SA dokter gebruik TikTok vir gesondheidswenke

@doctor.siya is die eerste en enigste geverifieerde Suid-Afrikaanse dokter op TikTok (Foto: TikTok)

ʼn Mediese dokter van Suid-Afrika, Siyamak Saleh, gebruik TikTok om mense oor die wêreld heen oor gesondheidsorg te leer, en hy het reeds meer as ʼn miljoen volgelinge op dié sosialemediaplatform.

@doctor.siya, soos wat hy op TikTok bekend is, het Maart verlede jaar sy eerste video in sy persoonlike hoedanigheid op dié platform geplaas. In Junie verlede jaar het hy die platform begin gebruik om gesondheidswenke te gee, en het vinnig bekendheid verwerf.

Deesdae kry Dokter Siya se video’s enigiets tussen 60 000 en vier miljoen kyke elk. Sy video’s het ook reeds meer as vyf miljoen “likes” op die platform gekry.

Hy spesialiseer in vinnige video’s wat mites oor gesondheidskwessies bespreek. Van sy bekendste video’s is getiteld “Kan selfone kanker veroorsaak?”, “Wat is die voordele van videospeletjies?”, “Lei koue weer na verkoue?”, “Die langtermynuitwerking van Covid-19”, “Suiker-mites” en “Swangerskap-mites”.

As gevolg van Dokter Siya se groot sosialemediateenwoordigheid was hy ook onlangs op ʼn paneel saam met afgevaardigdes van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), YouTube, Amazon en Facebook, om die groot hoeveelheid vals inligting op die internet die stryd aan te sê.

Siyamak Saleh (Foto: Facebook)

Die British Medical Journal, een van die mees gesogte mediese joernale ter wêreld, het ook oor Dokter Siya geskryf. “Dit is ʼn hoogtepunt van my reis,” het hy onlangs daaroor op Facebook geskryf.

“Dit is ʼn diensreis, veral tydens die pandemie, wanneer daar op my knoppie gedruk word om my deel en meer te doen, maar ek sou dit nie sonder almal se liefde en ondersteuning kon doen nie. Ek is nou die eerste en enigste geverifieerde Suid-Afrikaanse dokter op TikTok.”

@doctor.siya

Sugar Myths ???? #sugar #myths #tiktokdoc

♬ original sound – Chris

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

A ·

‘n Dokter wat glo in inentings. Ek het ‘n gevoel die gewone Maroela-roon sal nie van die ou hou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.