SA vra vir vrede in Gazastrook, maar…

‘n Woonbuurt in Gazastad. (Foto: MAHMUD HAMS / AFP)

Dit was nog nooit ʼn geheim by wie die ANC hom skaar wat die spanning tussen Israel en die Palestyne betref het nie.

Maar noudat dit missiele in die Gazastrook reën, sê die regerende party Suid-Afrika se geskiedenis met apartheid is die Palestyne se werklikheid.

Mahlengi Bhengu-Motsiri, nasionale woordvoerder van die ANC, sê nou in reaksie op Hamas se verrassingsaanval op Israel dié land is ’n “blatante apartheidstaat wat metodies bevoorregting namens Joodse Israeli’s afdwing en teen Palestyne diskrimineer”.

“Gevolglik is die besluit deur Palestyne om te reageer op die brutaliteit van die setlaar- Israeliese apartheidsregime nie verbasend nie. Die ANC staan saam met die mense van besette Palestynse grondgebied aangesien dit duidelik is dat die ontaarde veiligheidsituasie direk verband hou met die onwettige Israeliese besetting,” sê Bhengu-Motsiri.

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) vra intussen dat albei kante die geweld onmiddellik staak en dat vrede tussen Israel en die Palestyne bewerkstellig word.

Die departement blyk sterk gekant teen die geweld, maar nietemin ten gunste van Palestina te wees.

ʼn Woordvoerder van Dirco sê Suid-Afrika “poog om blywende vrede te verseker wat ʼn lewensvatbare, aangrensende Palestynse staat sal voortbring wat in vrede langs Israel kan bestaan, binne die 1967 internasionaal erkende grense, en met Oos-Jerusalem as sy hoofstad.

Die woordvoerder sê egter geweld, gedwonge verskuiwings en die voortgesette beleg van Gaza is nie bevorderlik vir die oplossing van die konflik nie. “Daar moet dringend aandag gegee word aan die oplossing van die finale statuskwessies soos grense, die status van Jerusalem, die vrylating van politieke gevangenes en die reg van terugkeer.

“Geen werklike en blywende vrede in Israel, Palestina en die streek is moontlik in die afwesigheid van ʼn regverdige en omvattende oplossing van die konflik nie. Israeli’s, Palestyne en die streek kan niks baat by verhoogde spanning, toenemende geweld, groeiende onstabiliteit en ʼn voortgesette en uitgerekte gewelddadige konflik nie.”

Volgens die woordvoerder is Suid-Afrika meer as bereid “om sy ervaring in bemiddeling en konflikoplossing te deel soos hy dit op die vasteland en regoor die wêreld gedoen het”.

Rook borrel bo Gaza op 7 Oktober 2023 tydens die lugaanval (Foto: Mahmud Hams/AFP)

Minstens 700 Israeli’s is reeds dood, onder wie minstens 250 by ʼn buitelug-konsert, sedert Hamas Saterdag ʼn aanval geloods het. Israel se teenaanval het intussen die lewe van sowat 430 mense geëis.

Meer as 123 000 mense in die Gazastrook is sedertdien sonder enige heenkome en leef in vrees en met kommer oor hul veiligheid en die moontlike vernietiging van hul huise,” het die VN se humanitêre agentskap, OCHA, gesê.

Meer as 73 000 mense skuil tans by skole.

“Ons veg steeds,” het Richard Hecht, Israel se militêre woordvoerder, Maandagoggend gesê terwyl Hamas-vegters vir ʼn derde dag aanvalle op minstens sewe plekke geloods het.

“Ons het teen gister gedink ons sal volle beheer hê,” sê Hecht. “Ek hoop ons sal teen die einde van die dag [volle beheer hê].”

Verskeie lande, onder meer Pole, het reeds begin om hul landsburgers uit Israel te verwyder. Drie militêre vliegtuie met Poolse inwoners in Israel het Maandagoggend in Warschau geland.

Op die eerste vlug was 120 mense Poolse burgers wat by die Tel Aviv-lughawe gestrand was. Twee ander vlugte het gevolg.

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het burgerlikes in Gaza gewaarsku om weg te kom van alle Hamas-gebiede aangesien dit waarskynlik in puin gelê gaan word.

Brandende motors ná ʼn vuurpylaanval uit die Gaza-strook in Ashkelon in die suide van Israel (7 Oktober 2023) (Foto: Ahmad Gharabli/AFP)

Iran ontken betrokkenheid

Iran skaar hom by tans by die Palestyne en het selfs Hamas se aanval as “ʼn trotse operasie” bestempel.

Die land het egter Maandag bewerings verwerp dat hy ʼn gehad het in die aanval wat Hamas op Israel geloods het.

“Die beskuldigings wat verband hou met ʼn Iranse rol … is gebaseer op politieke redes,” sê Nasser Kanani, woordvoerder van die Iranse departement van buitelandse sake. Kanani het ook gesê Palestyne beskik oor “die nodige kapasiteit en wil om hul nasie te verdedig en hul regte te herstel” sonder hulp van Teheran.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Amelia ·

Die Palestyne “reageer” nie, ANC. Dis tog duidelik dat hulle die aggressor is in hierdie geval. Om nie te praat van die absoluut laakbare manier waarop hulle hul aanval uitvoer nie. Israel kan niks anders doen as om hulself te verdedig nie.

Sobymykoolkop ·

Julle sal dit goedpraat. Julle het mos ook onskuldige mense met landmyne aangeval en bomme geplant. Net omdat julle ” dapper ”
Weermag te skuitbang was vir Sa se weermag. Ons verkramptes lag nogsteeds van ‘ 94 af vir julle en die woke liberale

Skyspy007 ·

Hierdie terroriste het met die verkeerde leeu se snorre gepeuter…..kyk maar net. In Die Woord staan dit duidelik….

Michael ·

Hopelik wis Israel nou vir eens en altyd alles in die Gazastrook uit en sommer die hele Palestina, Iran en Libanon

Connie ·

Ek kan namens myself praat, ek het nie die regering nodig om dit te doen nie, want ek stem nie saam met julle nie. Isreal ek bid vir julle en staan saam julle. Mag Vader intree en sy kinders beskerm.

Tipper ·

Hmm verder voer die crime HIER hoogty en daar is nou nog nie vrede nie.

Amelia ·

In suid afrika is daar nie eers vrede onder sy eie mense nie nou wil hul daar vrede bewerkstellig

Jakes ·

Ramaphosa en sy ANC matertjies kan maar galbraak soos hulle wil. Geen soewereine staat sal terugstaan nadat hulle aangeval word nie. Die probleem is egter dat Israel se militere slaankrag is ver verhewe bo die van die Palestyne. Hierdie saak kan handuit ruk indien ander moondhede hierby betrokke raak.

Fanie ·

Ek stem Jakes – ek is hoogs bekommerd. Israel is nie ‘n land om kaalhande aan te vat nie. Verder hou apartheid en die situasie in Israel glad nie verband nie. Nes die ANC ook skrou dat Rusland hulle tydens apartheidsjare ondersteun het. Dit was die USSR – nie Rusland nie. Maar in beidegevalle lag hulle lekker agter hulle hande vir hulle “puppets”

Lourens ·

Grap van die week: “SA is bereid om sy ervaring in bemiddeling en konflikoplossing te deel soos hy dit op die vasteland en regoor die wêreld gedoen het”
Hierdie narre het ‘n verhewe dunk van hulle eie aansien en vermoëns.

Roek ·

Vredebewaarders aan die ander kant probeer om ten alle koste vrede bewaar , “Wie sy oe vir die waarheid sluit, veroorsaak smart (spr 10:10) Vredebewaarders ,wat dit wat verkeerd is ignoreer net om die vrede te bewaar , sluit hul oe vir die waarheid, !

Mnr De Beer ·

Lees maar die kommentare en haal Bybel verse uit terwyl Israel veg vir sy land. Ek het meer resprek vir die wat iets aan n saak doen en veg teen dit wat verkeerd is as die wat heeltyd bid en Bybel verse uithaal.

Danie ·

Nou wonder ek maar net, is dit vredemakers tussen God en mens of tussen mens en mens. Ek leun meer na tussen God en mens: Wanneer jy die Evangelie en die waarheid van die Woord van God versprei…

Republikein in die Wes Kaap ·

Israel gaan Iran platvee, met of sonder Brics. Goed, groot gedeeltes van Iran is in elk geval klaar plat.

Manie ·

Ek glo nie Israel sal Iran wat nie direk betrokke is in die oorlog aanval nie, die risiko is te groot met al die vyandige state om hom.

Republikein in die Wes Kaap ·

Iran ondersteun Hamas. En hulle het baie vyande in die streek. Binnelands is die bevolking keelvol vir die geestelikes. Israel veg nou vir oorlewing. Iran is tickets.

Koos 100 ·

Dis nie dieselfde wat die ANC se woordvoerder Saterdag gesê het nie. Die ANC het die aksie van Hamas in soveel woorde goedgekeur. Skeiding tussen Staat en Party pas hulle ook net soos die wind waai.

Casper ·

Dit was ‘n groot fout van Palestina om Israel aan te val.Israel gaan terug baklei en dit gaan nie koek en tee aanvalle wees nie.Hamas maak maak reg vir groot groot …

Hendrik ·

Soos MK is Hamas baie dapper teen ongewapende burgerlikes. Sulke gemors moet met wortel en tak uitgeroei word.

Samuel ·

Is hierdie oorlog nie die een wat in Ps 83 geprofeteer word nie?

Die ANC wil help met bemiddeling? Wat ‘n grap!!

Spyker ·

Stuur die weermag om die Fillestyne te gaan help. Hulle ken mos die soort oorlog!

Marius ·

ANC nes Palestina is ‘n klomp geelgatte. Stem 100% saam. Terroriste sal sltyd ander terroriste beskerm en ondersteun. Suidafrikaners julle slaap oop oë…. Tyd kom al hoe nader….

Antoinette ·

Ek bid dat Israel Hamas TOTAAL sal uitroei. Here strek net U hand uit en verpletter U vyande. Ook hulle wat hulle toetemming en steun gee aan Hamas. Laat U vuur die mense verteer wat hulle toestemming gee aan Hamas, ook in Suid Afrika. VERNIETIG HULLE HERE!!! Laat U ALMAG aan U vyande bekend word en laat vrees en verskrikking hulle deel word wat nie aan U kant is nie. Doen dit Here moenie talm nie. Ons prys U NAAM, JESUS.

trotsNAMSA ·

Julle het voor 1994 Namibië met julle Weermag oorgeneem. Namibië was julle Gaza en Wesbank. Natuurlik sal daar teruggeveg word soos SWAPO gedoen het om Namibië vry te maak van julle silwerwit “Christen” Regering. Hamas het net genoeg gehad van Israel se afbreek van hul geboortegrond deur hul setlaars alles oor te neem.
Gaan besoek Israel dan praat ons weer.
By gesê, gelukkig is Namibiërs en Suid-Afrikaners nie agter hoë mure toegesluit nie. Nogtans moes bogenoemde ook aanvalle / diskriminasie in hul eie land ervaar.
Hoeveel keer het Israel nie net begin aanval nie ? Huise vernietig ? Genoeg is genoeg.

Piet parys ·

70 mense word daagliks vermoor in Sa en die regerende Anc Terroriste organisasie laat hom uit oor Israel wat hulle self verdedig teen Hamas. Dis hoekom jy jou nie mag self verdedig teen aanvallers nie want die regering het dieselfde mentaliteit as hulle Palistynse . broers .

Cassie Carstens ·

Wat ek nie kan verstaan is nie, is waarom Suid Afrika se ANC regering deurmekaar is met die kriminele volkere van die wereld. Hierdie “liefdesverhouding” gaan nie vir ewig hou nie.

Cherokee ·

Wat sou die wêreld tog gedoen het sonder die ANC regering van Suid Afrika! Hulle doen hul bes om vrede te bewerkstelling tussen Rusland en die Oekraïne, hul val oor hul voete om vrede te probeer bewerkstellig tussen die Israeliete en die Palestyne… ens. Wat ‘n vredeliewende spul. Dekades gelede het hulle vrede probeer reël dmv stasie- en winkelbomme.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.