Saak teen Du Plessis van hofrol verwyder

Die verslaggewer Izak du Plessis. (Skermgreep: Nuuspod)

Die joernalis Izak du Plessis is weer ʼn vry man nadat hy Donderdag in Mbombela vir minagting van ʼn hofbevel in hegtenis geneem is.

Du Plessis is in ʼn stryd gewikkel met die private ondersoeker Mike Bolhuis, oor die plasing van twee video’s op sy nuuswebwerf, Nuuspod, waarin mense aanvoer hulle het Bolhuis vir dienste betaal wat nie behoorlik gelewer is nie.

Du Plessis het ʼn nag in die aanhoudingselle deurgebring voor hy op borgtog van R2 000 vrygelaat en die saak na Johannesburg oorgeplaas is. Dit is Woensdag hervat.

Henk Frey, Du Plessis se regsverteenwoordiger, het bevestig dat die joernalis in die Johannesburgse streekhof verskyn het en dat die saak van die rol verwyder is.

Dit was nie dadelik presies duidelik waarom dit van die rol verwyder is nie.

Frey sê die ondersoekbeampte het ook aanvanklik gevra dat die beskermingsbevel wat teen Du Plessis bekom is, by die hof aan hom beteken moet word.

Frey sê hulle het hiertoe ingestem, maar die bevel is eindelik nie aan Du Plessis beteken nie omdat die lêer daaroor nie opgespoor kon word nie.

Bolhuis voer aan die betrokke video’s is lasterlik en gegrond op valse inligting. Hy het geëis dat Du Plessis dit van die webwerf verwyder. Du Plessis het geweier en ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik. Dit is Donderdag uitgevoer, onder andere deur lede van die Valke en die polisie se opsporingseenheid.

Du Plessis het die video’s waaroor die twis gegaan het, verlede week op sy YouTube-kanaal en webwerf privaat gemaak. Dit beteken dit is nie verwyder nie, maar kan egter nie deur lede van die publiek gekyk word nie.

Chenique Opperman, Bolhuis se regsverteenwoordiger, het gesê hulle sal kommentaar lewer nadat hulle meer inligting oor die hofverrigtinge ontvang het.

  • Hierdie berig is gewysig sedert publikasie. – Red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

sopbeen ·

If you assume something about another person is when you make an ass out of u and me

Harley Davidson ·

Die is nou ‘n regte joernalis een met ruggraat, ek hoop jy dagvaar vir bolhuis oor die inhegtenisneming en hou so aan jou kaliber is dun gesaai.

Leon ·

Lekker siviele eis op pad. Reg so Izak dagvaar en wys jy word nie geintimideer nie. Bolhuis is glad nie so magtig soos hy voorgee. Meer blaf

Pieter ·

Saak teruggetrek. Lyk my Bolhuis word bang as die getuies in die hof teen hom getuig. Dus Du Plessis is reg. Du Plessis 5. Bolhuis 0.

Christine ·

Waar daar ‘n rokie is…. Daar was reeds vele ander wat dieselfde gesê het oor Windbol. Izak moet maar die sake ondersoek, dis immers wat deels ‘n joernalis se werk is.

Miena ·

Raak dit nou Battle vir Bekendes – Bolhuis vs Du Plessis nes dit ook was met Hofmeyer vs van Heerden? Is dit nou hoe ons deesdae ons griewe met mekaar aanvat in die media en in die hof? Wat het geword van die tye van klim in jou kar, gaan na die persoon toe en praat (of skree) dit uit teenoor mekaar en loop weg? Jammer die reeks 50/50 is klaar anders was hierdie sake dalk daarop gewees vir ook ter wille van oorlewing…

Swerwer ·

In die lewe, Bolhuis moet die mense wat die aantuigings teen hom gemaak het wat in die video voorkom aanvat en nie ‘n joernalis wat sy werk doen nie. Waarom laat toesluit, weereens as jy die regte mense in die regte poste ken is alles moontlik om ‘n toutjie te trek om jou sin te kry.

pompies ·

Was Bolhuis nie al voorheen ook uitgemaak dat hy nie sake oplos nie? Nou word die polisie en die valke se tyd gemors om n persoon wat nie wegkruip nie te gaan arresteer, wat n gekke spul is dit nie. Is dit dat Bolhuis groot pelle in die polisie en valke het dat hy toegelaat word om hulle tyd so te mors, wat op belangriker dinge soos plaas moorde gespandeer kon word?? Ek vra maar net.

Veronika ·

Die Valke moet liewers tyd spandeer aan belangriker sake soos die korrupte politici as om hulle met so n onbenullige saak op te hou wat waarskynlik nie eens meriete het nie!!!!!

Karina ·

Die storie van betaling en nie diens lewering nie, was al verskeie kere berig. Izak het net berig oor ‘n klas aksie waarvan hy kennis gekry het. Waarom het daardie mense nie vir Izak opgestaan nie?

Piet parys ·

So maw as jy bekend is trek jy die toutjies van die polisie om n onskuldige Isak in die tronk te kry . Bolhuis moes eerder die persone wat hy volgens hom hom belaster het aangevat het in die hof maar Isak is mos i sagte teiken want dalk is hy bang die waarheid kom uit wat sy naam verder met n plank kan slaan .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.