SA appelleer teen verbod op vlag, volkslied

vlag suid-afrika

(Argieffoto)

Die Suid-Afrikaanse regering het Dinsdag appèl aangeteken teen die Wêreldagentskap teen die gebruik van verbode middels (Wada) se besluit om Suid-Afrika te verbied om sy landsvlag te laat wapper en die volkslied Sondag tydens die kwarteindstryd van die Wêreldbeker-rugbytoernooi te sing.

Zizi Kodwa, minister van sport, sê die appèl word by die hof van arbitrasie vir sport (CAS) in Lausanne, Switserland, aangeteken. Dit sal die uitwerking van Wada se besluit afweer, wat die Springbokke en Suid-Afrika groot verleentheid sal spaar.

“Dit beteken dat die wapper van die Suid-Afrikaanse vlag nie by byeenkomste soos die Wêreldbeker-rugbytoernooi en -kriekettoernooi geraak sal word nie totdat die hof hieroor beslis het,” het Kodwa Dinsdag bevestig.

Suid-Afrika het tot Vrydag kans om sy wetgewing oor verbode middels te wysig sodat dit in ooreenstemming met Wada se gewysigde wetgewing is. Alle aanduidings is dat Suid-Afrika Vrydag die sperdatum gaan misloop.

Indien dit gebeur, kan die Springbokke Sondag tydens sy wedstryd teen Frankryk verbied word om die landsvlag op hul truie te dra en ook die volkslied te sing. Die Proteas wat aan die Wêreldbeker-kriekettoernooi deelneem, wat verlede week in Indië begin het, sal ook geraak word.

“Ek glo die gronde vir appèl is sterk en dat die sanksies nie gepas is nie. Die sanksies wat betrekking het op die wapper van die nasionale vlag het onnodige histerie geskep en atlete en spelers onregverdig gestraf.”

Die appèl is ingedien deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (Saids), die onafhanklike liggaam wat toesig hou oor verbode middels in Suid-Afrika.

Wada se jongste wetgewing is op 7 November 2019 goedgekeur en geld al van 1 Januarie 2021. Suid-Afrika en Bermuda is die enigste lande wat egter versuim het om dié wysigings betyds in werking te stel.

Mark Alexander, hoof van SA Rugby, is een van diegene wat uiters boos oor die debakel is.

“Ons sit nou met die gebakte pere omdat ons regering versuim het om sy verantwoordelikheid rakende die wetgewing na te kom,” sê Alexander.

“Dit is ʼn skande. Dit is ʼn verleentheid vir ons land. Hulle (die regering) is vroegtydig in kennis gestel.”

Kodwa sê hy het verlede week die nodige regulasieveranderinge aan die kabinet voorgelê en gevra dat die wetsontwerp deur die parlementêre stelsel bespoedig word.

“Ek is vol vertroue dat Wada hierdie pogings sal erken as ʼn verbintenis om die gewysigde wetgewing deur te voer en die verbod teen Suid-Afrika op te skort,” sê die minister.

Intussen het die DA het in ʼn ope brief aan Wada gepleit dat die sperdatum uitgestel word. Die party het ook onderneem om sy eie wetgewing voor te lê om nakoming van Wada-vereistes te verseker.

Die party vra dat die Suid-Afrikaanse regering tot 22 Januarie 2024 kans sal hê om aan Wada se vereistes te voldoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Raadsman ·

Ons is gewoond aan “Groot verleenthede” met die ANC regering.

Hendrik ·

Tipies ons sg anc regering in onbetrokkend sit hul en slaap en met n ingeburgerde gewoonte om apel aan te teken moet n wereld liggaam nou na hul pype dans. Ek hoop hul laat nie toe dat hd vertraagdes hulle om die pinkie draai nie.

Karoo ·

Ons… maak ons naam al so jy weet wat die wereld vol, hoekom nou bekomerd wees oor dit die? Omdat dit ‘n verleentheid vir Sport SA gaan wees? Ons mense het baie baie erger verleenthede as dit. Sak maar die vlag en laat ons niks sing nie, laat ons rou oor die skande van ons kader leiers.

Porseleintjie ·

Tyd was daar genoeg gewees. ANC maak wel op eie bodem net wat hulle wil, maar dankie tog, nie almal buig die knie nie.

Hendrik ·

Los maar gerus die nuwe SA vlag en nasionale lied uit by internasionale sportgeleenthede. Dis simbole van die verbreking van die onderhandelde skikking voor 1994 en van die algehele verval en kurrupsie van die regering en hulle instellings. Speel eerder Leon Schuster se “Hier kom die Bokke” en hys die Springbok vlag.

Andrew ·

Die uitkoms, n uitstel deur wada , krieket is ook van toepassing. Die woke instellings buig die reels vir sekere en pas dit streng toe vir ander, hang af die politiek van die saak.

Henry ·

Ek is n patriotiese en trotse suid-afrikaner,maar aan een kant hoop ek die uitstel tot 2024 slaag glad nie en dat ons nie die volkslied mag sing nie asook dat landsvlag nie vertoon mag word nie —net om verleentheid op die hopelose regering te sit en om hulle te wys dat daar nie na hulle pype gedans sal word nie

Johann ·

Gaan luister na die sot van ‘n minister se treurmare vir ‘n verskoning. Altyd iemand anders se kuld, die ANC is verhewe bo deadlines, wharra wharra….skaamtelose leunaar!!!!!

Michael ·

Die vlag en die lied is net sulke skandes soos die ANC. Wie gee om oor die vlag en die lied?

Andre ·

As Zizi net haar werk wil doen, dan sal al die gebokspring nie nou nodig gewees het nie!

Peter ·

Patetiese spul. Dink mos hulle is “entitled” om te doen soos hulle wil en almal moet maar by hulle inval. Het 2 jaar geleentheid gehad om reg te stel.

Frikkels ·

So het Zuma die kaders opgelei. Hulle is meesters van vertragings in die regstelsel. Kom ons kyk of die res van die wêreld ook soos sa se howe die laakbare gedrag gaan toelaat.

Walda ·

Ons regering se lied is; Wasn’t me!
Niks is iemand se skuld nie,dis altyd iemand anders se skuld en dan moet ‘n kommissie aangestel word om die saak te ondersoek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.