SA vra vir beskermingsmag, opening van korridors in Gaza

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het Maandag opnuut ʼn beroep gedoen dat humanitêre korridors in Gaza onmiddellik en onvoorwaardelik geopen word om burgerlikes van kos, mediese voorraad en brandstof te voorsien.

Die departement sê Suid-Afrika doen nou ook ʼn beroep op die Verenigde Nasies (VN) om ʼn beskermingsmag na Gaza te ontplooi om burgerlikes teen verdere bomaanvalle te beskerm.

“Alle lande wat werklik verbind is tot ʼn reëlsgebaseerde stelsel wat deur internasionale reg ondersteun word, moet onmiddellik optree,” het Dirco Maandag gesê.

Dié departement meen Israel, wat sedert ʼn verrassingsaanval van die Palestynse militante groep Hamas ʼn vergeldingsveldtog in Gaza uitvoer, oortree tans die internasionale reg en behoort aanspreeklik gehou te word vir burgerlike sterftes in Gaza.

Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, het Maandag aan sy oorlogskabinet gesê Israel maak “stelselmatig vordering” in sy militêre veldtog teen Hamas in Gaza.

Israel voer daagliks lugaanvalle in Gaza uit sedert Hamas ʼn aanval op 7 Oktober op Israel uitgevoer het wat die lewe van 1 400 mense geëis het. Altesaam 239 mense is die betrokke dag as gyselaars geneem van wie enkele intussen vrygelaat is.

Die Hamas-beheerde ministerie van gesondheid in Gaza sê nou meer as 8 300 mense is sedertdien deur Israel gedood.

Tedros Adhanom Ghebreyesus, hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), het Maandag verwys na sy eie kinderjare in ʼn oorloggeteisterde Ethiopië terwyl hy by wêreldleiers gepleit het om vir vrede te verenig.

“As kind wat vasgevang was in die skaduwees van oorlog, het ek die reuk, klanke en werklikheid daarvan intiem geken. Ek het diep empatie met diegene wat nou in die middel van konflik vasgevang is, en voel hul pyn asof dit my eie is.

“Oorlog bring net verwoesting, afgryse en vernietiging. Niks anders nie.

“Laat ons in hierdie kritieke oomblik bo die verdeeldheid uitstyg en die pad van vrede omhels. Ware moed lê in die keuse van vrede. Ek doen ʼn beroep op wêreldleiers om te verenig en die wêreld na vrede te lei,” het Ghebreyesus gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Christian J M ·

Maar Dirco – Hoekom vat julle dan nou nie maar die weermag and gaan help[ julle maatjies daar nie ????

Blomme ·

Weermag wat waar is? Alles onder die uitstekende leiding vd ANC vernietig!

annie ·

Volgens die Bybel sal daar die grootste oorlog ooit gevoer word. Om dus te skree en te pleit vir vrede op aarde is so effe verwaand so asof die ‘verhewe’ mens daartoe in staat is… Die patetiese Dirco nogal… Tedros met sy virusse beter sy mond hou…

Lourens ·

En wie in die wêreld heg enigsins enige geloofwaardigheid aan die cANCer regime?

Willem ·

Jammer die regering voel nie ook so oor plaas moorde nie, gaan help julle maatjies in gaza hulle het die gemors begin en moet maar die gevolge dra. Nou sien die wereld dat die anc is ook maar net nog n terroriste beweging. Gewillig om enige instansie te help wat nie demokrasie voorstaan nie.

Danie ·

Dit is nou dieselfde ouens wat elke aand hulle kussings nat gehuil het as ou mense, vrouens en kinders (natuurlike ongewapen) nie deur landmyne en bomme wat hulle in Suid -Afrika geplant het, gedood is nie.
Nogal merkwaardig dat wanneer die leeu ‘n hand of iets afbyt, wanneer jy gewaarsku is, maar nog steeds aanhou karring het, dan is daar gewoonlik ‘n tranedal. Maar dan is dit te laat.

annie ·

Ons kom nou agter SA het ook ‘n diep ravine wat onder die oppervlak van ons land loop deur dorings en distels toegegroei, maar tog daar is. Dit het nou oopgewaai. Die DA was te manhaftig in hul druk om hul sin te kry en sê te sê met verreikende gevolge vir ons mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.