SA se Louzanne wen silwer in Parys

Louzanne Coetzee en haar gids Erasmus Badenhorst in aksie tydens een van die uitdunne vir die 1 500m (T11) (Foto: JULIEN DE ROSA/AFP)

Louzanne Coetzee het Maandag vir Suid-Afrika se eerste medalje gesorg by die Wêreld-Para-Atletiekkampioenskap in Parys.

Coetzee het tweede geëindig in die 1 500 m vir T11-vroueatlete. Haar tyd van 4:48.13 is haar beste nog die afgelope seisoen. Kenia se Nancy Chelangat Koech het met haar wentyd van 4:46.55 ʼn nuwe kampioenskaprekord opgestel.

Coetzee het Sondag tweede (4:54.90) in haar uitdun geëindig.

Louzanne Coetzee (Foto: Instagram)

Intussen het Tezna Abrahams Maandagoggend agtste geëindig in die verspring vir T64-atlete, terwyl Refilwe Mosifane vyfde was in sy uitdun in die 400 m (T36-klas).

Nog vier Suid-Afrikaanse atlete is later vandag in aksie. Puseletso Mabote sal in die eindronde van die verspring (T63-klas) deelneem, terwyl Jaco Smit in die 100 m-finaal (T12) in aksie sal wees. Sheryl James en Liezel Gouws sal sake uitspook in die finaal van die 400 m (T37).

Brandon Beack het Sondag alles gegee in die finaal van die 1 500 m (T52), maar moes met die sewende plek tevrede wees. Ndodomzi Ntutu was tweede in sy uitdun in die 100 m (T12), maar sy tyd (11:04), sy beste nog die seisoen, was nie vinnig genoeg om vir die volgende ronde te kwalifiseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lurock ·

Baie baie geluk aan al die atlete en hulle helpers. Gaan groot gaan groot.

E ·

Kan mense weet wanneer die atlete op OR tambo gaan wees? Dit word nooit gese nie en dan kan mens hulle nie welkomheet en geluk wens nie. Ek haal my hoed af alle sport beoefenaars dit verg soveel. inset en deursettingsvermoe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.