ʼn Suid-Afrikaanse aktrise is Sondag by die Internasionale Lughawe OR Tambo in hegtenis geneem nadat dwelms in haar besit gevind is.
Luther Lebelo, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het gesê die aktrise het pas vanaf Abu Dhabi in Johannesburg geland en glo ongesiens verby doeane probeer glip toe sy deur beamptes voorgekeer is. Volgens Lebelo is meer as 15 kg se efedrien ter waarde van R4,6 miljoen in haar besit gevind.
Die aktrise se naam mag nie genoem word voordat sy in die hof verskyn het nie. “Die passasier het deur die ‘niks om te verklaar nie’-kanaal by die doeane beweeg, maar is deur beamptes voorgekeer sodat haar bagasie skandeer kon word. Die skandering het verdagte voorwerpe in haar bagasie getoon,” het Lebelo gesê.
Beamptes het 15 pakkies, wat in ʼn materiaal soortgelyk aan foelie toegedraai was, in haar bagasie gevind. Onmiddellike toetse het bevestig dat die middel in die pakkies efedrien was, ʼn hoofbestanddeel in metafetamien, meer bekend as “crystal meth”.
Die aktrise is aan die polisie oorgelewer wat haar in hegtenis geneem het. Sy sal binnekort in die hof verskyn.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
As dit nie ‘n aktriese was nie het hulle onmiddelik die naam bekend gemaak.
Sluit haar toe en gooi die sleutel weg.
Dit is seker nie daai SA aktrise wat van Benoni kom en nou in Hollywood bly nie?
Kan nie nou haar naam onthou nie…
Ek probeer weer – dit is seker nie daai aktrise wat in Hollywood bly en van Benoni af kom nie?
Ek sê nie.
Ek vra maar net.
Sy was baie duidelik nie ‘n GOEIE aktrise nie. :))))))