SA reddingswerkers gou op pad na Gaza

Reddingswerkers van Gift of the Givers in Gaza. (Foto: Verskaf)

Gift of the Givers doen tans alles in sy vermoë om hulp aan burgerlikes in Gaza te verleen. Die humanitêre noodledigingsgroep se reddingswerkers verkeer egter onder groot “fisieke, emosionele en geestelike” spannning weens die voortslepende bombarderings.

Hulle vrees ook vir die welstand van hul gesinne, sê dr. Imtiaz Sooliman, direkteur van Gift of the Givers.

“Mobiliteit, kommunikasie en veiligheid is ernstige uitdagings,” verduidelik Sooliman.

Tans is dit net Palestynse lede van die organisasie wat in reddingspogings daar betrokke is, maar volgens Ali Sablay van Gift of the Givers berei hulle tans ʼn span Suid-Afrikaanse reddingswerkers voor om “binnekort” na Gaza te vertrek.

Gift of the Givers het reeds mediese voorraad, medikasie en rolstoele vir beseerdes by verskeie hospitale aangekoop sedert die Hamas-terreurgroep verlede naweek ʼn verrassingsaanval op Israel van stapel gestuur het en dié land met sy vergeldingsveldtog begin het.

Die humanitêre noodledigingsgroep finansier intussen brandstof vir ambulanse en pasiënte ontvang klere met hul aankoms by die hospitaal.

Altesaam 15 hospitale en 23 ambulanse is egter doelbewus geteiken, sê Sooliman.

ʼn Woedende Israel het verlede week die krag- en watertoevoer na Gaza afgesny. Gift of the Givers voorsien nou water aan duisende burgerlikes met behulp van sy drie ontsoutingsaanlegte.

Kragopwekkers is ook beskikbaar gestel.

Warm etes en kospakkies is die afgelope week aan duisende mense verskaf.

Reddingswerkers van Gift of the Givers in Gaza. (Foto: Verskaf)

Sooliman sê Gift of the Givers beplan nou ʼn veel groter humanitêre ingryping met uiteenlopende voorraad vir wanneer goedere deur die Rafah-grens toegelaat word. ʼn Spesiale hulpvlug word ook oorweeg.

“Ons het ons Gaza-span gevra om meer personeel in diens te neem en netwerke te vergroot om kontinuïteit van verspreiding te verseker vir wanneer mense sterf, wat ʼn baie sterk moontlikheid is gegewe die risiko’s wat hulle moet waag.”

Israeliese weermagsvoertuie op die grens tussen Israel en Gaza. (Foto: Jack Guez/ AFP)

Vlugtende Palestynse burgers met tasse, plastieksakke en selfs matrasse in die hand is teen dié tyd ʼn algemene gesig in Gaza.

Maroela Media het vroeër berig Palestyne word in dié stadium gedwing om met soveel moontlik besittings suid van die enklawe te vlug, terwyl Israel duisende troepe buite die enklawe bymekaarmaak ter voorbereiding vir wat hy ʼn land-, lug- én seeaanval noem.

Maar die aankoms van honderdduisende mense plaas egter verdere druk op hulpbronne in die digbevolkte suide.

Inwoners van Gaza is in dié stadium eintlik vasgevang aangesien Israel-beheerde oorgange gesluit is. Egipte het ook die Rafah-grens in die suide gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Loun ·

Hierdie is n oorlog wat voorspel is….. eeue terug…. moet nie simpatie soek nie..

Pieter ·

Dasy netso. Hulle veroorsaak die oorlog, dan moet hulle nog gehelp word ook….

Magda ·

Hoekom nie Israel nie, hulle het EERSTE aangeval en nou wil hulle daaroor kla. Hoeveel onskulduge jong mense is ni daai Saterdag oggend onskuldig dood geskiet nie, 40 babatjies en kleuters VERMOOR in hulle kotte, oumense uit huisre gegooi, VERMOOR en Dan is hulle huise aan die brand gesteek, hulle moes aan die nagevolge gedink het voor hulle begin het met Terroristiese aanvalle, maar ja ramaphosa kom van Malawi af en gemors van n malema van Zimbabwe, wat soek hulle in SA, is hulle ooit SA burgers regtig???????

Regtigegtig ·

Magda dus vreeslik van die 40 babatjie en kleuter wat dood is maar is jy bewus dat daar meer as 4000 kinder dood of beseer is aan Gaza kant. Daar is meer as helfte van die mense aan Gaza se kant is kinders.

Hoekom ·

Hamas is verantwoordelik vir daardie 4000 kinders in Gaza waar hulle regeer en wegkruip…

Amelia ·

Die verskil is Israel waarsku elke keer as hulle gaan aanval, gee mense tyd om uit te kom, en val nie opsetlik burgerlikes aan nie. Die probleem is Hamas die lafaards gebruik burgerlikes as ‘n skild, en wanneer hulle aanval gaan soek hulle juis die sagte teikens uit en kies die afgryslik moontlikste maniere om terreur te saai. Die modus operandi van Hamas en Israel verskil hemelsbreed.

Gaitsigubib ·

Dis kwaai onpopuler om enigsins notusie te neem van die Palisteine se lyding. Ek kom dit nou eers werklik agter. Dis nogal ironies want ek het eintlik werklik die Jode gesteun – ek het begrip vir hul strewe om hul eie land te he.

absoluut ·

GOG, julle stel teleur met julle eensydige hulp aan die groep wat verantwoordelik was vir die begin van die terreur

Rupert Ashford ·

Gaan dink weer en lees bietjie op dan sal jy nie verras wees of teleurgesteld wees nie.

Regtigegtig ·

Baie dankie aan die Gift of the giver wat gaan help. Ek le wakker as ek dink aan die 750… kinders wat dood is en ander duisende kindertjie wat beseer is. Maak nie vir my saak watse kan wie help nie. Help net asb die kindertjie wat onskuldig is.

Euodia ·

Ek is regtig teleurgesteld met GOG almal wat vir hulle werk is nie Palestyne nie. So wie gaan hulle stuur en het hulle simpatie met die ander in hul groep wat Israel ondersteun!

Gaitsigubib ·

Ek is ongelukkig geswartlys vir die meeste kommentaar, maar ek wil jou gerus stel dat Israel tans baie hulp kry. Daar is tans baie ongevalle aan beide kante, maar Israel het wel die spreekwoordelike “upper hand”. Wat my baie bekommer is dat Iran agter Hamas is en Iran is militer sterk. Onder n swak VSA regering het hul kernwapens ontwikkel. Dit sou baie beter wees as mens ander oplossings kon vind as dit wat huidiglik die egval is.

annie ·

Islam is wêreldwyd verspreid en sorg net vir hul eie mense soos hul godsdienstige geskrifte beveel. Christene en Jode moet hiervolgens uitgeroei word om Allah se seën te ontvang. Israel en Jerusalem word ook gesien as Moslem-grondgebied.

Amelia ·

Gift of the Givers help gereeld mense wat nie Moslems is nie. Net nie in hierdie geval nie, lyk dit my

Hoekom ·

Die bom kies nie sy teiken van daar bo tot onder op die grond nie. Hamas het na die babas en kleuters gemik deur hulle gewere se vesierre. Daarin le die verskil…

Loun ·

Hou julle daar uit……
Isreal is God se Volk, wil julle nou probeer om dinge te verander. Wie het begin met dit?

Leona ·

Hoekom Gaza? Gift of the Givers moet hulle prioriteite regkry! Isreal is die slagoffers.

popsa ·

Suid-Afrikaanse reddingswerkers? Nee, sê reguit wie dit eintlik is. En waarom hulle gaan. En wie en wat die oorsaak is daarvan dat die Gaza-strook gebombardeer word. Kom nou, MM. Klink soos heldeverering van boosaards. En Israel word die vark in die verhaal, terwyl daardie einste Gaza wat nou so hulpbehoewend is die broeiplek van alleruiterste boosheid is!

Marius ·

My hart gaan uit na hulle maar wat gebeur in ons eie land wie doen iets omtrent dit ons het dit nie alles op een slag maar elke dag word honderde mense vermoor kyk na alles oor n jaar dan is ons verder af as mense in oorlog

Johan ·

Jammer GOG , julle het my ondersteuning en respekt verloor , hoekom n organisasie ondersteen wat net een oogmerk het – om tereur te saai ???

Elsie ·

SUID AFRIKA!!!!!!! Hou jou neus in jou eie sake………kyk eerder na jou eie burgers

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.