SA verspringkampioen vir vier jaar geskors

Luvo Manyonga. (Foto: Christine Olsson/ TT News Agency/AFP)

Suid-Afrika se verspringkampioen Luvo Manyonga is vir vier jaar geskors.

Die internasionale vereniging van atletiekfederasies (IAAF) se atletiekintegriteitseenheid (AIU) het Luvo Manyonga, ʼn Olimpiese verspring-silwermedaljewenner, geskors nadat hy versuim het om te voldoen aan die kriteria waarvolgens atlete wat deel is van Wêreldatletiek se geregistreerde toetspoel die AIU moet ingelig van waar hul hulself bevind. Dit is sodat die AIU atlete sonder kennisgewing kan opspoor.

Volgens die AIU het sy dissiplinêre tribunaal besluit die verbod is van 23 Desember 2020 van krag. Dit is Manyonga se tweede oortreding van Wêreldatletiek se reëls rakende die gebruik van verbode middels.

Manyonga het op 26 November 2019 ʼn eerste toets misgeloop en het in 2020 nie akkurate inligting verskaf oor waar hy hom bevind het nie om twee ander toetse te ondergaan.

Daar is vroeër vanjaar berig dat Atletiek Suid-Afrika ook bekommerd was oor Manyonga se doen en late. Dit nadat hy voorlopig deur AIU geskors is omdat hy drie opkikkertoetse binne 12 maande misgeloop het.

Manyonga het in 2016 ʼn tweede plek by die Olimpiese Spele in Rio behaal en is die volgende jaar as die wêreldkampioen aangewys. Dit lyk egter onwaarskynlik dat hy vanjaar se Tokio-spele sal kan bywoon.

Die 30-jarige Manyonga, die Afrika-rekordhouer in verspring, kan in die Internasionale Hof vir Sportarbitrasie (CAS), wat in Switserland gesetel is, teen sy skorsing appelleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Klipkop ·

Ja tog. Suid-Afrika se mense sal nooit verander nie. Skande op skande.

Tewis ·

O my gonna en daar verloor SA nog ń plek.
Sal seker maar appeal.

MakersMark ·

Daai hoes stropie wat ouma gegee het…..wie kon ooit raai dit laat mens half meter verder spring……

Sarel ·

Seker gedink.dit is SA…en dat hy met alles sal wegkom.
Srker met behulp can BLM..toe werk dit nir

Elmarie ·

Hierdie atleet was so goeie voorbeeld van iemand wat sy lewe omgedraai het en wonderlik presteer het. Ek hoop hy kry hulp. Hy was ‘n voorbeeld vir ander mense wat verdowingsmiddels gebruik dat jy jou lewe wel kan omdraai. Ongelukkig is dit soos met alkoholisme – jy moet heeltyd vasbyt om nie weer te verval in misbruik nie. Ek oordeel hom nie, hy is op ‘n slegte plek en het hp nodig en ek hoop hy kry dit

Willem ·

Geen verrassing nie dis die mentaliteit van hierdie persoon.Kan niks eerlik bereik nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.