SA en China onderteken SKA-ooreenkoms

Die voorgestelde perseel in Suid-Afrika vir die SKA-radioteleskoopprojek naby Carnarvon in die Noord-Kaap (Foto: ANA) (Foto: REUTERS/Mike Hutchings/File Photo/ANA)

Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge, wat ʼn afvaardiging van senior staatsamptenare lei na die forum vir samewerking tussen Afrika en China (Focac), het Maandag ʼn ooreenkoms onderteken wat die weg baan vir Beijing-entiteite om deel te hê aan Suid-Afrika se astronomie-ondernemings, waaronder die Square Kilometer Array (SKA).

“Die Astronomie-Instituut in China het die ooreenkoms onderteken en dit is ʼn verbintenis om ten volle deel te neem aan die proses om dié megateleskoop te bou,” het Pandor gesê. “Jong mense van Suid-Afrika sal ook na China reis vir nagraadse studies in astronomie-wetenskappe, wiskunde en ingenieurswese.”

Focac se vergadering vind Maandag en Dinsdag plaas. Die doel van die vergadering is om die doelwitte van die 2018 Focac-beraad te versnel. Die ministers van buitelandse sake van die Volksrepubliek China en die Republiek van Senegal is medevoorsitters by die vergadering. Verskeie ministers van ander Afrika-ledestate woon ook die vergadering by.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Mini-ster Pandor neem CR se Droomstad n stappie verder met SKA want daar word nou na die sterre gereik! Hier kom n ding my China!

CHEV ·

En so word die land stukkie vir stukkie verkoop aan die Chinese, en een van die dae claim hulle die hele SA

Eps ·

Dit is presies wat gebeur en dan beland die geld in die sakke van skurke.

Oujongvrou ·

Hierdie spulletjie hier moet net en ding weet, chinese gaan hulle nie ophou met lui, stakende mense nie. Almal sal werk vir n loon wat hulle vasstel of jys uit op jou ore. China gaan geen van die” hand me outs” duld wat our people gewoond aan geraak het nie. Ek kry eintlik lekker as ek net daaraan dink.

Francois Joubert ·

Presies. Hulle noem dit die Chinese Money Trap. Ek sien Suid Afrika word ook nou genoem saam met Sri Lanka, Papua New Guinea, Pakistan, Kazakstan ens. ens.

Boer-in-die-Wind ·

Eish nee man. Die Chinese het ‘n erge reputasie vir industriele spioenasie! Moet dit nie so maklik maak vir hulle nie.

John ·

Pandor se naam sal in die annale saam met die van Eintein opgeteken staan… omdat sy, sy teorie verkeerd bewys het nl dat jy nie baie tyd nodig het om ‘n ruimte op te dons nie.

Leon ·

So, een van die dae sien ons die skottels in die Noord Kaap is afgebreek en verskeep na Sjina toe.
Hoe Suid Afrika die konrak kon kry met die swakste intenet in die Wereld en ook die duurste intenet in die wereld vir ‘n intenet gebaseerde diens, sal nugter weet.
Die Sjinese sal ten minste ‘n sukses daarvan maak.

Hans Richardt ·

Wat niemand ooit oor SKA berig nie, is dat hektaar breed x 1km lange stroke grond op boere se plase reeds onteien word vir bene van SKA teleskoop.
Dit het prostitusie en dwelms na Carnarvon gebring, weinig werkskepping vir plaaslike bevolking.

Hettie ·

SA kan maar nie wegbly van China af nie,hier is genoeg kundigheid in SA maar hulle het nie die kick back fondse nie !

GL ·

Hierdie is seker hoof prioriteit, dis die eerste ding wat die regering doen na die verkiesing. Hoe gaan dit die armes en haweloses help?

fred ·

hoop die BEE studente leer ook n biekie sjinese produkiviteit en dissipline……

Danie ·

China is bekend vir sy beleid van “skuld kolonisasie” in kleiner en derde wereld lande.Talle voorbeelde bestaan maar steeds neem Afrika regerings NIE kennis in hul gierige honger na geld. Die obsessie met China maak my naar. Die manne doen NIKS verniet. Dat ons geagte Minister na minder as ‘n maand in die pos haar nie eers vergewis van bestaande tegnologie oordrag ooreenkomste met hoogs gesofistikeerde westerse wereld lande en slim mense in beheer of ons rerig China moet betrek, gaan my verstand te bowe. Hulle leer maar net nie!!!Dis ‘n klap in die gesig van ons kundiges en instellings plaaslik!

Adri ·

Fred, vra vir iemand om vir jou ‘n HAT vir jou volgende verjaarsdag te koop.

Attie. ·

Vra liewers vie China om ons paaie reg te maak. Ek is seker hulle sal want hulle doen dit reeds in meeste lande in Afrika. Ciral sal nie kan paaie herstel nie want hy soek net n megastad en om dit te wil bou kan jy nie paaie en ander goed onderhou nie. Arme man en nou is hy ook so halflyf in die moeilikheid oor staatsgeldjies.

Francois Joubert ·

Jy is heeltemal reg Attie, maar dit kom teen ‘n prys. Almal behoort ‘The Chinese Money Trap’ te google. Escom het reeds by hulle geleen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.