SA mynmagnaat reageer op sy Trump-uitlating

Patrice Motsepe, stigter en voorsitter van die African Rainbow Energy and Power(AREP) (Februarie 2019) (Foto: Karen Sandison/African News Agency/ANA)

Die Suid-Afrikaanse sakeman en filantroop, dr. Patrice Motsepe, het Dinsdag reageer op kritiek wat hy hom op die hals gehaal het deur sosialemediagebruikers ná sy uitlatings oor pres. Donald Trump.

Motsepe het verlede week, tydens die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) aan die Amerikaanse president gesê Afrika is “lief vir hom”.

Motsepe het gesê die debat op sosiale media het hom blootgestel aan die siening van Afrikane wat met sy opmerking verskil. “Ek het nie die reg om namens enigiemand anders buiten myself te praat nie,” het hy gesê.

“As ʼn wêreldwye filantroop en sakeleier het ek vir talle dekades, in Suid-Afrika en op die Afrika-kontinent, gewerk om mense van verskillende rasse, etniese groepe en lede van verskillende godsdienstige en geloofsgebaseerde organisasies saam te bring en te verenig. Ek het met politieke, sake, burgerlike en ander leiers saamgewerk wie se sienings en beleide ek nie mee saamstem nie, en sal steeds daarmee voortgaan in Afrika en wêreldwyd.

“My opmerkings tydens aandete met pres. Donald Trump het deels ten doel gehad om gesprekke aan te moedig tussen die Trump-administrasie en Afrika se politieke en sakeleiers, veral in die konteks om toenemend terugvoer te kry van Amerikaanse politieke en sakeleiers dat Suid-Afrika en sommige Afrikalande teen Amerika en sy politieke leierskap gekant is.

“Dié persepsie het ʼn impak op ons vermoë om buitelandse beleggings te bekom en werk te skep. Afrika se huidige bevolking is ongeveer 1,35 miljard met die grootste toename onder jeug (tussen 15 en 24 jaar).

“Die werkloosheidskoers in die agt grootste Afrika-ekonomieë, gemeet deur die BBP is ongeveer 18%. Suid-Afrika, wat die mees geïndustrialiseerde en diverse ekonomie in Afrika het, het ʼn werkloosheidskoers van 29,1% en werkloosheid onder die jeug (15 – 24 jaar) staan op 51%.

“Afrika moet jaarliks sowat 8 miljoen nuwe poste skep vir die jeug en Suid-Afrika moet jaarliks meer as 500 000 nuwe poste vir die jeug skep.

“Om dit te doen en vaardighede en kundigheid te verskaf en die lewenstandaard van miljoene Afrikane te verbeter, sal Afrika vennootskappe moet skep en handel- en beleggingsbande tussen Afrika en Amerika en Afrika en ander dele van die wêreld moet verseker.

“ʼn Suksesvolle, vooruitstrewende en groeiende Afrika is goed en voordelig – nie net vir die 1,35 miljard mense wat in Afrika bly nie, maar vir die hele wêreld.

“Afrika en Amerika deel tot ʼn groot mate algemene waardes en beginsels en het ʼn groter gedeelde belang as die kwessies of beleide waaroor hulle verskil.

“Dit is in die belang van Suid-Afrika en die res van die Afrika-kontinent om sosio-politieke, handels-, beleggings- en kulturele bande met Amerika en die res van die wêreld te vestig wat voordelig is vir almal.

“Ek bly verbind daartoe om steeds ʼn nederige bydrae te maak in die verband,” het Motsepe bygevoeg.

Motsepe is ʼn swaer van pres. Cyril Ramaphosa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Johan Venter ·

Wat ek graag wil weet is, het Motsepe homself as individu daar op die WEF verteenwoordig, of was hy deel van Suid-Afrika se afvaardiging? As hy deel van die Suid-Afrikaanse afvaardiging was, het hy dan mos namens Suid-Afrika met Trump gepraat, so waarom nou beduie dat hy nie names ander, buiten homself moes praat nie? Hy het dan namens die land met Trump gesels en hom onder die indruk van Suid-Afrika se welwillendheid gebring?

Johan Venter ·

Hans, en veronderstel nou net hy het vir Trump vertel …. en, en , en … dit wat sekere ander hier oor Trump kwytraak, heel diplomaties natuurlik, so saggies ….

Wat sou die wêreldreaksie op Motsepe se twiet gewees het, vergeet nou maar dié in Suid-Afrika. Ek wil nie eens daaraan dink nie!

Noupraatjy ·

Ek vind geen fout met Dr. Motsepe se logiese benadering tot die situasie nie. As ons maar meer sulke besigheidskoppe in die privaatsektor en regering gehad het sou ons land nie nou in so n verknorsing gewees het nie.

Erna van Biljon ·

Ek stem saam met Noupraatjy – soos Kerneels se – wraggies waar!

Aai toggie ·

Wil maar net sê. Wanneer gaan die sogenaamde kenners leer uit die twakkies wat hul kwytraak.

Piet ·

Mind control. Mag nie ‘n eie opinie hê nie. Klink soosbrein kaping

Fanie du Preez ·

Die Liberale MSM is tog te bang iemand het n opinie wat met hulle verskil…Trump het die werkloosheids-syfer afgebring tot die laagste vlak in die geskiedenis van die VSA….hoe jaloers is ” ons” tog nou…almal is n klomp NPC’s.

ChrisE ·

Baie slim skuif wat die man gemaak het. Loof die meester en maak mooi praatjies, maar gelukkig is Trump nie onder ‘n kalkoen uitgebroei nie. Die Eskom sage het nog so paar episodes om uit te speel. Eskom gaan val. Raai wie gaan instap en die grootse elektrisiteis voorsiener word. Die Matsepe familie. ( Cyril en Jeff Radebe inkluis) . Dit is een van die redes hoekom teen “groen energie” geskop word. Die konsert gaan nog aan.

John ·

So die VSA moet soos in die lekker-ou-dae geld gooi na Afrika se dwase regerings maar eintlik net na SA… weer sonder-om-te-dink noudat die land soos ‘n platgeryde kafhoop lyk met die staat ‘n misoes ~ a has-been country ~ met massas geboortes cum werkloosheid: Gee vir die bedorwe afwagtendes wat-alles-mòèt-kry-wat-ons-ace.

Jakes ·

Nog altyd gewonder hoe Patrese Motsepe aan sy rykdom gekom het?Alhoewel, invergeleke met die rykes van die wereld is Motsepe eintlik baie arm. Trump is die magtigste man ter wereld en hy is verkies as die president in n demokratiese verkiesing. Die komuniste haat hom maar wie gee om? Ons haat komunisme so kry vir julle.

Snowflake ·

Filantroop!!!! My vraag ook….. hy het van die oomblik van gesprek herhaaldelik “we love you” South Africa love you…… hy het presies geweet wat hy se… waaroor was die besprekinge……… TRUMP THEY HATE YOU!!!! Seker al die druk wat jy nou kry om omverskoning te vra…… KLUGSPUL!!!!!

charmaine ·

Ons “luiers” kan baie Trump leer, hy is ten eerste n sakeman dan n President. Soos Fanie noem ons ouens is net jaloers op Trump, en daai praaitjie van “love” is skeinheiligheid en geldgiereigheid wat so praat.

Scalla ·

Patrice en sy swaers sal nie goed doen en sê wat vir hul voordeel gaan inhou in die toekoms nie.

Jr ·

Maar jy het ook vir 3 miljoen mense gepraat wat van Trump hou. Of het jy net vir die 500 Tweeters wat vir ń sekere cANCer party stem verkeerd gepraat. So why apologise?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.