsiening van ‘n ander masjien en ons moet daarvoor betaal. Onbevoegde wat ookal!!!!!

Republikein in die Wes Kaap ·

Die kaarte kan mos in Duitsland gedruk word. Net die papierwerk word hier gedoen.

Smirre ·

My dogter wag nog vir haar lisensie van September 2021 af, ons was al 8 keer daar! wat de hel moet ons doen?, hy is steeds nie gereed, die SMS na 33214 se reaksie is vandag alweer, gaan maar weer lisensie kantoor toe en hoor wat is fout. Dit is klomp patete wat in beheer is, as iemand raad het asb, ons weet nie meer. Om te gaan gil en skree gaan niewerk nie, jy sal sekerlik van perseel verwyder word, en dan is hulle nog meer aspris.

Vonkprop ·

Fikile, hoekom laat jy nie die masjien by jou huis installeer nie? Julle het mos nie kragonderbrekings nie en julle water is verniet so jy kan die masjien lekker koud hou met watercooling so hy kan langer werk. Laat my weet. Ek het ‘n bakkie wat hom kan kom optel.

Phillip ·

Goeie een ek sal ook my gewig bysit om te help oplaai en aflaai by sy huis

Snakes@58 ·

Ek het vir 43 jaar in IT vir die staat gewerk en al ons rekenaar sentrums het UPS en Kragopwekkers gehad met dae en dae se diesel beskikbaar…. ons het ook rugsteun rekensentrums gehad waar jou hoofsentrum gedupliseer was…… waar is die ouens sin wonder ek….. die was reels van die OG af en was nie onderhandelbaar nie

Koos 100 ·

Weet jy wat ou Frikkie. Julle het ‘n afdeling in die staatsdiens, wat die drukwerk kan doen!

Tanniepetoors ·

Die Engelse sê: “Delusions of grandeur”. In Frikkie se geval, beslis in die oortreffende trap. Pateet.

Boatsie ·

Sukkelaar, ploeteraar grapgat.
Hoe kan die hele land net op een masjien staatmaak.
Die ou maak ‘n bespotting van sy posisie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.