Saai kap Cele ook oor uitsprake

(Foto: Yolandi Kruger)

Die landbouorganisasie Saai sê boere in Suid-Afrika – groot en klein, arm en ryk, swart en wit, en ongeag politieke affiliasie – wil weet hoe hulle moet boer as kommunale beeste in hulle lande ingejaag word en oeste vernietig, en hoe landbou moet gedy as daar geen respek vir eiendoms- of verblyfreg is nie?

Saai sê die tirade van Bheki Cele, minister van polisie, voor boere in Normandien – nadat dié vraag aan hom gestel is – ontbloot die kern van die probleem en die ANC se rol daarin.

Cele het Maandag tydens ʼn vergadering by Newcastle in KwaZulu-Natal om veiligheidsprobleme te bespreek, luidens berigte uitgevaar teen sommige boere wat dié kwessies geopper het.

Dr. Theo de Jager, voorsitter van Saai, sê die minister het egter nooit die vraag beantwoord nie, maar dat opposisiepartye dit hopelik sal aanhou vra.

Hy sê plaasbetreders het op 18 Augustus ’n suksesvolle swart boer in Tzaneen se plaas afgebrand, drade geknip en gesteel en die afgelope naweek sy besproeiingsdam se krane afgeslaan. Volgens Saai treiter plaasbetreders dié boer al vir jare, maar die polisie weier glo om stappe te doen.

Saai voer ook aan in Noordwes kom plaasbedrywighede in die Hartbeesfontein-omgewing tot stilstand omdat die polisie versuim om plakkers, wat na bewering deur vakbonde aangehits word, van kommersiële plase te verwyder.

“Die regskoste wat boere moet aangaan om die wet toegepas te kry, beloop reeds meer as die waarde van hul plase,” sê De Jager.

Die organisasie sê ook die burgerregtegroep AfriForum het in Junie ingegryp om 500 grondgrypers van klein plase van swart, wit, bruin en Indiër-eienaars in Elandsfontein, suid van Johannesburg, te verwyder. Volgens Saai wou die polisie nie ʼn hofbevel daaroor afdwing nie.

“Min. Cele se uitbarsting skep verdere beleidsonsekerheid en skeptisisme onder sowel plaaslike grondeienaars as wêreldwyd onder handelsvennote en beleggers, wat vrees dat ad hoc-grondbesettings eerder as grondwetwysigings – soos wat in Zimbabwe gebeur het – die sneller tot ekonomiese inploffing sal wees,” sê De Jager.

Hy sê Cele se uitbarsting plaas die ANC sentraal in die aanhitsing van die knellendste probleme wat familieboerderye in die gesig staar.

“Die respek wat minister Cele al gillende opeis, soos vertroue, word ongelukkig nie verdien nie – en beslis nie afgedwing nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Pieter ·

Mooi gestel. Want hy weet niks way aangaan nie. Klomp rassiste van anc en eff.

Werner ·

ANC wil net soveel anargie in hierdie land he as die EFF dit is hoe jy oorgaan na n komunistiese bedeling. So raai wat geen stemmery een van die dae

Genis ·

Hy het nie n antwoord nie, dan maak hy sulke stelings uit onkunde en woede.. Want onthou hy is verheuwe bo almal. Ongelukkig vir hom, is die refleksie van die misdaat, GBW, moored, ents. N totale refleksie op hom eerstens, en die ANC as n voordeel..

AndrewL ·

Cele sal aanhou skree op die boere want die vrae druis in teen die ANC beleid om die blanke bevolking te vernietig.

Die regering het geen wil om plakkery en vernietiging van infrastruktuur te bekamp nie. Die Wolwespruit voorval is ‘n sprekende voorbeeld. Tshwane is gewaarsku oor die moontlikheid van landgrype, maar hul doen niks daaraan nie – inteendeel, dit gaan voort met georganiseerde toevloei van mense.

Kokerboom ·

Die man is gif en so ook ‘n paar ander ou garde ministers, vir ons samelewing. Die president moet dringend sy cabinet skommel en die anc rassiste uitsmyt. Kan ons net ASB vorentoe gaan!!!!

Annelize ·

Kokerboom, die ANC sit hulle gabbas in strategiese poste, sodat hulle kan maak en breek en verwoes nes hulle smaak, sonder dat enigeen ooit ‘n oog sal trek.

Vernon ·

Al hierdie goed gebeur omdat hy nie geskik is vir enige pos nie.

Persheks Adri ·

Groot hoed, ANC en EFF klink almal dieselfde met hul rassisme en BLM!

Loop tsek man die hele lot van julle tsek!

Jakes ·

Om Cele in enige pos in die parlement aan te stel bewys weereens dat die ANC diep moet delf om sekere poste te vul en as Cele die beste kandidaat was vir die pos dan is dit lagwekkend en n skande van groot formaat nes meeste van die ander aanstellings in die kabinet. Kry tog asb iemand wat n sinvolle gesprek kan voer met integriteit.

gatgogga ·

“Who do you think you are?”
Dit wanneer ‘n landsburger hom vra om sy standpunt te stel. Dit wys jou, hulle het nie ‘n begrip van wat demokrasie beteken nie. Hy is, as minister, aan die volk verantwoordbaar – dis wat demokrasie beteken.

Aai ·

Hulle grou hulle eie gat.Mense dink mooi hoekom hou hule SAL aan die lewe want as hier anargie is sal dit hulle eenigte manier wees om die land te vlug al die ANC kaders.

Althes ·

Is daar nie ñ manier waarop daar opgetree kan word teen hom nie?

Snowball ·

Gil vir respek, maar betoon niks teenoor ander nie. Iemand moet vir die intellektuele reus verduidelik dat respek verdien word, dit kom nie saam met die grand motor en hoed waarvoor die belastingbetaler moet opdok nie; daar stoot ‘n afsku in mens op as jy hierdie goed se houdings en selfvoldaanheid moet sluk.

Ricus ·

Verstaan die Boere en ander blanke Afrikaners nie dit is n poep teen donderweer die ANC EFF het n agenda en hul gaan dit deurvoer maak nie saak hoeveel Blankes,swart,bruin of watse ras ookal benadeel word nie.

MakersMark ·

Ek verwys weer na die ou storie van wat gebeur hoe hoër ‘n bobbejaan teen ‘n krans uitklim.

JohanR ·

Die man is ‘n groot NAR! Waar in enige ander land behalwe SA sal soe iemand ooit Minister van Polisie word? Hy was een keer afgedank. Hoekom het hy nie afgedank gebly nie?

Snowball ·

JohanR, want die kaderpoel is so vlak, hulle moet dieselfde onbeholpe, onbevoegde individue heeltyd recycle. Korrupsie word mos beloon, nie gestraf nie.

Jacobus ·

Ek kan baie dinge verstaan, maar iemand wat goed op TV en voor verslaggewers sê en dit later ontken ly aan ‘n slegte soort breindisfunksie.

Annelize ·

Ja, reageer so omrede hy nie ‘n clue het wat om die man te antwoord nie, want hy het nie ‘n clue wat hy eerstens maak in die pos waarin hy is nie. Tipiese reaksie as hulle in ‘n hoek is.

Maar dis mooi, so sien mens die lot se ware kleure uitkom, een vir een vir een…. Wat ‘n skande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.