SA gaan naweek op fase 5 tegemoet

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Fase 5-beurtkrag sal nou tot minstens Saterdag geld.

Eskom het ’n kort ruk gelede op sosiale media aangekondig dat fase 5 tot Saterdag omstreeks 05:00 geïmplementeer sal word.

Die kragvoorsiener sal glo môre (Vrydag) ’n verklaring uitreik met meer inligting oor die res van die naweek en volgende week se vooruitsigte op beurtkrag.

Suid-Afrika is nou reeds etlike dae lank op fase 5-beurtkrag. Dié beurtkragfase behels tot agt uur lange kragonderbrekings per dag in ’n poging om 5 000 MW op die nasionale kragnetwerk te bespaar.

Suid-Afrika het verlede naweek op fase 6 gedraai voordat beurtkrag Maandag tot fase 5 afgeskaal is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

kristi ·

Indien ek regtig my opinie moet lewer, word ek vir ewig en altyd “geban” hier. Dus sal ek net sê, ONBEVOEG EN MALLIGHEID!!!!!

SjN ·

Sekere kaders slyp hul tande om alleenreg te kry om Eskom oor te vat.

Keelvol ·

Ek het hoop gehad toe de ruyter as hoof van eskom aangestel was…. Maar nou het ek geen vertroue in Sy vermoeë nie. Dis duidelik dat daar absoluut nog geen poging aangewend is om die gemors reg te maak nie. Beurt Krag is nou n te maklike oplossing en dan fase 5 ook. Geen kommunikasie die hele week nie. Uiters swak de ruyter. 7.5 mil per jaar en dis hoe Jy eskom bestuur? !

Renier ·

Wat noem hulle die fase waar jy nie meer ‘n “beurt” kry nie?

Marius ·

Ek wonder maar net of daar enige fase sou gewees het as bafana – bafana die naweek sou gespeel het?

Antie Sarie ·

En stelselmatig word daar gekyk hoe er kan mense gedruk word. Elke keer bietjie verder.

annie ·

Sê dankie aan die ryk ooms wat long life gloeilampies op jou drumpel gesit het en plastieksakkies belas het. En die glo apteker sonder finansiële kennis wat Eskom help volstop het met duisende onkundiges vir ‘n salary en veral die sterwende impi wat nou weer ‘n come back wil maak om die land finaal oor die afgrond te stoot. Waar was die opposisie toe: Zille wat glo Zuma as nice geprys het en die ander. Mmusi wil weer kom ly, gelukkig nou aan sy eie hand. De Ruyter het gedink hy gaan ‘n mak perd ry en toe is dit al die tyd klaar morsdood.

Antie Sarie ·

En daar is nog steeds mense wat dom genoeg is om te glo dit gaan oor onderhoud. De Ruyter was aangestel sodat blaam nie op BEE geplaas kan word nie. Menige lande het dieselfde probleem. Elkeen gee iets anders die skuld. Stille water, diepe grond.

VaalDonkie ·

Ek het hierdie week begin sonpanele aankoop. My plan is om elke maand ‘n 500W paneel te koop, en dan elke maand ‘n 1kWh battery totdat ek genoeg het dat my hele huis sonder Eskom kan klaarkom. Ek is oor hierdie nonsens.

Antie Sarie ·

En hoe gaan jy jou toilet spoel? Of water tap uit krane uit? Of petrol ingooi? Die garages het krag nodig. Waterwese het krag nodig. So tensy jy nie bereid is om emmer langs jou bed te sit, en water van die stroompie af te dra vir kos en bad nie, sal jy nooit van die grid af kan gaan nie. En ek hoor hoe die bubbles bars.

VaalDonkie ·

Antie Sarie, kalmeer. Ek het 10kl se tenks hier by my en ‘n 50kl swembad vol water vir as dit ERG raak. Maar Eskom kan maar my ekstra bietjie vir ander gee siende dat ek dit nie meer gaan gebruik nie.

Henk ·

Sit al die straat ligte af hulle brand 24/7 behalwe as daar loadshedding is sit almal af in die land dan behoort ons sonder load shedding te wees.

Wildemien ·

Behalwe in Soweto natuurlik. Daar is die ligte aan EN boonop gratis!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.