SA banke befonds Hamas g’n – minister

Enoch Godongwana, die minister van finansies. (Foto: GCIS)

Enoch Godongwana, minister van finansies, verwerp die bewerings in die Israeliese media dat drie Suid-Afrikaanse banke glo betrokke is by die finansiering van die Palestynse terreurgroep Hamas.

“Ek wil ʼn mite weerlê wat in die Jerusalem Post verskyn het, wat probeer aanvoer dat Suid-Afrikaanse banke betrokke is by die finansiering van terreurorganisasies,” het die minister Woensdag tydens ʼn geleentheid van Absa in Sandton gesê.

Die Jerusalem Post het verlede week berig dat navorsing deur dié publikasie se personeel en ander bronne op ʼn netwerk daarop dui dat verskeie Suid-Afrikaanse organisasies glo “nou betrokke” is by die finansiering van Hamas.

Luidens die berig is die organisasies betrokke deur middel van die Al-Quds-stigting.

Die stigting, waarteen die Amerikaanse regering in 2012 sanksies ingestel het en wat Israel ook verban het, maak luidens die berig glo gebruik van rekeninge by Standard Bank, Nedbank en Absa.

“Ondanks sanksies deur die VSA en Israel gaan die stigting se bedrywighede wêreldwyd voort, met ongeveer 13 takke in verskillende lande, wat soms verskillende name het,” lui die Jerusalem Post se berig.

Die berig lui verder: “In Suid-Afrika bestaan daar ook ʼn geregistreerde organisasie genaamd ‘Al-Quds Foundation SA’ wat openlik op sy nuwe webwerf erken dat hy ʼn ‘tak van die Al-Quds-stigting met ʼn  hoofkwartier in Libanon is’.”

Daar word dan beweer dat die organisasie rekeninge by Standard Bank, Nedbank én Absa het.

Die berig is gepubliseer enkele dae voordat die Internasionale Geregshof in Den Haag Israel beveel het om aan bepaalde maatreëls te voldoen wat Suid-Afrika in sy historiese aansoek voor dié hof verlang het.

MoneyWeb berig min. Godongwana het Woensdag tydens die geleentheid in Sandton – waartydens Absa sy uitbreiding na China aangekondig het – laat blyk dat die Amerikaanse regering hom oor die bewerings ingelig het.

“Daar is normale kommunikasiekanale tussen regerings, in die geval van daardie [situasies] … Die Amerikaanse regering is byvoorbeeld deel van die mense wat vinnig is om dit te doen. Elke keer as so ʼn geval waargeneem word, stuur die minister van finansies van die VSA gewoonlik ʼn nota aan ons en lig ons in.

“Ons verhouding … ondanks wat die koerante sê … met al daardie lande – op regeringsvlak – is goed. Ek kan jou nou sê, vergeet wat mense sê oor ons verhouding met die Verenigde State; op regeringsvlak is daardie verhouding goed.

“Natuurlik, soos almal, stry ons hier en daar, wat normaal is,” het Godongwana verduidelik.

Die minister het Woensdag Absa se stap om ʼn kantoor in die Chinese hoofstad, Beijing, te open, verwelkom.

“Dit is een van die belangrike ekonomieë. Dinamies, groeiend – en as jy sake wil doen – moet jy teenwoordig wees in daardie omgewing. Jy maak geen fout deur ʼn verhouding met die Chinese en in Brics [die huidige Brasilië, Rusland, Indië, China en die SA ekonomiese blok] te hê nie,” het die minister aan Absa se bestuurders en gaste tydens die geleentheid gesê.

Bykomende bron: MoneyWeb, Jerusalem Post

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Die knaap het nie ‘n clue wat banke doen nie.

Euodia ·

Hulle sal nooit uitkom met die waarheid want al wat hulle ken is leuens en nonsense opdis vir ons.

Hendrik ·

n Absa tak in China, maar wat is China se verhouding met die hamas?

domheks ·

Glo die ondersoek het die waarheid laat uitkom! Maar sekeres sal dit ontken tot die dood toe!

Oosieoos ·

Hulle sal altyd waarheid en feite verdraai maar almal is nie onnosel nie

Blackies ·

Miskien nie ons banke nie, maar net miskien die Reserwe bank en Regering.

Etienne ·

Seg hy met een baie onskuldige skuldige gesig…. die een is meer skelm as die ander. Sal hy nou ooit erken dat die storie wel waar is? Nooit!

Ditsim ·

Kan maar ondersoek instel. Want waar daar n rokie is, is daar gewoolik n vuurtjie.

Ronel ·

Ag asseblief – asof jy ‘n woord kan glo wat hierdie mense sê. Hulle lieg vir hulle self en glo dit! Nie ‘n begrip van ‘n woord soos “integriteit” nie!!

Jannie ·

En daar bestaan Al Quds foundation se webwerf skielik nie meer nie. Waar ñ rokie is……

Frank ·

Jannie, Soek op web.archive.org daarvoor en jy sal die archived website kry

Boer ·

Enoch Godongwana praat snert net soos Cyril Ramaphosa die ANC verskaf geld aan Hamas en wapens aan Rusland. So ek trust hulle nie eers op ‘n foto nie.

Andre ·

…die ou warm geldjies kan nou sommer daai kant inbetaal word!
Tè veel oë wat tuis loer wat die A en C konkel.

Martie Smartie ·

En hy weet natuurlik uit sy kop van al die honderde miljoene transaksies van miljoene der miljoene persone en besighede wat daagliks deur SA banke hanteer word. Waarvan aanlyn seker die grootste deel uitmaak. En hy het besluit dat daar niks funny aangaan nie. En ons vertrou en glo natuurlik vir hom en sy party. Squeeky clean. Ok als is fine. Die hele wereld behalwe die anti-semiete en kommuniste lag hulle ‘n papie vir hierdie ANC bende.

Casper ·

Ek glo dit gebeur maar die minister lieg net soos sy baas wat kwansuis sé die geregshof in Den Haag het prima facie bewyse gevind dat Israel wel volksmoord gepleeg het in Gaza.Is hierdie mense nie bang vir die hel nie.

Hendrik ·

Mmmm – ons glo hulle (die SA regering) net so min nou soos met die Lady R debakel. Skelm tot in hulle murg.

FBS ·

Ons Minster weet nie eers wat gaan aan in die ekonomie nie. Hoe sal hy weet wat die banke doen?
Minister julle aandele in die VSA is baie laag, glo dit maar.

Petrus Albertus ·

Mmmm… En hoe sal ons weet? Die Suid-Afrikaanse bankwese is maar lekker oneties. Maar dit beter nie aan die lig kom dat dit wel die geval is nie!

Petrus Klipkop ·

Net iets om oor na te dink. As enige individu, organisasie of regsentiteit ‘n bankrekening het, beteken dit dan outomaties dat daardie bank die entiteit befonds (m.a.w. finansiële ondersteuning of geld verskaf), of is die bankrekening slegs ‘n kanaal vir geld om te vloei en transaksies om plaas te vind? As dit die geval is dat banke wel geld verskaf (hetsy deur onder andere rente of direkte skenings, of dat die banke bewus is dat dit terreurorganisasies is), is daar beslis rede tot kommer en is verdere ondersoek geregverdig.

gatgogga ·

Alles gaan van nou af uitkom. Die CIA sowel as Mossad is wakker gemaak deur Cyril se ICJ debakel. Die ANC is te vertraagd om hierdie twee organisasies te bluf.

Klip ·

Minister ,Is jy dalk slim se baas ? Julle het n reus wakker gemaak, moenie huil nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.