Saak teen nog twee in Pofadder-moord later hervat

Enrich Williams en Amantla Bareki in die hof. (Foto: NVG)

Die verhoor van nog twee beskuldigdes in die opspraakwekkende moord op die Noord-Kaapse hotelier Leon Brits (41) sal volgende jaar hervat word.

Suretha Brits (31), Leon se weduwee, is verlede maand ingevolge ʼn pleitooreenkoms in die hooggeregshof op Upington altesame 25 jaar tronkstraf opgelê vir moord en 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede.

Leon Brits is op 7 Oktober verlede jaar wreed vermoor en sy liggaam in die swembad van die egpaar se huis op Pofadder gegooi. Suretha Brits het Leon se lyk daarna “ontdek”.

Suretha Brits, Leon se weduwee, tydens ‘n vorige hofverskyning. Sy is reeds vir die mood gevonnis. (Foto: NVG)

Suretha Brits het volgens getuienis derduisende rand betaal om Leon te laat vermoor. Dié inligting het aan die lig gekom tydens die pleitooreenkoms wat Jacques van Vuuren in Maart met die staat gesluit het.

Van Vuuren is op 25 Maart in die hooggeregshof in Kimberley ingevolge dié ooreenkoms tot 25 jaar tronkstraf gevonnis.

Jacques van Vuuren is ook reeds gevonnis. (Foto: NVG)

Van Vuuren, Enrich Williams (34) en Amantle Bareki (24) is oorspronklik vir Leon se moord in hegtenis geneem, terwyl Brits op 29 Maart ook aangekeer is.

Williams en Bareki het reeds getuig hoe die moord beplan en uitgevoer is, asook oor hul rol in die moord op Leon.

Die saak teen die twee sal op 31 Januarie weer in die hooggeregshof op Upington hervat word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Shakespeare ·

Ongelooflik hoe gou hierdie ” high profile” saak tot vonnis uitdiening gevorder het en Zuma grootste skurk in die land loop na 15 jaar nog vry. Patetiese gekaapte regstelsel met onbevoegdheid aan die voorpunt.

Dirk Mostert ·

Ek rate die regstelsel in S.A. bo die mediese beroep.

Papsak ·

Ja dit uiters pateties kyk hoe vinnig kan die wit vrou gevonnis word maar Zuma mag uit kom en vry beweeg kyk net hoe onregverdig gaan dit in ons land

Dirk Mostert ·

Was dit nou nodig om Leon wreed te vermoor? Kon hulle hom nie net gewoonweg vermoor het nie?

Nico ·

Gaan die ondersoek beamptes en die die personeel van die hooggeregs eers vakansie hou, waarom solank, sodat die saak weer in file 13 beland.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.